Die DA het die voorsitter van die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, Khayalethu Magaxa, gevra dat ʼn dringende ondersoek van stapel gestuur word oor die verergerende krisis by Transnet in ʼn poging om die staatsinstelling te stabiliseer, die ekonomie te red en werksgeleenthede te beskerm.
Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, sê die oproep is gegrond op die gebrek aan “daadwerklike leierskap” van nie net die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, nie, maar ook dié van pres. Cyril Ramaphosa, oor die krisis met Transnet se terminale wat ʼn eksistensiële bedreiging vir die ganse land se ekonomie geword het.
Transnet steier onder ongebreidelde kabeldiefstal en vandalisme en daar was oproepe dat Portia Derby, die sukkelende instelling se uitvoerende hoof, moet bedank.
Die Mineraleraad van Suid-Afrika het boonop maande gelede al gevra dat Derby in die pad gesteek word weens die krisis by die staatsbeheerde spoorvrag- en haweoperateur. Die raad het onder meer verwys na die “katastrofiese uitwerking” wat die situasie op die mynbedryf het.
Cachalia sê wetgewers sal hul plig versaak as hulle terugsit en kyk hoe die ekonomie in duie stort terwyl Ramaphosa en Gordhan onwillig is of bloot nie die vermoë het om die situasie by Transnet om te keer nie.
“Die parlement moet intree om die leierskapsvakuum te vul voor Transnet die ekonomie oor die afgrond stoot en ʼn sosio-ekonomiese krisis veroorsaak wat sedert die aanvang van demokrasie nog nooit gesien is nie,” sê Cachalia.
ʼn Parlementêre ondersoek sal die oorsaak van die probleem vasstel, diegene identifiseer wat die krisis vererger en die ingrypings uitstippel wat nodig is om die instelling te red.
“Om die oorsaak van die leierskapsmislukking oor die ganse waardeketting te bepaal, moet die ondersoek vir Ramaphosa, Gordhan en die hele Transnet-bestuur nooi om aan die komitee te kom verslag doen. Die ondersoek moet ook Transnet-kliënte nooi wat kan getuig oor hoe die instelling se mislukkings hul ondernemings en die land se hele uitvoersektor raak.”
Transnet vorm die kern van Suid-Afrika se invoer- en uitvoer-ekonomie en is verantwoordelik vir nagenoeg 68% van die land se BBP.
“Voortgesette versuim om aan die vervoerbehoeftes van sommige van die land se grootste uitvoerders te voldoen – wat aansienlike belastingbydraes maak – dra by tot die land se wankelende openbare finansies,” sê Cachalia.
Onafhanklike skattings raam dat die geploeter by Transnet kan lei tot ʼn 5%-daling in vanjaar se BBP. Gevolglik bly werksgeleenthede verder in die waardeketting in die slag. Skattings wys dat tot 35 000 werksgeleenthede verlore kan gaan.
Die DA het vroeër vyf sleutelintervensies by Transnet voorgestel om die instelling te stabiliseer:
- gee Derby die trekpas
- open die Transnet-korridors vir uitvoerders
- integreer wetstoepassing
- ruim burokratiese rompslomp uit die weg
- ontwikkel ʼn langtermyn-herstelstrategie
“Gordhan weier om die raad te aanvaar, die parlement moet dus nou ingryp en die ekonomie van die rand van ineenstorting red.”
DAjulle poep teen wind.Konsentreer liewer op die komende verkiesing om die kaders uit die regering verwyder te kry….met n nuwe regerende party sal alles in plek val.
Vir die DA om die verkiesing te wen beteken dit dat die meerderheid swartes DA gestem het. En die meerderheid swartes gaan van die DA presies dieselfde verwag as van die ANC. En die DA gaan daarvolgens moet buig om sy mag te behou. En dit sal nie die probleem oplos nie, maar dit net uitrek. Ons moet as volk ons losmaak van hierdie vloek! Jy kan nie in die krip semels bly sit en verwag die varke gaan ophou om jou te vreet as jy n ander vark as die hoof aanwys nie..!?
Almal eis en eis en eis net en niks gebeur nie. Hier in Valhalla het die gemeenskap en besighede hande gevat met Afriforum, en die pad, wat amper ‘n jaar toe is agv ‘n sinkgat, herstel. Sou ons wag, vir wie ook al, sou daar nog niks gebeur het nie, soos met die pad in Voortrekkerhoogte en nog sinkgate in Vahalla. So, hou op om te eis, want dit is wat die anc doen, en die wat weet hou, begin doen. Ons is ‘n nasie van doenners nie eisers en bakhand staan nie. Dis een van die redes hoekom die land nog nie geheel en al tot niet is nie. As ons almal hande vat kan ons bo uitkom!
Mooi Anel! Moenie bekommerd wees nie cr is reeds van voorneme om iets te doen. Hy wil n bykomende minister aanstel.
Alle politieke partye, uitgesonderd die ANC en EFF, moet in die swart woongebiede en die platteland vergaderings hou en die stemvee van die ANC/EFF in Engels, Zulu en Xhosa oortuig dat kommunisme en kommunisme onder die vaendel van sosialisme geen toekoms bied nie en moet hulle die stemvee ‘n nuwe hoop gee. Ook elke nie-ANC/EFF ondersteuner moet ook sy deel doen en kan nie apaties in die gemakstoel verwag dat die politieke partye van die ANC-kanker ontslae moet raak nie. Alteratiewelik moet Suid-Afrikaners maar hul regmaak vir ‘n verdere 5 jaar toenemende swaar kry en kla om die braaivleisvure.
Stel n minister van transnet aan.
Dis eintlik twee ministers. Een vir trans en een vir net.
Hahahahaaaaa lekker lag ek nou vir jou kommentaar !!! Kyk ek weet dis n ernstige probleem ? Maar jy het dit uitstekend gestel . Dankie vir n bietjie humor . Skerp !
DA ek stem konsentreer op verkiesing wat kom laat ons hulle uit lig dan kan ons kyk wat gedoen kan word daarna net so hartseer storie om te sien hoe ons treinstelsel geplunder en verbreek staan ons moet op staan tyd geword nou
Suid-Afrika is soos n rugby span wat konstant teen homself speel waar die voor- en agterspelers teen mekaar stoei om die bal te he en die een nie die ander die bal wil gun nie, terwyl die toeskouers heeltyd kommentaar moet lewer oor hoekom die spelers nie teen hulself moet speel nie, maar die afrigters dit nie kan begryp nie omdat hulle reken besit van die bal maak hulle beter as die ander afrigter en dat dit is waaroor rugby gaan..? Nodeloos verloor almal saam in hulle petjie in!
Seker nog ‘n kommissie om te ondersoek. Met nog miljoene soos met Zondo verslag! CR Moet ruggraat kry en iets aan sy mini-sters doen wat net stoele warm sit. Fire die klomp bloedsuiers.
Moenie lelik wees met die arme ANC nie, hulle voer net hulle belofte uit van “we will make this country ungovernable!” Hulle is fluks op pad.
Transnet word al sedert 1998 wanbestuur. Hulle was toe al vrot van bo tot onder. Kan net sowel graad 7 kinders aangestel het om Transnet te bestuur, dieselfde uitslag sou van krag wees.