DA eis Magashule se kop

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Die DA neem kennis van berigte wat aandui dat die ANC se integriteitskommissie aanbeveel het dat Ace Magashule uittree as sekretaris-generaal van die ANC hangende die uitslag van sy korrupsieklagtes.

“Die DA hou al lankal vol dat die ANC nie teen hul eie korrupte leiers kan optree nie, omdat die verrotting te diepgewortel is,” het Siviwe Gwarube, die DA se nasionale woordvoerder, gesê. “Dit is nie genoeg om bloot leiers soos Magashule in sleutel- en invloedryke posisies te laat terwyl hulle wag vir die hof om sy gang te gaan nie.”

Gwarube sê Magashule beskik veral oor beduidende mag binne die ANC en gevolglik ook in sy regerings. “Indien hy in dié pos gelaat word, sal staatsgeld en hulpbronne verder geplunder word terwyl ons wag vir die ANC om hulle voete te sleep.”

Volgens Gwarube moet Magashule en elke ander geïmpliseerde leier – in die regering en op ander vlakke – verwyder word totdat ʼn hof uitspraak gelewer het, indien die regerende party ernstig is oor korrupsie.

“Die DA het geen belang in die ANC se interne prosesse wat nie enige vrug oplewer om korrupsie te bestry en diegene te vervolg wat die nasionale koffers al dekades lank plunder nie. Die ANC en sy leier, pres. Cyril Ramaphosa, kan egter nie net aanhou bly lippediens doen om korrupsie te bestry terwyl talle van die mense, wat van korrupsie verdink of beskuldig word, steeds besluite neem en regering- en parlementêre poste beklee nie. As die ANC ernstig is om huis skoon te maak, moet hulle by Magashule begin en deur die ANC werk, selfs al beland hulle almal in die tronk. Dit is wat van ʼn regerende party verwag word deur die mense van Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kokerboom ·

Voeg net die daad by die word en raak so gou moontlik ontslae van AL die politieke skuim!!!

Sobymykoolkop ·

Heelaas, sal suid afrika sonder regering sit as die gebeur want almal drentel baie naby of binne die trog.

Die Wolf ·

DA give it a break! Help nie om n geraas te maak terwyl ander klaar die bal aan die rol gesit het.

Androclus ·

Spesifiseer wie het die bal aan die rol gesit,as dit nie die DA was nie.

Kerneels ·

Ek voel weer hoe meer stemme opgaan oor hierdie saak, hoe beter. Hierdie inligting moet ook in die buiteland versprei word.

JohanR ·

Hoe het/waar kry ‘n organisasie sulke gemors soos Bheki Cele en Ace Magashule, en ontplooi hulle dan in hoe posisies? In die privaat sector by die onderhoud sal net gese word “thanks, but no thanks!” Die enigste plek waar die twee sou/kon werk was vir ‘n korrupte goverment.

Persheks Adri ·

Tsek man tsek die hele lot van julle korrupte ANC pffft julle maak naar!!!

JM ·

Is al hartlik moeg vir Cyril se genuanseerde woorde waarvan net mooi niks kom nie. Is hy bang vir Ace met sy bullebak-houding? Die land is keelvol verby! Dan praat die ANC van ‘n integriteitskomitee! Wat ‘n grap, hulle weet nie wat integriteit beteken nie!

SomeOne ·

dit help nie die grootkoppe word geskors nie, want hul kry nog hul salarisse, vat dit ook weg, heeltemal weg

Susan ·

Eisj…..daai man beklee geen regeringspos, hy is in diens van die ANC. Dus het geen ander party ‘n sê oor hom nie. Hoop die DA hou dit in gedagte en bedink ‘n ander plan om die wêreld vir die ANC moeilik te maak sodat hulle verplig voel om hom te ontslaan.

Cherokee ·

Een van die DA se toertjies is om te sê wat hulle weet die konserwatiewe publiek graag wil hoor.

Dirk Mostert ·

Die ANC is ernstig oor korrupsie. Jacob Zuma het dit dan self gese toe hy nog president was!

Okmardom ·

Wanneer kan ons begin om die voorvoegsels soos Rampokker aan te heg wanneer ons na hulle verwys??

Hennie J ·

Hou nou op met kla en die los die rampokker net waar hy is. Hy rig baie meer skade aan terwyl hy in die binnekring beweeg as wat hy van die kantlyn af gaan regkry. As hy bly waar hy is ,is daar n beter kans vir n inploffing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.