DA eis ondersoek ná minister niggie aanstel

Zweli Mkhize
(Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency)

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Maandag ’n volledige ondersoek aangevra na die aanstelling van Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se niggie as sy personeelhoof. Dit ten spyte daarvan dat sy van korrupsie beskuldig word.

Sibusisiwe Ngubane Zulu word daarvan beskuldig dat sy medepligtig was aan die wanbestuur en wanbesteding van ongeveer R6 miljard tydens haar ampstermyn by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Die DA versoek die staatsdienskommissie om Zulu se aanstelling dringend te ondersoek. Die DA meen dit is van kardinale belang dat die aanstelling van ’n familielid wat van korrupsie verdink word, deeglik ondersoek moet word om vas te stel of die regte aanstellingsproses gevolg is.

Siviwe Gwarube, die DA se skaduminister van gesondheid, sê Zulu se aanstelling as personeelhoof is kommerwekkend, hoewel die aantygings van korrupsie teen haar nooit tot strafregtelike aanklagte gelei het nie.

Die nuus oor Zulu se aanstelling is bekend gemaak kort nadat die amptelike opposisieparty onderneem het om planne vir die instelling van die nasionale gesondheidsversekering (NGV) die stryd aan te sê.

Gwarube sê Zulu se aanstelling is ʼn verdere bewys dat die DA die nasionale gesondheidsversekering moet teenstaan.

“Enige ordentlike bestuursmodel bepaal dat die aanstelling van ’n bestuurslid wat ’n fonds van miljarde rande bestuur, onafhanklik van politici moet wees. Mkhize se aanstelling van sy familielid is duidelik ’n teken van wat op pad is,” sê Gwarube.

John Steenhuisen, die DA se parlementêre leier, het Maandag gesê die voorgestelde model om Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel te hersien, gaan ’n ramp wees. Die DA sê hulle sal voorstelle vir ʼn meer doeltreffende stelsel voorlê om gesondheidsorg vir landsburgers te subsidieer.

“Die heel laaste ding wat ons nodig het, is dat die regering meer beheer oor gesondheidsorg kry,” het Steenhuisen gesê.

Mkhize se woordvoerder het Zulu se aanstelling bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Keelvol ·

So sorg hulle vir mekaar.
Wonde4 wat haar salaris as personeelhoof is as Sizulu se raadgewers R2miljoen per jaar kry.
Wat het van sy vorige personeelhoof geword of is die sommer ‘n nuwe posbenaming?
Nou kan sy nog ‘n paar familielede aanstel om met al die werk te help.

Petrus ·

Die tyd kom nader waar geen salarisse betaal kan word nie.

Lou ·

Hoe ry die trein, hoe ry die trein, die ANC se SOUSTREIN
Hoor daar hoe klinkel hy.

Kolle ·

Daai klinkel wat jy hoor is die wiele wat afkom. Amper klaar met kees.

Elize ·

As jy in die staatsdiens is en jy is korrup gaan jy nie tronk toe nie jy kry promosie of jy word na een of ander land gestuur as Ambassadeur. Ongelukkig geld dit nie in die privaat sektor nie. Dan is die tronkstraf langer as vir moord en verkragting.

Johan Venter ·

Hier is nog ‘n rede waarom die regering die NGV wil implementeer, ek lees elders eise teen staatshospitale beloop nou R104 mjd.

Misky ·

Wat is eintlik die verskil tussen `n miljard en `n miljoen?

Weet enige slim, geleerdes mense hier dalk?

Koos ·

In die regering se oë is daar nie veel verskil nie, alles moet gaan.
Meer ernstig, miljoen in engels in miljon en miljard is biljon

Johan Venter ·

En die dag as almal van korrupsie aangekla is, of oor samespanning daartoe, gaan daar nie één in die ANC oor wees wat die land sal kan regeer nie.

Alida X ·

Miljoen het 6 nulle maar miljard het 9.
Dus is miljard 1000miljoen.
Nogal ‘n aardige bedrag maar politici praat daarvan en spandeer miljard asof dit kleingeld is.

JohanR ·

Mommies, pappies, niggies, broers, sisters, ooms, aunties, vriende, honde en katte…..almal kry ‘n job by die ANC!

jaco ·

hierdie baantjies vir boeties en jobs vir ANC-kaders is nou miskien nie reg nie en soos wat dit deesdae gedoen word, speel opleiding, meriete en ondervinding ook GEEN rol nie.
MAAR vandag se “hulle” wat regeer, het die beginsel maar net by die “ons” van die ou SA geleer:
Top jobs in die staatsdiens en by groot afrikanerbesighede soos volkskas en SANLAM is maar meestal in die ou SA gegee vir lede van die Broederbond, wat maar ‘n sogenaamde geheime “think tank” van die regerende Nasionale Party was. Dominee Broeders het selfs mekaar gehelp om op moderature van die 3 Afrikaanse susterkerke aangestel te word.
So ja, voordat almal nou te veel kla, kry eerder skaam dat die beginsel van jobs vir jou pelle uit die ou SA kom…
en net terloops, ek weet ook maar van n paar Broederbond-aanstellings waar meriete en opleiding en ondervinding GEEN rol gespeel het nie.
gaan lees maar net op Wikipedia die inskrywing oor Gideon Roos. briljante hoof van die SAUK wat stelselmatig deur die NP regering en die Broederbond uit die SAUK uit gewerk is omdat hy nie die SAUK bloot n propagandainstrument van die regerende party wou maak nie.
“the more things change, the more they remain the same”

Piet Pompies ·

Stem saam. In die ou SA het dit ook so gegaan. Enigste verskil is die Afrikaners het gebou aan die land. Die ANC breek die land af. Dankie tog ek het al jare terug oorsee getrek. Trots Amerikaanse burger.

Scalla ·

En hy kry ook nog maandelikse kickback van haar, tso tso geld, korrupte kader aanstellings. Geen pligsbesef en integriteit. Viva.

Mm ja nee ·

Ons moet eintlik nie meer verbaas wees oor sulke tipe goed nie, dit is hoe hulle is, lieg, bedrieg, kyk waar hulle net meer en meer uit die publiek kan melk, die van ons wat dink daar is nog hoop, dink maar weer. Ek begin al voel dit help nie om teen al hierdie goed te baklei nie, laat dit alles net val. As daar geen meer plek is om te val nie, dan kan ons dalk begin dink aan probeer opbou en bymekaar maak. Al die staats bene soos skole, vervoer, energie, water, agri, als, als is so stukkend gebreek dat dit nie meer kan reg kom nie, n nuwe stelsel is nodig. Dankie aan die ANC

Bietjie baie ·

Liewe ouers, !!! geen mens wat reeds bedrog gepleeg het mag weer in die staat aangestel word nie. Ons het al hoeveel belasting betalers geld verloor deur diesfstal. as sulke mense aangestel word wys dit net vir ons die regering is nie ernstig daaroor om korrupsie te beveg nie. Hoe op aarde word n vrot appel van een kantoor by n ander kantoor aangestel. Ons regering doen nou soos die Pous met die Roomskatolieke priesters wat kinders mollesteer het, plaas hulle net na n ander dorp of ander pos.
DIE PERSOON WAT NIE DIE LOGIKA KAN INSIEN NIE, IS DOM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.