DA eis óók ondersoek oor Stellenbosch-‘rassisme’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag by die ANC aangesluit om te eis dat ‘n ondersoek oor bewerings van rassisme by Universiteit Stellenbosch gedoen word, ná ‘n dokumentêr, Luister, uitgereik is.

“Die rasse-spanning by US, soos blootgestel in die dokumentêr, kan nie onder die mat ingevee word nie,” het Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, gesê. “Ons stem gevolglik in dat ‘n ondersoek oor die saak ingestel word om die feite te bepaal en om die nodige stappe te doen om die situasie te beredder.”

Maroela Media het vroeër berig oor die 34-minuut lange video genaamd “Luister” wat op 20 Augustus op YouTube gelaai is. In die video praat 32 swart studente van die US en die Elsenburg-landboukollege terwyl ʼn dosent hulle uitvra oor hul ervarings by die universiteit. Die studente vertel in die video van rassistiese gedrag teenoor hulle by die instansie waar die dominante onderrigtaal Afrikaans is.

Die dokumentêr is sedertdien reeds meer as 85 000 keer gekyk.

Die ANC het vroeër gesê hulle verwag dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die portefeuljekomitee vir hoër onderrig dringend die bewerings sal ondersoek en met al die relevante partye sal vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

sannie ·

Us was nog al die jare n Afrikaanse universiteit as jy onwelkom voel met die taal….Soek vir jou n ander universiteit wat wel in jou taal klas gee

Johan ·

Dis waar mense die fout maak, dit is vir jare nie meer ‘n volware afrikaanse universiteit nie, alles is beide medium onderig, en in meeste klasse veral BSc/BIng/EBW is klasse omtrent slegs engels(Ek het nie ‘n idee hoe dit by BA en medies gaan nie).

Gertjie ·

Hierdie is die ANC se skuld.
Net soos hulle altyd Apartheid wil beskuldig.

Gert Kruger ·

Hierdie is maar net weer ñ uitgesoekte klomp om maar net weer ñ instelling te saboteer en geen doel het om te studeer en net wil afbreek

Johann Marx ·

Haha….34 minute lank met 32 swart studente gesels wat konstant klae omdat hulle “rassistiese opmerkings” TEEN hulle beleef het….nadat een met ‘n wit meisie wou dans, ‘n ander een rumoerig was in die koshuis, en ‘n ander een aangedring het om vrae tydens ‘n lesing in Engels te vra, en in Engels geantwoord te word. Dis so pateties. Waarom verwag hierdie mense dat almal om hulle na hulle pype behoort te dans. As jy NIE in ‘n Universiteit wil wees waar die meerderheid studente blank is en Afrikaans praat nie…..gaan skryf jouself êrens anders in, waar alles na jou smaak is. Na 20 jaar van Demokrasie het JOU regering nog nie vir jou ‘n Universiteit gebou, en suksesvol bedryf, om aan jou behoeftes te voldoen nie…..nog net besig om te “struggle” om dit wat die blankes opgebou het af te breek en te transformeer.

Sarie ·

Hierdie bewerings is baie vaag Hoekom gee hulle nie insidente waar rassisme plaasgevind het Die DA se oordeel is ook onder verdenking soos destyds by Kleinfontein Kan verstaan waarom na hulle as ANC lite verwys word

Hennie ·

Hoop nie die US loop dieselfde paadjie as die RAU, nou die UJ. Al verander hulle alles ‘n duisend maal, wat net vermorsing is sal hulle nog steeds nie leer nie. Wil alles verniet hê want nou na twintig jaar van demokrasie, minder daaraan toe en bly die holgeryde apartheid perd ry. Doen dit om hulle eie onbevoegdheid te verbloem.

zahn ·

My vorige kommentaar is afgehaal. Soos ek gevra het, kan enige van hierdie beweerde insidente bewys word? Duidelik is dit weer die Jonghi Jammergat wat uitslaan. As Afrikaans dan so moeilik is om te verstaan, hoekom het jy aansoek gedoen om by ‘n Afrikaanse instelling te gaan leer? Hoekom het die instelling dan nie ook ‘n taalvaardigheids vereisde, soos die NBT’s nie? O ja, die NBT’s het ‘n taal afdeling, word dit eerbiedig? NEE. I rest my case.

Tollie Louw ·

Ek sien ‘n georganiseerde sabotasiepoging van ‘n linkse element om die US verder in die afgrond in te dwing. Die YouTube video is maar een van die aanvalle – in ‘n hof sal die “getuienis” (videogreep) nie as geloofwaardig beskou word nie – dit is uiters subjektief. Mag ek getuig van rassisme wat al teen my en my onderneming geloods was? Regstellende aksie, BEE, grondhervorming, diskriminasie oor ek wit is? Niemand gaan daarna luister nie – hulle ignoreer dan die plaasmoorde!!!! Aan die DA net die volgende: “Onthou dat die wit stem is nie meer so seker vir julle nie?”

Henry ·

Kan daar nog enige twyfel wees oor die DA se minagting van Afrikaans en Afrikaanse instellings?

Hein ·

Gaan stem die mense nog wraggies waar? Wit mense maak 1-2% van die stemme uit. Dit maak geen impak in die parlement nie. Buite parlementer kan al die witmense aansluit by burgergroepe en ‘n baie groot impak maak op enige Metro se besluite. Voorbeeld Weerhouding van belastingeld. Hoe gaan die Metro oorleef as hulle nie die inkomste kry nie. Hulle sal dan na die tafel kom vir samespreking.

sannie ·

My kommetaar is afgehaal so ek moet dit seker anders stel: US was nog al die jare Afrikaans. Gaan na n ander universiteit toe waar jy onderig kry in n taal wat jy verstaan moenie krap waar dit nie jeuk nie!

Janie Nel ·

Dis daai tipiese ding van elke jaar – dis amper eksamentyd en dan word opvoedkundige instellings onregeerbaar gemaak of aan die brand gesteek want sekeres kan nie rekenskap gee van ‘n vermorste jaar nie.

Niel ·

Het die Afrikaanssprekende dan geen regte? Ons moet sterk staan soos by Elsenburg. Die DA sal moet kant kies

Dan ·

Die D A weet wanneer om gat te kruip by die ANC . Al twee partye het gesien dat die afrikaners nie vir hulle sal stem nie. Ons heil le by die VF-plus.

Jakoba ·

Maar my magties hulle is mos besig op te diskrimineer teen die Afrikaanse students. Die Afrikaanse students moet ophou slapgat wees en n klag van rasisme en intimidasie gaan le. Daar word erg teen hulle diskrimineer. Word tog net wakker en veg vir julle regte. Hou op om alles net te aanvaar

Andries Erwee ·

Daar word wilde bewerings in die video gemaak en omdat so baie mense dit kyk moet die feite beslis nagegaan en ondersoek word. Ek stem in die opsig saaam met Afriforum jeug, DA en ANC. Ek wil nie die ondersoek voorit loop nie, maar ek vermoed min van die bewerings gaan enigsins as waar bewys word.

Johannes Meintjes ·

Dit is verstommend hoe gereeld die rasse-kaart of rasse-konflik manifesteer en ons almal onproduktief f tot skade besig hou. Kan ons nie leer om ons eie kulture doelmatig in stand te hou en waar nodig ‘n bietjie slimmer, met beter oordeel en meer gefokus te werk te gaan op gemeenskaplike terreine nie?

Schalk ·

Ja kyk wit teen swart rassisties swart teen wit regstelende aksie al wat gebeer het is apartheid het om geswaai en DA julle kan maar gaan loop vlieg sal nie een stem van my af kry nie waneer gaan ons besef as ons as afrikaaner volk nie gaan saam staan nie sal ons maar net n statistiek op die einde van die dag wees

Tinus ·

Eksamen tyd ek niks geleer nie ek het nie my take ingehandig nie nou wil ek die ander studente en apartheid vir my onvermoe“ blameer en as jy nie AFRIKAANS verstaan of onderrig wil word in Afrikaans wat soek jy op stellenboschl

Etienne ·

Ek weet die is ‘n Afrikaanse debat.
But the fact that everyone who posted on here is Afrikaans, is hilarious to me. You people are so good at ignoring real issues. Have any of you even spoken with non-whites about this?
Why do I say this? Well my name is Etienne Cloete. I grew up in Stellenbosch, and believe me when I say that it is as bad as depicted. That town has a superiority complex. If you are white and have money, you fit right in. If you are not, then you are treated differently. By differently, i mean that you are treated as the ‘lower class’. It is as simple as that. I have seen this trend since I was a young lad, going to school and what not.

All I am saying is that, it is pointless debating this only amongst yourselves. I urge you lot, to seek out the opinion of those actually involved. Be without bias, for the love of God. I am 23, and I feel like I know more about the REAL world than most people believe they do.
Thanks for reading
Totsiens

Henry ·

Etienne
It is time that you lot join the REAL world and accept the fact that the US is an Afrikaans institution. Established, developed and maintained over many years by Afrikaners, for Afrikaners, with Afrikaans money.

I could also supply you lot with a number of reasons why the majority of Afrikaners are not interested in forsaking our language, or lowering our standards to facilitate every man and his dog of the LCG (Lowest Common Denominator)

Unfortunately I am not interested in doing that. Waste of time and space.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.