Die Demokratiese Alliansie het Donderdag AfriForum en duisende mense se beroep herhaal dat Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, se woordvoerder afgedank word ná ʼn “rassistiese” uitlating op sosiale media.
Darren Bergman, die DA se woordvoerder oor sport, het Donderdag gesê Mbalula se stilswye sedert sy woordvoerder, Esthu Hasane, Maandag die uitlating op Facebook en Twitter gemaak het, is “oorverdowend”.
“Die feit dat drie dae verby is en hy Hasane nog nie afgedank het of enige stappe teen hom gedoen het nie, beteken die minister deel sy woordvoerder se rassistiese siening of het hom vergewe, in teenstelling met die minister se vorige sienings oor rassisme en sport. In antwoord op rassistiese aanmerkings wat verlede jaar gemaak is, het hy gesê rassiste ‘het geen plek in ons gemeenskap nie en moet geïsoleer word omdat hulle ons terugwaarts neem’,” het Bergman in ʼn verklaring gesê.
Hy meen Hasane se uitlating dien net een doel en dit is om seer te maak en te verdeel en hy moet daarvoor verantwoordelik gehou word.
Hasane het Maandagoggend, te midde van die Wes-Kaap se waterkrisis, op sosiale media gesê: “Only Western Cape still has dry dams. Please God, we have black people there, choose another way of punishing white people.” [Net die Wes-Kaap het nog droë damme. Asseblief, Here, ons het swart mense daar, kies ʼn ander manier om wit mense te straf.]
Hy het Woensdag die plasings verwyder nadat AfriForum in ʼn brief aan Mbalula sy afdanking geëis het. AfriForum het ook ʼn webwerf geskep waar lede van die publiek Hasane se afdanking kan eis, deur hul name by ʼn brief te voeg wat outomaties na Mbalula se kantoor gestuur word. Meer as 2500 mense het in een dag dié inisiatief ondersteun.
Mbalula het nog nie oor die kwessie kommentaar gelewer nie. Hasane het nog nie op medianavrae reageer nie, maar dit lyk op sy Twitter-rekening asof die eise hom min pla.
Lees alle vorige berigte oor Esethu Hasane op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Onthou,as dit nie was vir die water wat vanaf die Sterkfonteindam na die Vaaldam gepomp was nie, was Gauteng al lankal sonder water gewees!! Bring dit in betekening voordat sulke rassistiese uitsprake gemaak word!!
Uiteindelik
DA? Wies die DA? Oooo jaaa! DAAI ouens wat NIKS se as iemand anders nie eers iets sê nie. En as dir by DOEN kom? Ja well no fine…
Hi shame, los die arme ou nou uit! Almal soek bietjie drinkwater…en om te was waar die son nie skyn nie…foeitog!
Verander NOU SA se grondwet. Al hierdie demokrasie en sogenaamde gelijkheid werk anyway nie. Sit die volgende in die grondwet: 1. Blankes kry 2de klas burgerskap en geen stemreg. 2. Rassisme is net rassisme as wittes lelik i is met swartes. 3. Rassisme deur witmense beteken summiere lewenslange tronkstraf. 4. “Rassisme” van swartes teenoor wittes is net vryheid van spraak en kukturele uitlewing. 5. ALLE wit boere word summier onteien. 6. Wit mense mag net zekere soorte werk doen en in zekere gebiede bly. 7. GEEN wit mense meer in nasionale sportspanne nie. 8. En laastens, een van 2 opsies:… Lees meer »