DA eis Phiyega se oneerbare ontslag

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega tydens die bekendmaking van die 2013/14-misdaadstatistiek in Pretoria op 19 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega tydens die bekendmaking van die 2013/14-misdaadstatistiek in Pretoria op 19 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy gaan stappe doen om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se oneerbare ontslag uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens te verseker.

“Die DA sal hierdie week ʼn voorlegging aan pres. Jacob Zuma maak om te motiveer waarom Phiyega ondersoek moet word vir haar optrede in die afsterwe van 44 mynwerkers by Marikana in Noordwes in 2012, met die doel om haar as Suid-Afrika se toppolisieman te ontslaan,” het Dianne Kohler Barnard, woordvoerder van die DA, in ʼn verklaring gesê. “Die DA is van mening dat Phiyega die polisie se optrede op dié dag [6 Augustus 2012] onomwonde onderskryf het deur dit te loof en te bekragtig.”

Dit volg ná Phiyega haar reaksie by Zuma ingedien het rakende haar geskiktheid om haar amp te beklee, soos versoek deur die Farlam-kommissie.

In haar voorlegging plaas Phiyega die skuld op haar voorloper, Bheki Cele, se skouers, nadat die polisie gemilitariseer is, het Barnard gesê.

“Of dit waar is of nie, is irrelevant, wanneer mens in ag neem dat sy die SAPD gelukgewens het met hul optrede op dié dag en in die openbaar hul optrede onderskryf het,” het sy bygevoeg. “In plaas daarvan dat sy aanspreeklikheid aanvaar en uittree, was Phiyega se reaksie op die slagting minagting van die ondersoekproses en minagting van die verlies van lewe.

“Die feit is dat Phiyega en ander besluite op dié noodlottige dag geneem het wat hulle geweet het tot bloedvergieting sal lei. Hulle het versuim om die operasie te stop toe die skietery begin het, myners sonder mediese sorg laat sterf, die polisie gelukgewens met hul taktiek, en uit hul pad gegaan om die Farlam-kommissie te mislei.”

Volgens Barnard sal die DA ʼn beroep op Zuma doen dat Phiyega afgedank moet word op grond van haar optrede tydens die Marikana-sage en haar “betreurenswaardige prestasie” as nasionale polisiekommissaris. “Ons sal weer die klem daarop lê dat ʼn professionele polisiebeampte in die pos aangestel moet word wat meer geskik sal wees om die polisie te demilitariseer en nie ʼn herwinde politikus of lojale kader nie.”

Barnard het gesê die president moet ʼn bekwame polisiediens en leierskap aan die mense bied. “Een wat hulle kan vertrou en kan waardeer.”

Lees alle vorige berigte oor Riah Phiyega op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Des jelliman ·

Die president sal ni want hy is net so onervare om di land te lei hy moet ook di leisels neer le

Phillip Jessen ·

Ek sal graag die boodskap van God op my voon wil he

Gerhard Bezuidenhout ·

Jakes jy kon dit nouliks beter stel . Indien die slapgat ANC meer male hardhandig optree teen die klipgooiende woestaards sal hul gou leer om hul te gedra . Ons polisie is nikswerd maar op die dag se optrede gee ek hulle krediet want hulle het geen ander keuse gehad. Wat Phieyga betref stem ek saam dat sy gefire moet vir redes anders as Marikana omdat sy toesien dat ons land in wetteloosheid verval en die polisie net verder versleg en skelmer raak.

Erica ·

Die polisie het 34 myners geskiet. Nie 44 nie. Daar was 10 in die week voor dit vermoor deur unie uitvalle deur myners en unielede. Die joernaliste moet hul storie met 100% waarheid vertel, want jul hou van goed vererger. Ek het net daar gewerk en my kennis strek weier as dit wat deur die media gerapporteer word. En die totaal was oor die 44 op die ou einde.

Winston ·

Dit is so. Daar moet in gedagte gehou word dat die kern siek is. Die hele regering in wese is dissiplineloos. Hoe kan enigiemand verwag dat die polisiemag gesond en funksionerend moet wees? Die leiers wys die pad en die res volg net blindelings. Gaan die vervanging van Phiyega n verskil maak? En wetsgehoorsame burgers en belasting betalers is die lydende party in die meeste gevalle. Elke keer word miljoene vermors op ondersoek kommissies. Soos hier weer bewys is. Indien die polisie tydens die voorval by Marikana opgetree het soos dit verwag word van n opgeleide polisiemag, sou dit nooit gebeur het nie. Skielik was daar opdragte wat nie by gehou is nie, en die leuns begin. Dit ontaard in wat gebeur het en almal trek skouers op. Bring dissipline terug en gooi rassisme by die venster uit. Dit sal andersins nooit verander nie, maar erger word.

Gert van der Merwe ·

As julle dink die is n sirkus, skakel in op DSTV PARLEMENT , Donderdag om 2pm. Bespreek jou sitkamer rusbank vier n lang “Horror komedie” regstreeks uit die” HOUSE OF HORRORS (Parlement)” . Live tussen die “”Nkandla tribe” en “pay back the mony tribe”. Die is n waarde vir jou swaar verdiende belastinmg geld. Hou genoeg popcorn en peanuts coke byderhand. O ook sommer n paar lemoene on jou tv te gooi. Ok mods as julle nie die kommentaar plaas nie dan kan jullemaar ook kyk. Die is weer een van die beste wereld vertonings van uit suid afrika. Moet dit nie mis nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.