Die DA eis die onmiddellike skorsing van die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit se munisipale bestuurder en finansiële hoof in afwagting van tug- en kriminele verhore.
Evert du Plessis, streeksvoorsitter van die DA aan Gauteng se Wes-Rand, sê Moroashike David Mokoena sowel as Romeo Mohaudi het geweier om hul skootrekenaars af te staan aan ʼn span ouditeurs van die Gautengse provinsiale regering.
Die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit het die ouditeurs toegang tot die munisipaliteit se rekenaarrugsteuningstelsel gebied, wat al die tersaaklike inligting bevat om hulle in hul ondersoek te help.
“Hierdie munisipaliteit, wat R77 miljoen in [die mislukte] VBS Bank belê het ondanks waarskuwings van die nasionale tesourie om dit nie te doen nie, trek noustrop,” het Du Plessis gesê. “Meer as 100 van die munisipaliteit se werkers het hul Oktober-salaris [laat] ontvang en die bydraes tot hul mediese skema en aftreefonds is drie maande agterstallig.”
Du Plessis het gesê die raad het aansoek om ʼn vroeë betaling van sy gelykwaardige toelae van die Gautengse regering gedoen, wat van die hand gewys is.
Dit is ʼn onvoorwaardelike toelae wat ʼn plaaslike owerheid met beperkte hulpbronne in staat stel om basiese dienste aan arm huishoudings te bied, belangrike munisipale dienste te lewer en sy basiese administratiewe en regeringspligte uit te voer.
“Die DA doen ʼn dringende beroep op die minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Zweli Mkhize, om die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit onverwyld onder adminstrasie … te plaas,” het Du Plessis gesê.
Korubsie en bedrog aan die orde van die dag.
Nee …. plaas hulle in die tronk
Orals waar die comrades in beheer is vou alles agv korupsie, bedrog, wanbesteding en onbevoegtheid. Daar is te veel voorbeelde om op te noem hier sal nie genoeg spasie wees nie.
Another one bites the dust!!