DA eis skorsing van Gautengse gesondheidshoof

Mkhululi Lukhele (Foto: Itumeleng English/African News Agency)

Die DA doen ’n beroep op David Makhura, premier van Gauteng, om prof. Mkhululi Lukhele, hoof van die departement van gesondheid in Gauteng, dadelik te skors.

Dít volg nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) Lukhele en die departement se voormalige hoof-finansiële beampte, Kabelo Lehloenya, by die onreëlmatige toekenning van kontrakte vir persoonlike beskermingstoerusting (PPE) betrek het.

Die SOE het oor die naweek nog beweerde ongerymdhede by die departement van gesondheid in Gauteng aan die lig gebring. Dié ongerymdhede, wat die staat en belastingbetaler sowat R30 miljoen uit die sak gejaag het, sluit in beweerde prysknoeiery, die inflasie van die waarde van goedere asook samespanning tussen Gautengse gesondheidsamptenare en maatskappye wat winsgewende PPE-kontrakte gekry het.

Volgens die SOE was Lehloenya glo betrokke by die ongerymdhede. Lukhele het glo versuim om dissiplinêre stappe teen Lehloenya te doen nadat haar “onwettige en onreëlmatige optrede” onder sy aandag gekom het.

Lukhele en Lehloenya word nou versoek om op te dok vir die R30 miljoen en Jack Bloom, leier van die DA in Gauteng, verwelkom dit.

Bloom wys daarop dat Makhura onverklaarbaar traag is met die skorsing van Lukhele nadat hy sy plig versuim het om toe te sien dat behoorlike verkrygingsprosedures gevolg word.

“Ek het [al] verlede maand gevra dat Lukhele geskors word nadat dit in ʼn antwoord op my vrae in die Gautengse wetgewer aan die lig gekom het dat hy ’n bedenklike maatskappy goedgekeur het vir ʼn kontrak van R140 miljoen, was as onreëlmatig bevind en eindelik gekanselleer is, nadat R17,2 miljoen reeds betaal is.”

Volgens Bloom behoort die SOE se verslae bekend gemaak te word en strafregtelike klagte ingedien te word teen almal wat betrokke is by beweerde korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Nee nie skors nie fire, betaal terug en gaan sit in die tronk klaar! Tipies ANC vrot van bo tot onder

Karel Kobus Kruger ·

Hoekom skors? Sodat sy plaasvervanger ook maar dieselfde kan doen? Dink die opposisie partye regtig dat jy die korrupsie kan uitroei deur die huidige skelms met nuwe skelms te vervang?

Jakes ·

Ek kry daagliks tenderaansoeke vir Covid produkte maar raak nie daaraan nie. Hierdie blik wurms gaan nog lank by ons wees.

koos10 ·

3 maande se salaris in die solidariteits fonds in, en daar is dan geen probleem nie? As ministers so “gestraf” kan word, kan hy ook maar die “straf” kry, nie waar nie?

Riana ·

Cadre cover up… sal nooit fire nie… maybe promotion in die nabye toekoms….

Genis ·

Ou Cyril your people man? You going to promote him now in the ANC… Kaders kan maar net nie hulle poste uit die cookie jar hou nie…

Johann ·

Daars mos nie n manier wat die een maaitjie gaan klik oor wie saam in die sandput gepipi het nie. Die een is so skuldig soos die volgende een en hulle cover vir mekaar se mag en vergrype. Lekker gewoond geraak aan niemand wat iets oorkom nie.,so hulle vat wat en hoeveel hulle wil wanneer hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.