DA eis verskoning van Mbalula oor Mickey Muis-uitlating

In die jongste voorval is 18 treinwaens uitgebrand. (Foto: Twitter)

Die DA eis ʼn verskoning van die minister van vervoer, Fikile Mbalula, ná sy kritiek op die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe. Hlophe het vroeër ʼn uitspraak gelewer teen die Passasierspooragentskap (Prasa).

Luidens berigte het die minister Donderdag tydens ʼn besoek aan die Kaapstad-stasie, waar 18 treinwaens oornag uitgebrand is, gesê: “Weet hy [Hlophe] hoe om treine te bedryf? Hy moet homself daardie vraag afvra voordat hy ʼn Mickey Muis van homself maak en ons howe verander in iets wat nie gerespekteer kan word nie.”

Mbalula het die stasie besoek om die skade te inspekteer en het oënskynlik ʼn beswaar gehad teen die hooggeregshof se bevinding dat Prasa kontrakte wat hy met veiligheidsmaatskappye opgeskort het, moet herinstel tot daar nuwe veiligheidsmaatreëls in werking gestel kan word.

“Ek sal nooit my rug draai op ʼn hofbeslissing nie. As die howe sê ons moet die besluit in werking stel om veiligheidsmaatskappye terug te bring, moet die raad daardie stap doen. Óf ons stel dit in werking, óf ons appelleer daarteen,” het Mbalula gesê.

DA-LP Chris Hunsinger het Mbalula se opmerkings “kinderagtig” en “gemeen” genoem. Volgens hom is Mbalula se latere pogings om sy aanvanklike opmerkings te versag, ook onvoldoende.

“Die openbare uitbarsting is onvanpas vir ʼn lid van die uitvoerende gesag en kom neer op ʼn persoonlike en lelike aanval op regter Hlophe, asook ʼn aanval op die regbank in die geheel. Sy verwysings na Mickey Muis is kinderagtig en ʼn aanduiding van swak karakter,” het Hunsinger gesê.

“Dit is duidelik dat minister Mbalula besef het dat sy kru taal uiters onprofessioneel was. Deur te sê dat daar nog besluit moet word of daar teen ʼn hofbeslissing, wat hy ieder geval nie respekteer nie, geappelleer moet word, verskoon nie die feit dat hy ʼn lid van die regbank wat die uitspraak gelewer het, ooglopend nie respekteer nie en beledig.”

Hunsinger het gesê Mbalula moet Hlophe en die regbank – wie se uitsluitlike doelwit dit was om passasiers, bates en personeel te beskerm – in die openbaar om verskoning vra.

Hy het gesê as Mbalula teen Sondag nie sy stellings terugtrek nie, die DA pres. Cyril Ramaphosa gaan vra om in te gryp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

ManieM ·

Duidelik n breinsel probleem met ou frikadel en dan ontbreek die basiese respek van die lewe ook #frikadel must fall

Feite ·

Frikkie mbalula se mickey muis uitspraak verteenwoordig maar net die ANC elite se siening dat hulle verhewe is bo die reg!

André-Chris ·

Nou waarom sou Prasa die veiligheidsmaatskappy se diens opgeskort het? So nou moet dieselfde een tydelik heringestel word.

André-Chris ·

Prasa het opgetree nav ‘n destydse verslag van Thuli Madonsela, hulle gaan nou appeleer teen die regter se bevinding.

Anne-Marie ·

Duidelik weet mbalula ook nie hoe “treine te bedryf nie ” ….anders sou dit nie gebeur het nie !!!

Trol ·

Was fikile verkeerd? Hey sy bog gepraat? I think not. Kom ons kyk na Chris Hart, Penny Sparrow, Vicky Momberg, die Middelburg duo, die Coligny manne. Kolskoot Fikile.

ore ·

Hy raas net,doen niks.Was grootbek oor Etol stelsel,sou mos einde Augustus afgehandel gewees het?

GM van Rooyen ·

Komende van Mr Fix, wat eintlik die Miekie Muis is.
Kon nog nooit verstaan hoe hy enigsins ‘n minister kon word nie.

Maljan ·

Dis een van die name wat die ANC ken. Hulle moet ook maar van n werwings agent gebruik maak. Hopelik sal dié beviegheid nagaan.

Cherokee ·

Wanneer ek Hlophe lees, dan herinner dit my aan ‘n saak waarin daai witkop advokaat van die DA betrokke was (as sy teenstander) en ek neig om iets te onthou van onprofessionele gedra met betrekking tot mense oortuig om Zuma te ondersteun. Ek dink ek onthou reg.
Besonderhede het my ontgaan.

André-Chris ·

Jip, hy was ondersoek vir wangedrag en die saak het maar laank gesloer.

Julie Jansen van Rensburg ·

Mbalula is meer bekas binnegoed – hy het nie juis in sy pos as destydse minister van polisie uitgeblink nie – enne – washy nie ook hier op ‘n kol minister van sport nie? Help my asseblief reg… i my opinie is hy meer bek as binnegoed…

Trojaanse Donkie ·

Miskien is treine en vragmotors o.a. deel van die voorvaders te amuseer. Wonder net wat dink al die toeriste wat met luukse skepe kom om te sien hoe ‘n land daarop uit is om homself te vernietig

Michael P ·

Ai Man . Die urk praat van micky Mouse Wat is hy dan anders as n Micky Mouse?

Jr ·

Nou gaan hy weer vir ” geleerde ” mense weer sê ‘ you don’t understand what I meant , you take it out of context. “.

Scalla ·

Wil die mense nie besef dat jy opgewasse moet wees vir n taak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.