DA eis verskoning van Ramaphosa oor plaasmoord-opmerking

(Foto: pixabay)

Die DA het pres. Cyril Ramaphosa in ʼn ope brief gevra om die stelling wat hy in 2018 aan die nuusdiens Bloomberg gemaak het – dat daar “geen moorde op boere … wit boere in Suid-Afrika is nie” – terugtrek en daarvoor om verskoning vra.

Die opmerking het destyds ʼn herrie veroorsaak en die stof daaroor wil net nie heeltemal gaan lê nie.

“As die amptelike opposisie vra ons jou nou om die saak eens en vir altyd ter ruste te lê. In 2018, toe jy die bewering gemaak het, is 54 boere en plaaswerkers wreed op Suid-Afrikaanse plase en kleinhoewes vermoor. Daar was 394 wrede aanvalle,” het Dianne Kohler Barnard, die DA se woordvoerder oor staatsveiligheid, gesê.

“Boere (swart en wit), plaaswerkers (swart en wit) en besoekers aan plase (swart en wit) is vermoor en word vandag steeds vermoor. Die moorde gaan dikwels gepaard met die wreedste marteling van boere en hul werkers, hul ouers, hulle vroue en hul kinders. Wat jy tóé gesê het, was onwaar.”

Ramaphosa het sowat tien maande voor die gewraakte stelling aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê die regering veroordeel moorde op plase en dat dit stopgesit moet word. Die DA sê dit is onseker waarom Ramaphosa dit net ʼn paar maande later sou ontken.

Kohler Barnard sê plaasbewoners word jaar na jaar in die steek gelaat.

“Vanjaar, tydens die afsonderingstydperk, het ons ʼn groot toename in aanvalle op plase en kleinhoewes gesien toe die regering die patrolliestelsel wat plaaseienaars self op die been gebring het in ʼn poging om hul families veilig te hou, stopgesit het.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“In April was daar 17 aanvalle en een moord. In Mei was daar 19 aanvalle en vier moorde en verlede maand was daar 56 aanvalle en sewe moorde – dus 12 moorde en 88 aanvalle net in hierdie drie maande.”

Volgens Kohler Barnard sê boere vandag steeds dat hulle beledig en seergemaak voel deur die president se ontkenning van die aanvalle omdat dit bloot nie waar is nie.

“Daar word geglo dat jou opmerkings sommige karakters in ons land vrymoedigheid gegee het om openlik te vra dat diegene wat op plase werk tot die dood toe gemartel moet word.”

Die DA het vroeër al gevra vir ʼn nasionale debat om die kwessie te bespreek en saam ʼn oplossing vir die vlaag moorde en aanvalle te vind.

“Jou opmerking sny vandag nog net so diep as in 2018 en op ʼn tyd wat kinders in hul beddens geskiet word, ʼn swanger vrou se keel voor haar skreeuende kinders afgesny word en terwyl ʼn man met ʼn panga opgekap word, vra ons dat jy die stelling terugtrek.

“Nie net vra ons dat jy dit terugtrek nie, maar ook dat jy om verskoning vra aan die mans en vroue in landelike gebiede wat in vrees leef terwyl hulle steeds 24 uur van die dag en sewe dae van die week werk om die land te voed.

“Slegs dan gaan hulle begin voel soos gewaardeerde lede van dié strategiese bate in ons land terwyl hulle dag en nag werk om ons grootse land kos te gee.”

Ramaphosa het Woensdagaand, tydens die tweede presidensiële imbizo, wel die regering se kommer oor plaasaanvalle uitgespreek. Hy is tydens die imbizo gepols oor sy stilswye rakende plaasaanvalle en -moorde.

Die president het gesê hoewel hy nie altyd direk daaroor praat nie, dit hoegenaamd nie beteken dat hy nié daaroor bekommerd is nie. “Enigiemand wat vermoor word, is ʼn groot bekommernis vir ons almal en die aanvalle wat op plase plaasvind, is beslis ’n kwessie waaroor ons bekommerd is…. Net omdat ek nie direk praat oor die moorde op plase of in informele nedersettings nie, beteken nie dat ek nie daaroor bekommerd is nie.”

Die president het ook gesê hy het die polisie gevra om om meer op plaasaanvalle en -moorde te fokus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Wilhelm ·

Dit is ‘n goeie gedate van die DA, maar dis twee jaar laat. Ek wonder ook of die DA ooit gaan besef dat hulle absoluut geen mag het nie.

Cherokee ·

Heeltemal reg Wilhelm. Hulle moes dit wat nòu gedoen word, twee jaar gelede gedoen het.

Isabella ·

CR…Net omdat ek ni openlik daaroor praat se ni dat ek ni bekommerd is nie!!!??? Presies!! Daar kanie openlik gepraat word nie want daar is mos nie plaasmoorde!!! Daar is ook nie hulp vir die wit boere hul is uitgesluit uit alle hulp fonds…daarom word daar ni oor dit gepraat…

Flip ·

Te laat DA, te laat. Die eerste keer is “shame on you” en die tweede of derde keer is “shame on me” en julle het dit klaar opgemors. Het julle vergewe, maar sal nie vergeet nie…..

JohanR ·

It will be a cold day in hell before Ramaphosa, or the ANC apologies for anything!

Jaco ·

Ouer leiersfigure in die DA kom uit die ou Nasionale Party en die Demokratiese Party. Wanneer mens hulle voor 1994 gewaarsku het dat oorgawe aan die ANC tot al die nonsens van vandag sou lei, was hulle VINNIG om te sê jy is onchristelik en verkramp. So die DA is eintlik laaste om nou te kla. Wat nou gebeur is dan deel van die “non-racial society” wat hulle so graag wou hê.

Cherokee ·

Laat my toe om jou reg te help Jaco, want jy slaan jou naam met ‘n plank. Die DA is niemand anders as ‘n opvolg of selfs net naamsverandering van Helen Suzman en Van Zyl Slabbert se Progresiewe Frederale Party oftewel geken as die PFP. Hulle het geveg om dit te bereik waarin SA nou is.

Prikkie ·

Ja nee, ek sou nie my asem ophou as ek die DA was nie.

Jammer sê, nope nie sommer nie.

Julle sal ‘n ander strategie moet probeer.

Cherokee ·

Laat my toe om jou reg te help Jaco, want jy slaan jou naam met ‘n plank. Die DA is niemand anders as ‘n opvolg of selfs net naamsverandering van Helen Suzman en Van Zyl Slabbert se Progresiewe Frederale Party oftewel geken as die PFP. Hulle het geveg om dit te bereik waarin SA nou is. So, elkeen wat nou DA stem, kan trots wees dat dit wat hul voorgangers voor geveg het, is bereik.

Althes ·

Dis goed dat die DA dit weer ophaal en nie laat verby gaan nie. Ons wil hê dat dit internasionaal erken word dat ons plaasmense wreed vermoor word.

Cherokee ·

Jaco, herinner ons asseblief watter ‘Demokratiese Party’ het bestaan voor 1994? Ek was tot en met die 1992 referendum ernstig betrokke in politiek, eie geld spandeer om dieselfde mense wat nòu op de klerk skel maar toe vir hom gestem het, die politieke pad te dui. Oom Jaap goed genoeg geken om hom as Oom Jaap aan te spreek. En nou vertel jy ons van ‘n Demokratiese Party. Wees so vriendelik en vertel ons meer van hulle met klem op stigtings datum ens.

Jaco ·

Die Demokratiese Party is in 1989 gestig. Samesmelting van die PFP en die Onafhanklike Beweging van Wynand Malan en Dennis Worrall. Vreemd dat jy dié nie weet nie

Lorna ·

Hy lieg man hy het gemaak en teen sy sin iets gesê oor ons boere
Damn hom man

Yvonne ·

Ek is glad nie oortuig die president praat die waarheid nie…hoe jammer dag sal dit wees as kos nie meer beskikbaar is nie…..behoede ons

Genis ·

Jy CR is n verleentheid vir SA nes die ANC en al sy kaders..

Aai ·

CR moet die wereld omverskoning vra want Pres,Trump wou iets oor dit doen toe steek CR ‘n stokkie voor dit om te lieg vir die wereld.

Pieter Rubeus ·

Ramaphosa is nie gekies as my president nie. Net soos Mandela sien ek hom as n terroris, leuenaar, dief en bedrieër. Hy is verseker nog nooit daar vir enigiemand anders as die kadres nie. Hulle gebruik nie bomme nie en het geen respek vir enigiemand wat vir wittes werk of dieselfde doen as wittes nie.

Riekie ·

Hy kan vinnig en openlik oor alles behalwe plaasaanvalle en moorde praat. Wat is so moeilik om nie net daaroor te praat nie, maar om dit ook te beveg. Hy gee ons rede om te dink die ANC het iets te doen met hierdie aanvalle, juis omdat hy nie ‘n woord daaroor rep nie.

Porseleintjie ·

Vir iemand om verskoning te vra beteken hy moet n karakter hê. DA mik hoog.

Sean ·

Dis als politieke speletjies. Hy wil nie gereeld openlik praat oor plaasmoorde nie want die swart gemeenskap sal dan dink hy steun die witman.
Dit gaan ook gepaart met grondhervorming. As hy tot die boer se steun kom steun hy weereens die witman.

Sy politieke image is belangriker vir hom as die lewe van die boere en hul families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.