DA en ANC stamp koppe oor Colenso-kragstasie

Die oorspronklike Colenso-kragstasie wat in 1984 buite diens gestel is. Foto: SA Travel Directory

Die oorspronklike Colenso-kragstasie wat in 1984 buite diens gestel is. Foto: SA Travel Directory

Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê Chancellor House, die ANC se beleggingsmaatskappy, moet dadelik onttrek uit die beplande belegging van R18 miljard vir die Colenso-kragstasie.

Gordan Mackay, DA-LP, het ná mediaberigte dat Chancellor House ʼn aandeelhouer in die Colenso-steenkoolkragprojek is, gesê hy gaan Zweli Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, versoek om dadelik te onttrek uit die belegging.

Mackay het gesê die ANC het voordeel getrek uit ʼn ander inisiatief om die land se energiekrisis op te los. Chancellor House het ʼn 25%-aandeel in Hitachi Power Africa wat ʼn R38.5 miljard-kontrak het om stoomketels aan die Medupi- en Kusile-kragstasies te verskaf.

“Zweli Mkhize doen nie sy woord gestand ná sy openbare uitlatings verlede jaar toe hy aangevoer het Chancellor House sal nie enige direkte regeringskontrakte bekom nie en sal ook alle botsings van belange vermy,” het hy gesê.

Die Colenso-steenkoolstasie op die oewer van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal sal na verwagting meer as 1 000 MW krag aan die nasionale netwerk verskaf. Die oorspronklike stasie is in 1984 buite diens gestel.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

nicoprinsloo ·

Wat die anc hoe koppe doen en se verskil hemels breet hulle is al lankal verby lieg verryk hulle self en hulle kiesers onder toe val vir dit so julle anc kiesers sulkel maar

Bruno Stef ·

Presies wat ek op n ander artikel omtrent beweerde negatiewe houdings bevraagteken het.Colenso Kragstasie was een van die ou Kragstasies wat vir jare “ge -Mothball” was maar nou met die vernuwing daarvan hergebruik gaan word.Dit is nie n probleem nie maar wat het van die ander ou Stasies se (Generators/transformators/ skakeltuig /motors /pompe ) om n paar van die uitrusting te noem gebeur want die Stasies is so geplunder dat dit soos Colenso se geval miljoene gaan kos om dit weer gangbaar te kry maar Colenso se “Cooling Towers” lyk vir my bestaan nog daarom moet die minimum aan bouwerk verrig word

Andre ·

Kan dit meer skandalig word. Die anc neem korrupsie tot ‘n nuwe vlak. Sou graag die geskiedenis van SA wil lees in 2050. SA sal seker voorgehou word hoe dinge NIE gedoen moet word nie. Eish, Efrika is nie vir sissies nie!!!!!!!

CHRISTA ·

DIT verduidelik nou waarom als wat tans deur staatsdepartemente gebou word met MILJARDE oorbegroot word!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.