DA en ANC vandag in hof oor Zuma-SMS

selfoon 2Die ANC bring Woensdag ʼn dringende hofbevel voor die hooggeregshof in Johannesburg, aangesien die party meen dat die DA die verkiesing se gedragskode geskend het.

Die ANC het verlede week die hofbevel by die hof ingedien in ʼn poging om die DA “te stop om die gedragskode te skend”. Die gedragskode verbied onder meer verkiesingsveldtogte wat op valse inligting gebaseer is.

Die ANC voer aan dat die DA kwaadwillig deur grootmaat-SMS’e leuens oor die president versprei en dat hulle doelbewus die bevindinge in die Openbare Beskermer (OB) se Nkandla-verslag verdraai het.

Die SMS lui: “The Nkandla report shows how Zuma stole your money to build his R246 million home. Vote DA on 7 May to beat corruption. Together for change.” [Die Nkandla-verslag bewys hoe Zuma jou geld gesteel het om sy huis van R246 miljoen te bou. Stem DA op 7 Mei om korrupsie te klop. Saam vir verandering.]

James Selfe, die DA se federale uitvoerende voorsitter, het vroeër gesê die DA gaan die ANC se aansoek teenstaan en dat die DA daarna uitsien om sy saak te verdedig. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.