DA en EFF ontken koalisie-praatjies

CaptureDie DA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag berigte dat hul moontlik na die verkiesing ʼn koalisie gaan vorm ontken.

Helen Zille, leier van die DA, sê ʼn koalisie met die EFF sal onwerkbaar wees weens ideologiese verskille. “Ek het dit nog altyd duidelik gemaak dat ons slegs koalisies sal vorm wanneer dit moontlik is om ʼn samehangende regering te vorm en om ons beleidsverpligtinge aan die publiek te implementeer. Dit sal onmoontlik wees met die EFF.”

Julius Malema, leier van die EFF, sê sy party is nie in gesprek met ander politieke partye oor koalisies nie. “Die berigte moet afgemaak word as blote desperate bespiegelings in ʼn poging om die EFF se aandag af te lei van sy doel om te regeer, veral in Gauteng. Daar is geen sprake van ʼn koalisie met enigiemand nie want die EFF het slegs een doelwit vir die verkiesing en dit is om te wen.”

Die reaksies kom na berigte dat die twee partye ʼn koalisie sal oorweeg om beheer oor Gauteng te kry. Beide partye is vasbeslote om dié provinsie op 7 Mei by die ANC weg te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.