DA en VF Plus haaks oor ‘vals inligting’

VF PlusDie Vryheidsfront Plus het die DA by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verkla.

Dr. Pieter Groenewald, parlementêre leier van die VF Plus, sê die klagte gaan oor ʼn SMS- en radio-advertensieveldtog deur die DA. “Dit is die VF Plus se mening dat die DA vals inligting versprei in ‘n omvattende veldtog teen die VF Plus, en die OVK is versoek om onmiddellik stappe te neem om die veldtog stop te sit en vervolging teen die DA in te stel weens sy oortreding van die Wet.”

Die SMS wat deur die DA uitgestuur word, lees: “Die VF+ is te klein om ‘n verskil te maak, en hul leier sit boonop in Zuma se kabinet. Moenie jou stem op die VF+ mors nie. Stem DA.” Groenewald sê dit is ‘n feit dat die VF Plus se leier in sy hoedanigheid as adjunkminister nie in die kabinet dien nie. “Die Grondwet spel dit baie duidelik uit dat ‘n adjunkminister nie ‘n kabinetslid is nie, maar ondersteuning aan die minister bied. Die bewering is dus wesenlik vals.”

Groenewald sê die stelling dat die VF Plus ‘te klein is om ‘n verskil te maak’, is in wese verkeerd. “Met 16% steun is die DA gemeet aan die ANC hoegenaamd nie ‘n ‘groot party’ of ‘n bedreiging vir die ANC se 66% nie, en is dus net een van die groter kleiner partye,” sê dr. Groenewald.

Die VF Plus se tweede klag is rakende ‘n advertensieveldtog op Radio Sonder Grense (RSG) en Jacaranda FM terwyl die derde klag handel oor pamflette met “feitelik verkeerde inligting”. Die VF Plus eis dat die advertensies teruggetrek word en dat die massa SMS-veldtog stopgesit word. Die party eis ook ʼn verskoning.

James Selfe, leier van die DA se federale raad, sê die VF Plus se klagte het geen meriete nie. “As die VF Plus van mening is dat ons inbreuk maak op enige wette of kodes, dan is hulle welkom om ‘n klag by die polisie of Verkiesingshof te lê. Ons sal enige en alle optrede in ‘n baie sterk manier verdedig.”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

alet ·

Jy weet n mens is so moeg om van al die gemors te lees is daar nie iets beters nie.dis die een teen daardie een gaan dit nooit end kry nie .Die een wil beter wees as die andereen en hulle vergeet Gos het die wereld geskape vir almal gaan terug na julle geloof julle iS siek

Marius Durandr ·

Daar staan ook geskrywe, my volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis. Hierdie swaard sny weerskante.

Ria Maritz ·

ALET: Dit maak nie saak hoe oud jy is nie, ten minste weet meeste van ons presies wat jy se. Dankie vir jou insette, ek stem saam met jou.

Frik Lotz ·

Dankie dat VF Plus die DA gaan verkla het by OVK. Die DA tree nes die ANC op en dink hul kan maak nes hul wil en onwaarhede oor VF Plus versprei. DA is n ANC-lite. Stem eerder vir n party wat minderhede se belange op die hart dra. Stem VF Plus!

amelia ·

Frik stem dan maar eerder fn baie klein maar probeer al klaar die minderheids groep se belange beskerm Die DA is net soos die anc Sorg net vir hul eie sakkke en wat wil die DA altyd inmeng vertou hul niks

Johan Strydom ·

Die DA dra nie die afrikaners se belange op die hard nie en daarom moet hulle snett opmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.