DA erken sommige bewerings teen De Lille is onwaar

Patricia de Lille. Foto: Twitter

Die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, gaan op vier vlakke terugveg teen die verspreiding van vervalste inligting teen haar deur verskeie DA-lede, insluitend twee DA-LP’s.

Sy het aan Maroela Media gesê sy gaan:

* Dinsdagoggend strafregtelike klagte indien teen DA-lede wat vervalste bewerings oor bevindings teen haar deur die ouditeur-generaal versprei het;

* DA-lede wat die vervalste bewerings versprei het, siviel dagvaar vir naamskending;

* klagte by die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, indien teen twee DA-LP’s wat vervalste inligting versprei het oor ʼn art. 9-instelling, die ouditeur-generaal, wat veronderstel is om deur parlementslede beskerm te word en

* klagte by die DA indien vir interne stappe teen die DA-lede wat vervalsings teen haar – ʼn mede-lid van die DA – versprei het tot haar nadeel.

Die DA het vanmiddag erken sommige van die bewerings wat senior partylede oor De Lille se beweerde betrokkenheid by wanbestuur gemaak het, is onwaar.

Die nuus is eerste deur News24 se Paul Herman bekendgemaak, en kom daarop neer dat bevindings wat toegeskryf word aan die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, vervals is om De Lille te teiken. Dit kom op ʼn tydstip wat die DA wag op regsadvies om te hoor of die party sy omstrede nuwe terugroepklousule teen De Lille kan gebruik.

Die DA se volgende stap – ʼn waarskynlike poging om De Lille van haar pligte te onthef – word môre verwag. Dit sal die volgende verwikkeling wees in ʼn morsige moddergeveg binne die DA waarvan die afloop tans onseker is.

De Lille het reeds aangedui dat sy beplan om die grondwetlikheid en regsgeldigheid van die DA se optrede tot in die hoogste hof te beveg.

Die jongste aanslag op die Kaapse burgemeester is ʼn sosiale media-inskrywing oor ʼn beweerde bevinding teen De Lille deur Makwetu oor die burgemeester se beweerde betrokkenheid by wanbestuur betreffende die toekenning van tenders vir die stad se snelbusdiens, MyCiti. Die bewering was dat Makwetu sou bevind het munisipale tenderregulasies is oortree en dat De Lille verantwoordelik gehou moet word omdat sy nie voldoende oorsig uitgeoefen het nie.

Die sosiale media-inset lyk soos ʼn amptelike dokument van die ouditeur-generaal, met handtekening en al. Op die bevinding word dan beweer dat De Lille tenders aan haar vriende toegeken het. Die opskrif lui “Patricia de Lille ontmasker” en word vergesel van ʼn onvleiende foto van De Lille.

Die ouditeur-generaal se woordvoerder, Africa Boso, het egter bevestig dit is ʼn vervalsing, en Makwetu self sê hy het nooit so ʼn bevinding teen De Lille gemaak nie.

Die bewerings is die afgelope tyd deur DA-lede op sosiale media versprei. Twee van die DA-lede wat die gewraakte vervalsing versprei het, is die party se adjunk hoofsweep en federale ondervoorsitter, Mike Waters, en ʼn LP van Pretoria, Bronwynn Engelbrecht.

Die ondervoorsitter van die DA se federale raad, Natasha Mazzone, het in ʼn verklaring gesê die DA maak nie van die sosialemedia-insetsels gebruik in sy saak teen De Lille nie. Sy meen die DA-lede wat die vervalsing versprei het, is bloot slagoffers van fopnuus – iets wat volgens haar dikwels gebeur.

Mazzone was nie vanmiddag vir verdere kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Koos ·

Bly daar is darem twee van ons. Helena Otta Zille het haar mos betrek. Kan Maroelamedia haar ook nader en hoor of sy trots is daarop?

D P J ·

Ja, politiek is en bly ‘n vuilspel waarvoor jy b a i e belasting geld kry!!!

ferdi ·

Nee wat vergeet van di DA hul is net erger as di ANC sal nooit weer vir hul stem ni

Johann cb ·

Die DA kan sy greep in die Kaap verloor as sy na ‘n ander party oorstap en haar aanhangers met haar saamneem! Die magsbehepte politici kan gerus kennis neem!

Duiwel se advokaat ·

Lyk al meer of Maimane die ANC se geheime agent binne die DA is – die party het alle rigting verloor vandag hy Zille uitgeskuif het.

Theo ·

Hulle se ‘n vis vrot van sy kop af…..wat nou aangaan in die DA bevestig dit !

JB ·

Die DA se hantering van De Lille is pateties. Dit is tyd dat Helen Zille toe tree en hopelik gesonde vestand laat seevier

Oom Kalahari ·

Antie de Lille sal moet hard veg om daai groot salaris te kan behou om die rykmans huis en lewenstyl te kan onderhou. Daar is maar altyd ‘n ou geraamtetjie wat nou en dan uit die kas klim. Nee wat ek bly maar ‘n ou klein VF+ lid en weet dat integriteit nog bestaan.

Velma Venter ·

En dan verwag die DA mense moet nog vir hulle stem terwyl hulle mekaar in die rug steek. Die spreekwoord sê nie verniet, makste honde byt die seerste.

JANEE ·

Die skade wat die DA hom self toedien gaan groter word, hulle het reeds soveel steun verloor van die mense wat vir hulle self kan dink…….die belang van SA word nie meer deur die DA onderhou nie …dit gaan net oor eie belang ….voel weer na nog n magsbehepte regering…..

Antjie ·

As ek ʼn verantwoordelike leier van die DA sou wees en belanggestel het om die DA te red, sou ek die tweeters gedruk het om hul bronne bekend te maak totdat ek die skuldige gekry het wat die fopnuus geskep het. G’n gewag op “prosedures” kan geregverdig word nie. Betaal kompetente ondersoekers om die skuldiges op te spoor en maak behóórlik verskoning! Dit gaan nie eens oor hoeveel mens van De Lille as persoon hou of nie, sulke gedrag kelder tans die party, en die slaphandige hantering vererger al honderd keer. Dit sal my min verbaas as eks-ANC-faksies hul kans gesien het om die party te infiltreer. Mens sal nou moet al hoe meer ligloop om nie die regerende party se slaphandigheid te erf nie. Erken die regstaat. Tree op met integriteit. Doen wat reg is. Wees paraat. Wat meer kan ek vra?

Amelia ·

As die DA hul eie makkers so belieg en onderdoen, wat sal hul met lede doen? Nie weer n stem van my. Eerder maar Cope.
Vir haar het ek net te se, baklei met alles in jou en as jy jou onskuld bewys het…….drop hulle en gaan tree af.

Eish ·

Weereens n bewys dat integrasie, hoe goed bedoel, bestuur of bedryf, n nagmerrie in wording is.
” Birds of a feather, flock together.”

PATSY ·

Wat my bekommer is die feit dat almal nie weer vir die DA wil stem nie maar vir wie stem jy dan om ‘n GROOT oppisisie vir die ANC te wees? As die DA uitval is dit die EFF wat instap en dan het ons grooter probleme as tans. Die klein partye kan nie alleen veg teen die groot partye nie. DA kandidate moet hul binne gevegte uitsorteer en net sorg dat ons die oorgevat word deur die EFF nie en die Kaap deur die ANC nie.

rollie ·

Want die klomp regse apartheidsaanhangers sal eerder onder ANC regering staan. Hulle haat die DA omdat alle gematigde en rasionele Afrikaners oorgeloop het na die DA.

Pollie ·

WHAAAAAAAAAAAAA en hier klou die ou wittetjies en libs nog aan die DA vas en kyk wat se skarmunkels draai hulle nou uit om te wees . NES in 1992 het ons julle GEWAARSKU, maar nee julle dink die DA is die REDDER van die wereld . die redder van SA .. juille gaan dieselfde oorkom as wat met die JA stem veroorsaak is .. Gelukkig het ek betyds die LIG gesien ..

rollie ·

Ek stem DA om die ANC uit te hou uit die Kaap. Baie beter af as onder ANC bewind. Ander opposisie- partytjies is onbenullig.

Johan ·

Pollie, nuuskierig om te weet. Toe jy die LIG gesien het, het jy vir die ANC of die EFF ondersteun? Of dalk bevoorreg om land uit pad te gee?

Boet Fasie ·

Afguns en verdeeldheid onder DA lede is verantwoordelik vir die party se ondergang, nogal een groot jammerte .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.