DA: Eskom betaal R50 miljoen uit aan bestuursbonusse

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die DA het Eskom Sondag sterk veroordeel nadat die kragvoorsiener glo die afgelope jaar R50 miljoen bestee het aan bonusse vir sy topbestuurders.

Natasha Mazzone, woordvoerder vir die Demokratiese Alliansie (DA), het in ʼn verklaring gesê Eskom se verslag oor sy finansiële prestasie vir die finansiële jaar 2014-’15 dui duidelik daarop dat die maatskappy in ʼn ernstige finansiële krisis is met sy inkomste wat van R7 miljard tot R3 miljard gedaal het. Die verslag het ook onthul dat die maatskappy R51 miljoen verkwis het op nuttelose besteding en in geheel grootliks misluk het om sy prestasieteikens te haal.

“Tog het Eskom steeds ʼn buitensporige R50 miljoen bestee aan bestuursbonusse in hierdie tydperk – met ʼn bykomende R10,8 miljoen wat uitbetaal is vir langtermyn-aansporingsbonusse. Dit kom neer op R1,4 miljoen per lid van die uitvoerende raad,” het Mazzone gesê. “Die huidige raad aan die stuur van hierdie sukkelende entiteit se prestasie is hopeloos. Dit is uiters ongegrond dat hulle hierdie buitensporige salaristjeks en bonusse ontvang.”

Volgens Mazzone sal die DA Dipuo Letsatsi-Duba, voorsitter van die openbare ondernemingsportefeulje-komitee, vra dat Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, en adjunkpres. Cyril Ramaphosa, voorsitter van die regering se energie-“gevegsfrontkamer” voor die komitee verskyn om ʼn volledige verduideliking te gee van Eskom se afname in inkomste en massiewe toename in uitgawes. “Dit is hulle wat verantwoordelikheid moet aanvaar vir die swak bestuur by Eskom,” het sy gesê.

Sy het beklemtoon dat Brown moet verduidelik hoekom sulke onaanvaarbaar hoë salarisse steeds betaal word en wat sy gaan doen om die salarisse af te bring tot ʼn meer aanvaarbare vlak.

Van die 37 prestasieteikens wat Eskom moes bereik, is slegs 51% bereik. Die teikens wat nie bereik is nie, sluit in ʼn kragbeskikbaarheidsfaktor van 80%, opwekkingskapasiteit van 433 MW wat geïnstalleer moes wees en die inhaal van die instandhoudingsagterstand.

“Dit is nou hoog tyd dat die probleem [van buitensporige bonusse] aangeraak word. Die huidige kragkrisis het die ekonomie tot ʼn stilstand gedwing en laat baie min hoop vir werklose Suid-Afrikaners om werk te kry,” het Mazzone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kaspaas ·

Wel dis nie nuus almal weet dat prestasie is nie belangrik maar jou plek op die ANC hierargie is. Sal soortgelyke dinge op al die ANC beheerde instansies sien en nie een is n sukses inteendeel hulle almal was tot die ANC hulle hande op dit gekry het

nico prinsloo ·

Die president het hulle goed geleer doen niks staan by my en ek belowe vet bonusse want kiesers is tevrede met n kospakie op kiesdag wat meer wil ons he

Kobus ·

Iemand sal weer moet verduidelik wat bonus beteken. Dit is nie ‘n dertiende tjek of deel van jou salaris pakket nie, maar jy kry dit slegs wanneer jy iets buitengewoon en meer as jou ooreengekome plig gedoen het!

Winston ·

Nie eers pligte word behoorkik nagekom nie. Moes liewer inbetaal het na ESKOM se rekening volgens hulle prestasies. Swak maar regtig nie nuus nie. Oral lyk dit gehawend.

Zirk ·

Dis soos die ANC al SA se entiteite en selfs die staatskas plunder om fondse te kry vir sy eie voortbestaan. ( En natuurlik “n luukse lewe vir die diewe) En ook hul vergoeding vir hul deelname aan die vryheidstryd. “The spoils of war”.

fransie rowles ·

lekker in SA!! ek soek ook so n werk , waar jy nie presteer
nie maar kry grrot bonusse!!

ronel ·

@fransie dit sal net gebeur as jy ‘n crimenele rekort agter jou naam het en jou velkleur reg is… Andersin sal jy nie so ‘n salaris kan verdien nie.

Cruz ·

Weereens n onvolhoubare verkwisting van belastingbetalers se geld.Waar kom die bonusse vandaan?Van die ondernemings en man op straat wat sukkel om kop bo water te hou juis onder andere as gevolg van onbetroubare kragvoorsiening. Die koei se spene(belastingbetalers)sal later nie eers meer melkpoeier kan gee nie!
Insig is wat kort!

neelsie ·

Ons kan bly wees die prestasie is net 51% ……..hoeveel sou hulle uitdeel as dit 100% was??
Hierdie outjies lag lekker vir ons!
Transvaal se wet geld net as jy n getroue betaler is.

alex ·

Eskom en die ANC is die ondergang van die land se ekonomie.
Erger as kanker kan dit nie uitsny nie.

Wat is die antwoord…. ‘n revolusie?

Martin ·

Julle moet sien watse mooi gesubsideerde voertuie hulle ry. Alles op ons verbruikers se sak.

Eduard ·

Die ANC het gese hulle sal regeer tot die oordeels dag .Die ingeneers wat die Titaniek gebou het ook gese nie eens God kan die skip sink nie Die ANC gaan ook sink dan is al hierdie gepaarty verdy Byt net vas ons gaan nog lekker lag .

Rynhardt ·

Meer as 25 dae sonder beurtkrag plus R50miljoen aan bonusse vir die vet katte by Eskom, wys krag word gemanipuleer in SA! Die vraag bly egter, hoeveel het Anc gekry terwyl land se ekonomie geruineer is? Die fontuin van geld droog vinnig op! Lynne Brown speel die publiek!

Dan ·

Prestasie bonus moet deur n senior persoon goedgekeur word, en so n persoon sorg goed vir homself. So wie was die pesoon? Jy moet agter die kap van die byl kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.