DA gaan ANC en EFF beveg oor grondkwessie

Mmusi Maimane. Argieffoto.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het Maandagoggend belowe dat die DA op elke manier, met al sy kragte en tot in die laaste loopgraaf sal veg teen onteiening sonder vergoeding, omdat die voorgestelde ANC- en EFF-model sal beteken dat armes die reg ontneem word om ooit eiendom te besit.

Maimane het vanoggend in Johannesburg by die bekendstelling van die DA se opgedateerde grondbeleid gesê kolonialisme, segregasie en apartheid het juis eiendomsreg van swart mense ontneem. Nou wil die ANC en veral die EFF dit weer doen met die EFF-beleid dat die staat voogdyskap oor alle grond kry en individuele Suid-Afrikaners nie grond sal kan besit nie.

Maimane het bewerings verwerp dat die DA teen grondhervorming is, en gesê in die DA-beheerde Wes-Kaap is die suksessyfer vir grondhervormingsprojekte ses keer beter as die nasionale syfer.

Volgens Maimane is die kern van die DA se grond- en eiendomsbeleid dat soveel mense as moontlik eiendom moet kan besit. Dit is die enigste manier vir armes om welvarender te word en vooruit te gaan. Die DA se beleid is dus die presiese teenoorgestelde van die ANC en veral die EFF s’n.

Die oordra van titelaktes van die staat na individue is vir die DA die hoofprioriteit, met 75 000 huise in staatsbesit wat reeds in die Wes-Kaap aan die bewoners oorgedra is. Die DA-leier het uitgewys dat onteiening sonder vergoeding oral ter wêreld waar dit probeer is, tot rampspoed, ellende en erger armoede gelei het.

Maimane het die ANC en EFF daarvan beskuldig dat hulle die grondkwessie populisties aanwend om rassespanning te skep en die Grondwet te ondermyn eerder as om te erken dat die korrupte en lakse manier waarop die ANC-regering grondhervorming benader het, die rede vir die mislukking is.

Hy het uitgewys dat nie die ANC of die EFF tans enige aanduiding gee van hoe hul voorstelle in die praktyk moet werk nie.

“Die DA se grondbeleid berus op die beginsel dat eiendomsreg die hoeksteen van ontwikkeling en ekonomiese groei is. Daarteenoor is onteiening sonder vergoeding eintlik diefstal deur die staat,” het Maimane aangevoer.

“Wat hier gaan gebeur, is dat swart mense wat met byvoorbeeld HOP-huise uiteindelik iets besit – uiteindelik uit mensonterende armoede vorder – nou weer alles gaan verloor en niks gaan hê nie. Die DA vind dit ondenkbaar dat so ʼn onreg die armes aangedoen kan word,” aldus Maimane.

Verdere sleutelpunte van die DA se grond- en eiendomsbeleid sluit in:

* Suid-Afrikaners wat in staatsgesubsidieerde behuising woon, moet titelaktes ontvang sodat hulle die huise as ʼn bate besit;

* Om dit makliker te maak om die eerste keer ʼn huis te koop, moet oordragkostes vir mense wat die eerste keer ʼn huis koop, verminder word;

* Ontluikende swart boere moet eiendomsreg kry op die grond waarop hulle boer. Die staat moet nie meer, soos tans, besit behou nie;

* Groter sekerheid oor verblyfreg op stamgrond moet deur wetgewing gewaarborg word;

* Enigeen wat wil boer sal behoorlike voorligting, vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning van die staat kry en

* As die regering ernstig is oor grondhervorming moet ʼn groter deel van die begroting daaraan afgestaan word – en dit moet baie beter bestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Neill ·

Ek’t n mooi stukkie grond gesien daar in Natal, dink ek en my paar pelle moet sommer vir ons vat. Daar’s n lekker groot swembad met branders en sulke lekker sand, dalk moet ons daar ook vir ons n lekker stukkie grond vat.

Marius ·

Sal graag wil he Malema en sy kaders moet eerste daar in Natal gaan gryp dan kyk ons wat maak die Zoeloe koning met hulle.Ha HA

T N ·

Die DA bly die enigste verantwoordelike party wat wel ‘n verskil kan maak __ moenie vir partyjies stem wie se sprekers mooi goedjies sê wat in die werklikheid nie die papier werd is waarop die leiers dit neergepen het nie __ moenie die wit stem versplinter en dit niksseggend maak nie __ moenie ‘n rassis wees nie ; stem vir die toekoms van alle Suid- Afrikaners . Steun die splinterpartye en verloor die kaart en transport van jou plaas of raas saam met niksseggende retoriek en ry saam op die rug van DA-suksesse . Vergelyk gerus die vordering in die Wes- Kaap met die gebrek aan vordering elders ten spyte van die toestroming van mense vanoor die hele Suid-Afrika en groot dele van die res van Afrika .

Gerhard ·

Jy bedoel daar waar hulle nie eers watter het nie, is waar die wonderlike oase is? Besef jy die DA ondersteun grondhervorming en daarvoor sal iemand hulle grond moet opgee?Al verskil is jy sal darem genoeg kry om jou. Dit gaan maar net effens beter wees as onteiening sonder vergoeding.

Boerboel ·

Die DA is ANC lite, hulle ondersteun AA en BBBEE en blameer nogsteeds al die land se probleme of die blanke bevolking. Helen Zille mag nie eers se dat kolonialisme nie net sleg was nie. Miamane het self gese dat as n blanke en n swartmens vir dieselfde pos aansoek doen dan moet die swarte aangestel word. Met ons kiesstelsel kan jy vir kleiner partye stem sonder om jou stem te mors. Kyk net vir in Wes Europa.

Gerrit ·

Ek verstaan nie sê jy n stem vir die VF+ is n mors hoekom moes die DA n koalisie aangaan met die VF+ om pretoria te wen? Ons gaan almal VF+ stem en julle sal weer n koalisie moet aangaan maar die keer gaan die VF+ meer sê hê as na die munisipale verkiesings.

Marietjie ·

Nee wat die DA verf homself in ‘n hoek vas. Ons begin agterkom dat hulle nie alles vir almal kan wees nie. Hulle is tans niks vir niemand. Hulle beleid is met die huidige grondkwessie, onverstaanbaar vir sowel wit en swart. Die “armes” soek grond dis al! Stem liewer vir ‘n party wat jou belange as eienaar van grond vooropstel. Nou gaan mooipraatjies en mantelswaaiery NIKS beteken. DA se einde is in sig: kan nie vir dit en teen dit praat nie, want stemme gaan verloor word.

Aasvoels ·

Lees gerus netwerk 24 vandag waar die DA se sy koalisie met die EFF verswak – so dan is hulle mos onder dieselfde sambreel.
Sal nooit vir die DA stem nie – kyk met wie is hulle hand op die blaas.

Kaspaas ·

Jip Neill, dan wil Ek een van jou pelle wees. Ek het n’ mooi stuk grond gesien, met al die mooi goed wat jy noem, en dit het n’ groot plat berg ook op. Dan vat Ek dit en dan deel ons dit!

Gestremde ·

Ek wil ook alles verniet hê, salaris, huis en wat nog meer. Hoekom moet ek werk? Hoor my voorvaders het na Jan Van Riebeeck by Richardsbaai aangekom om handel te dryf met Maputo en wil sommer daai hele gebied rondom Richardbaai opeis vir grondonteiening en dit dan n republiek maak van Mosambiek wat uit hul foute geleer het en die blankes nou verwelkom.

Mooi broodjies bak ·

Dit klink of Mmusi weereens net dink aan ‘n sekere groep van die samelewing. Die grootste gedeelte van die bevolking wat eiendom besit, word nie in hierdie berig eens genoem nie. Wie kan ‘n mens vertrou?

koalisie ·

Wel die DA is in koalisie met die EFF en dit se alles.
Hier gaan nog ‘n burgeroorlog uitbreek . Kort voor lank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.