DA gaan appelleer teen uitspraak oor rasse-kriteria

Argieffoto

Die DA gaan appelleer teen ʼn uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria dat die regering wel ras as kriterium mag gebruik by die toekenning van finansiële hulp aan ondernemings wat deur Covid-19 geraak is.

Die hof het Vrydag die DA se aansoek vir dringende ingryping van die regering se kriteria waarvolgens die Covid-19-hulpfonds toegeken word, van die hand gewys. Finansiële hulp word tans op grond van swartbemagtigingskodes aan sakeondernemings wat hulp nodig het beskikbaar gestel.

Die DA het aangevoer dat die regering onwettig opgetree het deur te versuim om duidelikheid te gee oor hoe die hulpfonds se kriteria toegepas sou word. Die DA beskou ook die kriteria as onwettig omdat dit hoofsaaklik op grond van ras bepaal word.

Die hof het beslis dat ras, geslag, ouderdom en gestremdheid in die kriteria ingesluit moet word.

Volgens Zakhele Mbhele, die DA se skaduminister van kleinsake-ontwikkeling, het die hof wel bevind die regering se kriteria vir die hulpfonds is te “vaag”. Daarom het die hof Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsake-ontwikkeling, opdrag gegee om die kriteria weer op te stel sodat dit duideliker kan wees.

Mbhele het Maandag gesê die party glo die saak moet dringend deur ʼn hoër hof heroorweeg word.

“Ons het besluit om te appelleer om ons stryd teen die grootskaalse verskansing van rassekriteria in regeringsbeleid en -administrasie, voort te sit. Dit is moreel sowel as wetlik onverdedigbaar dat rassekriteria gebruik word om te besluit wie vir die Covid-19-hulpfonds kan kwalifiseer,” het Mbhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Julle kan maar net probeer DA. Miskien sal julle die keer nie Hoofregter Dunstan Mlambo kry nie.

Magda

Sterkte DA – as julle nou sien wat met die Taxi bedryf gebeur – Hulle kry R1.3mil maar dra ABSOLUUT NIKS BY TOT DIE EKONOMIE OF VAT OF UIF BY NIE, Hulle kry omdat hulle SWART is – maar vat van die BOERE – O JA VERGEET – HULLE IS WIT (dalk kry die boere wat SWART is dalk geld – maar hoe sal ons nou weet – KOMMUNISTIESE SUID AFRIKA – PLEASE GO A HEAD – STEAL EVERYTHING – NOTHING IS FOREVER!!!!!!

Marius

Dankie aan die DA . Soos wat ek dit verstaan , is wit mense se geld goed genoeg om die kinders te voer in die nedersettings en dit is dit dan . As wit mense hulp van die cANCer benodig dan is hulle te wit , watse nonsens is dit ? Wit mense in die land kry net so swaar indien nie swaarder as die regering se aanhangers nie juis agv die regering se siening oor sekere aspekte . Ek dink dit is n manier om die gaping tussen arm en ryk te krimp en die wit mense te verarm… Lees meer »

Althes

Druk deur DA. As ons wit belastingbetalers goed genoeg is om te vat, is ons goed genoeg vir Covid 19 noodverligting.
Die taxi’s is baie ondankbaar – maar dis mos die kultuur van SA – entitlement!

Raymond

Aag wat as die regering ras kan gebruik as kriteria vir hulp. Dan kan ek ook ras as kriteria gebruik. Grondwet se mos jy mag dit nie doen nie maar ek redeneer nou soos Julias. “Maar hulle het dit eerste gedoen”. Hy kom weg met daai argument so ek sal maar my gewete ook daarmee sus. If you can’t beat them join them. Seker hy is so stil want sy maatjie Adriano doen nou baie goed vir hulle al 2