DA gaan Dlamini aankla oor beweerde CPS-korrupsie

Bathabile Dlamini. Foto: GCIS/Flickr

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê hy gaan strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, ná onthullings oor korrupsie by Cash Paymaster Services (CPS).

Die DA het gesê hy sal die aanklagte Vrydag by Kaapstad-sentraal aanhangig maak.

DA-LP Bridget Masango het gesê Dlamini het versuim om bekend te maak dat vroue van ANC-lede na bewering betrokke was in “twyfelagtige” verhoudings met CPS, die maatskappy wat voorheen maatskaplike welsynstoelaes in Suid-Afrika versprei het.

Masango het gesê die party het Dlamini 48 uur gegee om die beweerde korrupsie aan te meld. Sy het haar kennis van die beweerde korrupsie in haar bedankingsbrief gemeld. Dlamini het vandeesweek as LP bedank ná pres. Cyril Ramaphosa haar nie by sy nuwe kabinet ingesluit het nie.

Sy het in haar bedankingsbrief ook beskuldigings gemaak oor die toestand van die party en hoe sy lede behandel word. Sy beskuldig vroue van ministers daarvan dat hulle die “meesters” was agter die omstrede CPS en voer aan dit is hoekom sy nie ʼn alternatiewe diensverskaffer kon kry om die Sassa-betalings te fasiliteer nie.

“Kragtens artikel 34 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite pleeg enige persoon, wat vermoed of weet dat iemand anders by korrupsie betrokke is, ʼn strafregtelike misdaad as hy versuim om dit aan te meld,” het Masango gesê. “Dlamini ontduik al te lank aanspreeklikheid en die DA sal seker maak dat sy en haar ANC-makkers hul dag in die hof kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
willem Botha

Die DA kan niemand aankla nie ,pleks vra hulle verskoning oor hulle die kiesers so belieg het voor die verkiesing?

Karlahari

Daar is nie pille vir stupidgeit nie….

MAB

Dankie DA, uitstekend… doen asb hier die nodige en bewys julle staan vir reg en geregtigheid, maak nie saak wat nie!!!

Gert van Wierdapark

Oud mini-ster van vele, “Pay Back the Money”!!

Wanneer sotte regeer

Daar grawe die skepsel weer vir haarself ‘n gat.
Net toe ons dink ons is slim, toe slaat die pernoselheid ons weer vir ‘n ses.