DA gaan klagtes lê oor Zim-vliegtuig

Die ANC-afvaardiging het glo ‘n saamrygeleentheid saam met die minister gekry. (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag gesê hy gaan strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen die ANC ná senior lede ʼn straler van die Suid-Afrikaanse Lugmag gebruik het om na Zimbabwe te reis vir ʼn vergadering met dié land se Zanu-PF.

Kobus Marais, DA-LP, het gesê die ANC het reeds skuld beken in die verband en Covid-19-afsonderingsregulasies verontagsaam. “Hulle het skuld beken op ʼn misdaad en moet nou strafregtelike aanklagte in die gesig staar,” het hy gesê.

Fikile Mbalula, die minister van vervoer, het dit duidelik gemaak dat hy nie toestemming aan die afvaardiging gegee het vir die reis, soos vereis onder vlak 2 van die afsonderingsregulasies nie, en hy het alle navrae daaroor verwys na die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Marais bygevoeg. “Dit word ook bevraagteken of die minister van finansies, Tito Mboweni, sy ondersteuning gebied het kragtens artikel 80(3)(a) van die Wet op Verdediging 2002.”

Hy het gesê Lindiwe Zulu, die minister van maatskaplike ontwikkeling, en Mapisa-Nqakula, wat deel is van Suid-Afrika se nasionale koronavirus-beheerraad, was verantwoordelik vir talle van die afsonderingsregulasies, “en hulle moes meer as enigiemand anders van beter geweet het dat dit wat die afgevaardigdes doen, verkeerd is”.

Hy het gesê Zulu, in haar kapasiteit as hoof van die ANC se nasionale uitvoerende komitee se subkomitee oor internasionale betrekkinge, en die ander afgevaardigdes wat na Zimbabwe gereis het – ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule, NUK-lede Nomvula Mokonyane, Tony Yengeni, Mapisa-Nqakula, die ANC se hoof van ekonomiese transformasie Enoch Godongwana, ANC-woordvoerder Dakota Legoete en ANC-voorsitter Gwede Mantashe – moet nou die wettige gevolge dra.

“Die ANC se skuldbekenning en belofte dat hulle die geld sal terugbetaal, moet nie pres. Cyril Ramaphosa weerhou om die verslag van minister Mapisa-Nqakula vry te stel nie. Die parlement en die land het die reg om die verslag te bestudeer. Dit is agterdogtig dat die ANC so ʼn dramatiese U-draai gemaak het oor die saak nadat hulle die afvaardiging se gebruik van die straler verlede week hand-en-tand beveg het.”

Marais het gesê indien die verslag oor die voorval nie vrygestel word nie, sal die DA aanneem dat dit iets “só plofbaar bevat dat die ANC hoop om dit met mooi woordjies en beloftes van terugbetaling te begrawe”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

Hulle kan net sowel die see probeer leeg skep met ‘n tee siffie .

Persheks Adri ·

Sluit die hele lot toe en gooi die sleutel weg! Die reëls tel vir ons ook so wat maak hulle beter en bo die wet? Laat hulle betaal ook nie af betaal nie

#Tsek ANC tsek!!!

Wilma ·

Die grense is mos nog nie oop vir “travel” nie. Dus dit is onwettig om die land se gense oor te steek. As dit ek was is dit tronkstraf. Reëls geld mos vir almal. Sluit hulle toe en ook die persoon wat goedkeuring vir die vliegtuig gegee het om op te styg. HY/SY moes mos van beter geweet het. En ja laat hulle betaal vir die vlug. Elkeen, en die regte prys nie mickey mouse bedrag nie.

George ·

Wat praat hulle in Zimbabwe in elk geval? Ons kan niks baat van di ZANU PF nie. Klink meer soos a sosiale kuier. Sal graag sien dat hulle alles betaal en gestraf word vir die oortreding van die Covid wette. ……Ek wonder…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.