
‘n Skermgreep van die video van Duduzane Zuma, oudpresident Jacob Zuma se seun, wat op sosiale media gedeel is. (Skermgreep: Instagram)
Die DA gaan strafregtelike aanklagte teen oudpres. Jacob Zuma se dogter Duduzile Zuma-Sambudla, sy seuns Edward en Duduzane, asook die EFF-leier, Julius Malema, aanhangig maak vir aanhitsing van geweld.
Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, sê Zuma-Sambudla het sedert haar pa se inhegtenisneming verlede week verskeie kere twiets gedeel wat, volgens die party, die geweld en plundery in KwaZulu-Natal aanmoedig en aanhits.
Breytenbach sê Edward Zuma het vroeër boonop gesê wetstoepassingsowerhede sal eers verby hom moet kom voor hulle sy pa in hegtenis neem.
“Die opmerking was opruiend en roekeloos,” sê sy.
Somewhere In SA…Flames Of Freedom! Amandla ✊????✊????✊????!!! #FreeJacobZuma pic.twitter.com/cCqF8QqkvJ
— Dudu Zuma-Sambudla (@DZumaSambudla) July 9, 2021
In ʼn video van Duduzane Zuma wat op sosialemediaplatforms versprei is, onderneem hy om te “baklei” om sy pa uit die tronk te kry.
“Julius Malema het op sy beurt gedreig om by die anargie op die strate aan te sluit as die weermag ontplooi word en het die ontplooiing vergelyk met ʼn oorlogverklaring teen burgerlikes, pleks van ʼn poging om wet en orde te handhaaf,” sê Breytenbach.
Sy sê die DA is ook erg ontsteld deur Malema se rasgedrewe opmerking oor die Indiese gemeenskap wat rassespanning moontlik verder kan opjaag.
No soldiers on our streets! Otherwise, we are joining. All fighters must be ready… they won't kill us all. We need a political solution to a political problem, not soldiers.#NoToSoldiers
— Julius Sello Malema (@Julius_S_Malema) July 12, 2021
“Zuma-Sambudla en Malema het tussen hulle miljoene volgelinge op Twitter wat die opmerkings letterlik kan opneem,” sê Breytenbach.
Die DA doen ʼn beroep op die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die minister van polisie, Bheki Cele, om teen die Zuma-kinders en Malema op te tree om te verseker dat hulle strafregtelik ondersoek word vir aanhitsing om geweld te pleeg, sowel as vir hulle oorlogspraatjies.
War declared on civilians
— Julius Sello Malema (@Julius_S_Malema) July 12, 2021
Cele het vroeër vandag, tydens ʼn vergadering van die regering se veiligheidsgroepering, gesê die polisie het die name van minstens 12 individue wat ondersoek word vir hul beweerde rol in die aanhitsing van geweld. Die minister is tydens vraetyd spesifiek oor Zuma-Sambudla gepols.
Breytenbach sê niemand kan toegelaat word om met dié soort “roekelose gedrag” weg te kom en straffeloos breë stellings te maak nie.
“Versuim om op te tree gaan die Zumas en Malemas net dapperder maak om te sê en te doen wat hulle wil, sonder enige vrees vir gevolge.
“Die polisie en NVG moet nou teen hulle optree.”
Mooi Plaza…We See You!!! Amandla ✊????✊????✊????!!! #FreeJacobZuma pic.twitter.com/FjoxGaT5nu
— Dudu Zuma-Sambudla (@DZumaSambudla) July 9, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
53 Kommentare
sluit almal toe sluit almal toe !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Mense wat kan dink doen nie sulke goed nie.
hiervan gaan niks kom nie, die naam Penny ontbreek……
Weer het Malema n goeie standpunt, soos met covid mag n regering nie die weermag teen sy burgers gebruik nie, dis onsin.
Ek gaan nie asem op hou nie ons weet mos hulle kan sê en doen net wat hulle wil pffft! Die ondersoek sal jare vat soos altyd