DA gekant teen ontwrigting by staatsrede

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane het Donderdag gesê die Demokratiese Alliansie sal nie enige pogings om pres. Jacob Zuma se staatsrede volgende week te ontwrig, ondersteun nie.

Maimane het aan die Kaapstadse persklub gesê dit is onwaarskynlik dat Zuma ʼn duidelike plan sal uitstippel om die ekonomie te red of die res van die land se probleme aan te spreek, maar dit is belangrik om die parlement toe te laat om normaal te funksioneer sodat die uitvoerende raad aanspreeklik gehou kan word.

“Die toespraak sal waarskynlik nie enige lig werp op die ware stand van ons land nie, en geen duidelike plan om ons weer op koers te kry nie,” het hy gesê. “Ons kan eerder nóg aksieplanne, taakspanne en vae versekerings dat ons oop is vir besigheid, verwag. Dit is nietemin belangrik om te hoor wat die president volgende Donderdag te sê gaan hê. En dit is waarom die DA nie sal deelneem aan enige onwettige ontwrigting van die staatsrede nie.”

Maimane het gesê hulle sal toelaat dat die president praat, en dan dit wat hy gesê het, of nie gesê het nie, oordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Nommer 1 sal die toespaat lewer wat ANC se verkiesigs veldtog sal steun en uitwys hulle is die beter span.

Oom Boer ·

Hoop die ou Grote gaan ‘n positiewe toespraak lewer as die herhaalde ou sop stories van apartheid wat alles veroorsaak het en die probleme is “Inherited from the previous Apartheid Regime”, werks beloftes, verdraaide finansieële syfers , grond vergrype ens. Alle Staats instellings benodig om beter diens te lewer wat so vervalle geraak het asook misdaad wat hoogty vier, die onkenende droogte in die land. Ou Grote daar is mense wat bid vir veranderinge en graag wil sien dat hierdie land vooruitgaan, begin besin en stop jou praatjies dat die cANCer groter as God is, want dit is nie so nie en sal nooit so kan wees nie. Hou op om mense te mislei, korrupsie te bevorder, verdeeldheid te veroorsaak en ontken dat die misdaad vlakke lag is met verkeerde statistieke. Dit is nou jou geleentheid om die regte dinge te doen en te bevorder.

alida ·

Mnr Mainane is reg. Hy sal nie ‘n spektakel van homself maak nie en sy vrae op ‘n beskaafde manier vra. Ek hoop net nie ou Zuma begin weer ‘n klomp bollie praat nie want dan beproef hy enige mens se ordentlikheid en geduld. Sy uurglasie is verseker besig om uit te loop en hy weet dit.

Henri ·

Die Sona ding is eers Donderdag-aand. Die groter brug wat Zuma moet oor is Dinsdag (ek hoop dit is ‘n oor-en-uit storie) Wag en sien, maar intussen se ek DA n kie

pop ·

Mmusie< dankie dat jy n opgevoede standpunt het en goeie maniere openbaar. En dan is jy nog sonder uitsondering altyd baie netjies aangetrek, Doen so voort. Ons is moeg van wanorde en onbeskofte gedrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.