DA: Grondgrypverslag ʼn klug

John Steenhuisen. Foto: Twitter

Die DA het Dinsdag die parlementêre verslag verwerp waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig word. Pleks van daarteen stem, sal die party die proses in die hof betwis.

“Om die Grondwet te verander om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding is net ʼn politieke slenter om stemme uit wanhopige, kwesbare mense te kry,” het die DA-LP Thandeka Mbabama in die nasionale vergadering gesê.

Sy meen die uitkoms van die werk van die grondwetlike hersieningskomitee was uit die staanspoor ʼn gegewe, soos bewys is deur pres. Cyril Ramaphosa se onderneming, nog lank voor die einde van die proses dat die wet gewysig moet word.

“Die DA wil dit baie duidelik stel dat die aanbevelings van die komitee om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak ʼn uitgemaakte saak was,” het sy gesê.

“Dis hoekom die ANC-president, Cyril Ramaphosa, in Julie laataand op TV aangekondig het dat die regerende party besluit het om voort te gaan om die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Dit was selfs nog voor die komitee met sy werk in die Wes-Kaap begin het; dus is van die hele proses ʼn klugspul gemaak.”

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het vroeër gesê die party is van voorneme om die verslag in die hof te betwis.

“Die DA is daartoe verbind om die geveg tot in die hoogste hof te voer as die parlement nie die verslag terugverwys na die grondwetlike hersieningskomitee nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

En so loer die hongersnood vir S.A. alles wat in openbaring staan is stadig maar seker aan te gebeure !!!!

Cherokee ·

Groot waarheid wat jy kwytraak; en nie werklik stadig nie. Die antichris versprei oor die wêreld vanwaar die Christene aangeval word.

PJ ·

Nou die dag een van die slim manne gevra wat sal hy doen as daar nie meer boere is om kos te produseer nie sè nee wat sal nog altyd sy kos by Checkers of Woolworths koop he he he

Hennie ·

sodra mense hulle grond begin verloor sal die mark baie negatief reageer… en dan begin die swaarkry eers.

Ken ·

Zimbabwe status wink tans vir ons…. Alledaagse goed raak al meer onbekostigbaar, werkloosheid styg daagliks, ANC/EFF raak al meer revolusioner, die staatsinstansies se geld droog op en nou sal landbou ook val…. Donker tye……

Neels ·

So word die nasie weereens bedrieg net om stemme te werf in 2019 A s die regering van die dag dit nie eers in 24 jaar dit nie kon of wou doen nie hoe gaan hulle dit nou regkry . Daar is klaar besluit wie van die Anc nuk kry die grond en wie gaan waar plak. Net n kwessie van tyd voor Zimafrika inskop

Kasper ·

Mense julle moet die groter prentjie begin sien. Hierdie voorstelle wat hulle gaan deurvoer vir onteiening is net die begin. Sodra hulle hiermee slaag, wat ek dink gaan in elk geval gebeur, gaan die sluise oopgemaak word om die res van die grondwet ook te verander. Hulle sal nie rus voor alles vernietig is en volgens kommunisme beheer word in die land nie. Hou maar dop wat gaan kom, en ons minderheids groepe gaan heeltemal verswelg / verdryf word uit die land uit. Dit is net ‘n kwessie van tyd. Tog hoop ek van harte ek is heeltemal verkeerd, maar daardie sagte stemmetjie binne my , vertel my hier is baie bitter en swaarkry oppad vir ons in SA.

Boet Fasie ·

Nou wie is die DA nou weer, gaan hulle baklei tot in die Hoogste Hof , weet nou nie so mooi van daardie een nie, waar is die DA al die afgelope jare gewees – net lippe taal of is dit ‘n nuwe April fool joke.

Kobus ·

Da doen bitter min om grondonteiening te stop, hierdie is maar net `n rook skerm om hulle party te probeer red in 2019.

Al ·

Indien die hof bevind dat die hersieningskomitee wat met grondonteiening inderdaad ñ klug is, sou dit strategies so deur CR bewerkstellig wees?

Magrietha ·

Ons het nie die gront gesterl nie ons het dit wetig gekoop by banke dan moet hulle ons geld terug gee.Geen grond geen lening’s nie geen erf belasting nie.Julle kan nie dink nie

Cherokee ·

Australië is wel ‘n gesogte opsie maar daar is ook alternatiewe soos Uruguay, Panama en veel meer. Let your mouse do the walking…

Brutus ·

Die Howe word deur ANC beheer , klaar gesien deur vorige uitsprake. Dis nag.

se maar net ·

Aftree ouderdom in Kanada is 67 maar geensins verpligtend, jy kan daarna aangaan. Ek is 62, het vandag begin my sake stel om daarheen te gaan.
SA het geen toekoms meer, net verwoesting le voor. As die volk hom verootmoedig is enigiets moontlik maar ons sal 16 Desember weer moet vier soos Gelofte bepaal, ophou sondagsport ondersteun en veg om God in grondwet in te skryf. Daarsonder kan ons maar vergeet. Ek gee liewer pad solank ek kan. Ek het saam met n man gewerk wat destyds uit Kongo verdtyf is. Die wat dink dis n grap en dit gaan nie gebeur nie, dink weer en maak julle ore en oe oop

Anoniem ·

Ongelukkig kwalifiseer ons nie vir imigrasie nie ons kla die ouderdom oorsky

Maljan ·

DA moet onthou wie beman die grondwet hof.

Die begunstigdes het alklaar begin om plotte te verkoop. Sodra die papierwerk afgehandel is, sal die pandokke en gehuggies opgerig word. Terwyl hulle die volgende tou vir brpegunstigdes inval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.