DA grootste in Nelson Mandelabaai

Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth Foto: Niel Grundling, Panoramio (via stadiumdb.com)

Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth Foto: Niel Grundling, Panoramio (via stadiumdb.com)

Die DA is amptelik die grootste party in die Nelson Mandelabaai-metro ná Woensdag se munisipale verkiesing.

Volgens die OVK is 100% van die stemme in die Nelson Mandelabaai-metro getel en het die DA 355 471 (46,71%) van die stemme en 57 setels gekry terwyl die ANC 311 416 (40,92%) van die stemme en 50 setels ontvang het. Die EFF het 38 951 (5,12%) van die stemme en ses setels gekry.

In die munisipale verkiesing in 2011 het die ANC 377 138 (51,91%) van die stemme op hom verenig in Nelson Mandelabaai. Die DA het 291 571 (40,13%) van die stemme gekry. In die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC 212 862 (48,81%) van die stemme gekry, die DA 177 952 (40,80%) van die stemme en die EFF het 18 077 (4,15%) van die stemme op hom verenig.

Die Nelson Mandelabaai-metro is egter nie die enigste munisipaliteit wat deur die DA gewen is nie. Die party het ook die Kouga-munisipaliteit met ʼn volstrekte meerderheid ingepalm. Die DA het daar 42 907 (56,49%) van die stemme en 17 setels gekry terwyl die ANC 30 816 (40,57%) van die stemme en 12 setels gekry het. Die EFF het 729 (0,96%) van die stemme gekry.

In die Oos-Kaap is 98% van die stemme reeds getel met die ANC wat 2 370 012 (65,2) van die stemme en 893 setels gekry het en die DA wat 720 596 (19,82%) van die stemme en 187 setels gekry het. Die EFF het sover 187 965 (5,17%) van die stemme en 57 setels gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Klaas ·

Dit sal interessant wees om te sien hoe die DA die ANC se laaste minuut onwettige besteding van R20miljoen om die OP Kings te red, gaan hanteer. Die aksie val buite die munisipale mandaat ek so ‘n befondsing mag nie uit munisipale fondse gefinansier word nie!

KarooKlong ·

Ag siestog, niemand sê iets oor ou dannybooi nie. Hy sê ook niks.
Ek bly lag so in my mou.
Mooi so Baaienaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.