Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Donderdagaand gesê sy party is die grootste party in Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap ná die munisipale verkiesing op 3 Augustus.
Teen 19:30 het die DA reeds 312 784 (49.49%) van die stemme op homself verenig. Die ANC het 248 040 (39,25%) van die stemme verseker. Altesaam 90% van die stemme is reeds in dié munisipaliteit getel.
Die ANC het in 2014 altesaam 48,81% van die stemme verwerf en die DA 40,80%.
Die EFF staan op 4,87% (30 766 stemme). Die EFF het in 2014 altesaam 4,15% van die stemme ingewin.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gesê hy sal die finale uitslag van die munisipaliteit na verwagting Donderdagaand bekend maak.
Teen 19:30 was altesaam 84% van die stemme nasionaal reeds getel. Die ANC het reeds 10 870 812 stemme (53,63%) in hierdie stadium op homself gevestig, en die DA het reeds 5 555 948 (27,41%) van die stemme verwerf.
Sy Mamabolo, hoof verkiesingsbeampte, het gesê die uitslag van die metro’s in Gauteng sal na verwagting deur die loop van Vrydag bekend gemaak word.
Lees alle vorige berigte oor die verkiesing op Maroela Media.
Maimane maak die uitslag bekend:
BREAKING: @MmusiMaimane announces that @Our_DA will be the largest party in Nelson Mandela Bay. #KhulaDA pic.twitter.com/0F35pH243r
— #KhulaDA (@Our_DA) August 4, 2016
Krul my tone nou so lekker.
Myne ook E. DA het fantasties gevaar.
DA, julle is ook die “grootste” party hier in die Wes-Kaap en Breede Vallei Munisipaliteit. Wat gaan julle nou doen rondom werkloosheid, die swak salarisse in Worcester en misdaad? “Put your money where your mouth is” … goeie spreekwoord daardie een!
Ek dog jy is die een wat nie stem nie. Hoekom nog kommentaar lewer op enigiets.
Skerp Lida.