DA haaks oor kultuur, godsdiens

da-verkiesing

Argieffoto: Reint Dykema

Dit gons behoorlik in die DA oor kultuur-, geloofs- en geslagskwessies nadat twee DA-parlementslede in die openbaar beswaar aangeteken het oor ʼn resolusie wat eersdaags voor die party se nasionale kongres in Pretoria sal dien.

Die twee parlementslede, dr. Michael Cardo en Gavin Davis, het dit teen twee van die 105 grondwetlike wysigings wat voor die kongres sal dien.

Die eerste daarvan lui dat diversiteit ʼn Suid-Afrikaanse bate is wat deur die DA erken word en dat elke groep, taal, godsdiens en tradisie gerespekteer word, soos in die aanhef van die grondwet vervat, en dat die DA daarna sal streef om diversiteit oral in sy strukture te reflekteer.

Dit word deur Cardo en Davis gesien as ʼn afwyking van die liberale tradisie van nierassigheid en die klem op die individu waaruit die DA stam. Hulle meen die voorstel onderskryf die huidige neiging by sommiges om identiteit deur ras, geslag ensovoort te laat bepaal – deur groepdenke eerder as individuele voorkeur. Cardo en Davis meen dit plaas die DA op die baan om soos die ANC te raak.

Hulle identifiseer drie probleme met die huidige formulering van die amendement: Eerstens, wat van diegene wat met geen groep identifiseer nie; tweedens, wat van individue wat sommige tradisionele, kulturele of godsdienstige gebruike onaanvaarbaar vind of waar sulke gebruike inbreuk maak op die reg van die individu om te verskil; en derdens, dat die reflektering van diversiteit die eerste stap is na kwotastelsels in die DA.

Die tweede amendement waarteen Cardo en Davis dit het, is dat vrouelede van die DA nou outomaties ook lede van die DA se vrouenetwerk (Dawn) word, tensy hulle spesifiek anders versoek. Hulle meen dit plaas te veel klem op geslag.

Die kwessies behoort vir vurige debat te sorg tydens die DA se nasionale konferensie wat op 7 en 8 April by die skouterrein in Pretoria-Wes plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

snoefie ·

sulke blatante kinderagtigheid. smyt hulle uit. hulle kan hulle eie party gaan stig of by die eff aansluit.

Paul ·

Jip, Mmusi Maimane wil hê dat die woorde ‘ras transformasie’ en ‘demografiese verteenwoordiging’ in die DA se grondwet ingeskryf moet word, omdat hulle as ‘n ‘nog té wit’ party gesien word.

Gerrit ·

Gelukkig stem ons VF+ en die DA kan maak net wat hulle wil ek is klaar met hulle vir ewig.

Christa J ·

Kyk mooi wat DA se beleid oor aborsie is. Daarom kan ek my nie met hul waardes vereenselwig nie.

Alida ·

Dit is mos nou aandag soek. Doen julle werk waarvoor julle betaal word en leef jou leefstyl uit waar jy wil. Genade kla en kerm oor bollie! Gaan soek aandag op n ander plek asb.

Pieter ·

Ek lees laas week iemand sê n wit persoon wat in die volgende verkiesing DA stem sal ek sien en beskou as my vyand.Ek stem 100% daarmee saam.

ellis ·

gaan vir goud pieter. die vf+ was nog nooit op ons dorp se stembriewe nie. so ek gaan nie n stem op hulke mors nie.

JoeV ·

Nee Ellis, geen stem word gemors nie, elke stem word getel! Selfs die EFF sin!

Paul ·

Jan-Jan, waarteen die twee dit het is dat Mmusi Maimane wil hê dat ‘ras transformasie’ en ‘demografiese verteenwoordiging’ in die DA se grondwet ingeskryf word, omdat die DA gesien word dat dit ‘te wit’ is.

Sarel Strydom ·

Grawe hulle eie gat. Gaan dit agtermom met 2019 verkiesing

Basson ·

Mmusi M is op rekord waar hy gesê het dit is DA beleid dat ‘n wit persoon glad nie oorweeg moet word vir ‘n vakature, en dat ‘n swart kandidaat by verstek aangestel moet word.

Reguit ·

As jy wit is, dan is jy in die moeilikheid of jy is skuldig. En as jy jou gesig swart durf verf – dan is jy éérs skuldig. Selfs as jy jou gesiggie pers verf is jy diep in die moeilikheid. Jy mag nie wit wees nie en jy mag ook geen ander kleur wees nie. Jy mag nie wit lyk nie, en jy mag ook nie wit klink nie. Jy is mos altyd skuldig. So, daar!

Manie Strydom ·

Die Afrikaans se ouers het die np aangehang todat die leiers hulle uitverkoop het nou hang die kinders die da aan en raai wat met hulle gaan gebeur?

Marietjie ·

Wys maar net weereens dat die DA alles vir almal wil wees en op die einde niks vir niemand is. Belange vir elke groep moet aangespreek word en daarom stem ek vir VF+ Indien daar 20 VF+ Lede in die parlement kan wees, jaag hulle die EFF en ANC so dat hulle nie hul draaie gaan kry. Dr Pieter Groenewald is ‘n yster en veg vir ons omgee goete. So al die VF+ lede wat in portefeuljes dien. Bid dat ons meer verteenwoordiging kan kry. Tans lewe die wit DA Lede in ‘n oorlewingstryd wat te verstane is, want geld maak reg wat krom is….. Kry hul eintlik jammer, want almal se “posisies” is in gedrang. DA lede wat tans in Munisipaliteite dien, het reeds te kenne gegee dat dit hul laaste termyn as wit lede is. Hulle besef waarheen DA oppad is. Mense moet ernstig begin dink waar hul hul kruisies in 2019 gaan trek…..

Potlood ·

Dis Presies hoekom hierdie land sit waar dit is… Daar is geen fondasie nie… Jy kan nie vir almal gelukkig hou nie… Ek is ‘n Christen. My God is die enigste God en jy sal nie vir my oortuig dat enige ander afgod gelyk aan my God is nie. Wie nie vir Hom is nie, is teen Hom…
Daar is nie pers, goen, geel, bruin of rooi nie. Dis Ja, of Nee… Maak nou julle besluit en leef dan saam dit…

vissie ·

Dink hoe die da in bewind in die Kaap gekom het. Geflikflooi met Afrikaans en gelyke regte. Toe hulle die Kaap wen nou raak hulle ontslae van alles wat wit en Afrikaans is…kyk maar die da se strukture en wat hulle nou beoog. Wit en Afrikaans vry.

christa ·

ek sal beslis vir VF+ stem. Ek glo enige party moet hul seining op die Bybel as riglyk gebruik. Nee wat, die DA is ook uit. Nog altyd gedink mens moet vir jou eie ras stem.

Eish ·

Dit is werklik stof tot dankbaarheid dat die verkleurmannetjie se nuutste kleurwisseling ten aanskoue van almal afspeel. Verseker begin planeet ANC se gravitasie die meteoriet totaal van koers afdwing.

Lola ·

Hoe om jou naam heeltemal weg te smyt. Die DA gaan net aan en aan. ….. Nou is die EFF te verskriklik liberalisties vir hulle en hulle gee dit ‘n naam, fasisme. Ag jinne…..

Koos ·

Die DA lyk of hulle nou hard probeer om van die naiewe wit kieser wat so vasklou onslae te raak probeer sambokke hulle leef nog mer die np mentaliteit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.