DA het ‘die groot 5’ in sy visier

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het Saterdag gesê die party het sy oog op “die groot vyf” in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesings.

Maimane het gedurende sy besoek aan Potchefstroom in Noordwes gesê die party het vyf plaaslike regerings geteiken waar hy glo hy ʼn goeie kans het om óf sy voorsprong te vergroot óf by die ANC oor te neem.

“Die meeste praat oor Kaapstad, Nelson Mandelabaai, Tshwane en Johannesburg. Maar ʼn vyfde munisipaliteit waarvoor ons mik, is hierdie einste munisipaliteit hier in Tlokwe,” het hy aan die skare in Potchefstroom gesê. Hy het bygevoeg dat die DA die ANC verlede jaar in Nelson Mandelabaai en Tshwane onder 50% gedruk het en in Johannesburg die regerende party baie naby aan 50% gebring het. “En natuurlik hier in Tlokwe, waar hulle daarin kon slaag om slegs 51,8% van die stemme te kry – ʼn volle 20% minder as in 2004.”

Maimane het gesê die ANC se mees onlangse poging om te verhoed dat hy Tlokwe verloor, behels planne om die munisipale grense van die stad te verander om sodoende die DA se ondersteuning te verminder.

“Hul voorgestelde planne om die munisipaliteite van Tlokwe en Ventersdorp saam te smelt, het slegs een doel voor oë en dit is om die DA se oorwinning in Tlokwe te verhoed.” Hy het gesê die DA sal die planne vir samesmelting ten sterkste teenstaan.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bruno Stef ·

Maimane jy kan op jou kop staan en die “Kosie soek n leplek in Afrika ” deur jou tone fluit ek dink persoonlik dat die DA se onlangse optrede by NWU n goeie aanduiding is wat julle in die toekoms van Afrikaans in ons gemeenskappe dink.

Rynhardt ·

Ek het lanklaas so lekker gelag soos nou.Die DA se “nuwe Obama” wil “die groot vyf”in volgende jaar se munisipale verkiesings verower? Eerstens het die DA nog nooit die getalle gehad om die Anc te troef nie ! Die DA oftewel die tweede Anc was net gestig om Afrikaanssprekendes vir 21jaar te onderdruk, daarim weier hy om vir jare regstellende aksie aan te spreek, want saam met ouboet, die Anc word dit goedgekeur soos uitgespel in die vryheidsmanifes.Verlede het dit aan die lig gekom dat daar 72,5miljoen mense in SA is.Daarvan is ongeveer 4miljoen blankes! Daai 68,5miljoel onderateun die Anc.Selfs al gaan stem net die helfte daarvan, klop hul die DA ver! Selfs Rapport het hom vrek geskrik vir die syfers.Dit was die einste Maimane wat in 2014verkondig het (nadat Zille n 100miljoen agter sy verkiesinfsveldtogte gegooi het, wat kom van Ebgeland), hy gaan Gauteng verower; maar hy het op sy dinges gekry! Maimane het u dit vergeet? Op 11Mei 2015 kondig die “nuwe Obama” die volgebde aab:”We the DA use the Freedom Charter as basis for our party “.Dit wys duidelik dat die party is anti-Afrikaner! RSG en die SAUK sal weer die propaganda gebruik om volgende jaar se nuttelose verkiesing te bemark as wonderlik.Maimane, dit is beslis goed dat u lugkastele bou!

pop ·

Wanneer gaan die Afrikaanse mense besef daar sal nooit weer teruggekeer word na wat ons geken het 21 jr terug nie. Mmusi ek gaan vir jou stem. Ten minste is jy n beter opsie as ANC. En die Nuwe Obama genoemery is regtig baie simpel, Rynhardt. Kom tog reg!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.