DA het Msimanga ‘herroep’, beweer ANC

Solly Msimanga tree teen middel Februarie uit as burgemeester van Tshwane. Foto: ANA

Die ANC in Gauteng is in sy skik met die bedanking van Tshwane se burgemeester, maar sê Solly Msimanga is in werklikheid herroep.

Tasneem Motara, Gautengse ANC-woordvoerder, sê pleks dat die DA hom aanspreeklik hou vir sy mislukkings in die metro, “het hulle gemeen dis beter om [hom] te herroep en dit te laat lyk na ʼn bedanking”.

“Onder Msimanga se bewind het dienslewering in die hoofstad feitlik in duie gestort en het inwoners se lewensgehalte in gedrang gekom,” meen Motara.

“Solly Msimanga se nalatenskap is ʼn sukkelende munisipaliteit met meer vrae as antwoorde oor sy epiese mislukkings in sy kort tydjie aan die hoof van die stad.”

Motara sê “dit gaan die verstand te bowe, om die minste te sê”, hoe die DA kan meen hy sal beter vaar as premier as burgemeester.

“Van die skandalige aanstelling van onbevoegde en ongekwalifiseerde personeellede in die burgemeesterskantoor tot korrupsie in verband met onreëlmatige kontrakte en die voortdurende stryd met sy munisipale bestuurder, Moeketsi Mosola, het Solly keer op keer bewys dat hy bloot nie so ʼn verantwoordelikheid op hom kan neem nie.”

Die ANC in Gauteng glo Msimanga sal nie die mas as premier van die provinsie opkom nie. “ʼn Ingewikkelde stad soos Tshwane en ʼn selfs komplekser provinsie soos Gauteng verdien leiers met die vaardighede en ervaring wat net die ANC kan bied,” sê Motara.

Msimanga het Vrydag sy bedanking aangekondig en gesê hy tree uit om sy volle aandag toe te spits op sy kandidaatskap om ná die naderende algemene verkiesing die leisels in Gauteng oor te neem. Hy het gesê sy bedanking behoort teen die middel van Februarie afgehandel te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lientjie ·

En die ANC gaan nie eers agter as hulle “herroep” word nie, want hulle dienslewering is – – 000

Fryingfrog ·

Solly het ‘n verflenterde munisipaliteit by die ANC geërf. Wat hul oor 2 dekades afgebreek het, kan nie binne 2 jaar herbou word nie. Pretoria het meer as ‘n eeu geneem om die stad te wees wat dit is; dit het die anc net ‘n paar jaar geneem om alles af te breek. Die anc hoef hul nie te verheug, afleidings te maak of nou vingers te wys nie. Die anc behoort nie eens aan die verkiesing deel te neem nie vanweë hul korrupsie.

De Villiers ·

En dit kom van die ANC wat die meester is van die totale verval van alles in Suid-Afrika na 1994. Alles, die ekonomie, besigheidsvertroue, infrastrukture, internasionale aansien, lewenstandaarde en so kan ek voortgaan. Boonop word die ANC gekenmerk deur grootskaalse korrupsie, bedrog, staatskaping, nepotisme, wanbestuur en so kan ek ook voortgaan.
Die ANC het ‘n bankrot munisipaliteit wat besmet was met al laasgenoemde probleme in Pretoria aan die koalisie in 2016 oorgegee. In ‘n relatiewe kort tydperk het die DA dit redelik reggeruk, maar die ANC is vermetel genoeg om die DA te beskuldig dat hulle die oorsaak is van die probleme in die Metro. Hoe meer die ANC sulke belaglike uitlatings maak, hoe meer vertoon hulle hul eie kortsigtigheid en tekort aan integriteit.

Dries du Toit ·

So belaglik. Die absolute arogansie van die meesters van vernietigers wat nou beweer hulle kan beter regeer. Die hele land is totaal in chaos a.g.v die idiote

Johanna Botha ·

Anc moes zuma herroep het …kyk vie verval en gemors oral ?

Koos de Meyer. ·

Die klomp is die laaste wat kan praat. Hulle het als opgevoeter in ons land, so ook Pretoria nou praat hulle. Korrub in alle opsigte, nou hoop hulle seker om Solly se plek te vat. Waar die ANC is daar is ‘n gemors.

Francois ·

Die ANC was voorheen aan bewind en het die 7 Regions is ingebring in Tshwane as deel van transformasie ,dit het die gemors veroorsaak nou is daar duisende personnel aangestel waarvan die helfde of meer onbekwaam is en die DA leef nou maar saam met die gemors en doen niks daaraan nie.

Antie ·

.Al wat die ANC kon doen toe hulle aan bewind was in Pretoria, was om parties te reel met miljoene rande en verder niks te doen vir die inwoners nie

Challa ·

Ek dog skuif van burgermeester tot premier kandidaat is bevordering. Voorwaarts Solly , voorwaarts. Skuif Maak anc onrustig daarom benoude kommentaar

Haha ·

Kom bietjie Centurion toe en kyk hoe Solly en sy span ons area begin regruk het in hierdie kort tydjie. Die ANC het ons mooi dorp opgefoeter en ons is sterk oppad om weer ‘n goeie area te word.

Hansie Slim ·

Hoe kan Solly regmaak in 2 jaar wat die ANC in die grond in verwoes het.
Hoekom gee hulle iemand kans wat dit kan regruk nie… Maar dit sal steeds jare vat om die gemors uit te bestuur ?

Jan Alleman ·

Dis ‘n ou kommunistiese truuk om jou opposisie te beskuldig van dit wat jy en jou mede kaders skuldig van is. Nou weet ons waar mnr Motata sy opleiding gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.