DA hoes vir ‘leuens’ oor De Lille

Patricia de Lille en die DA is die afgelope jare reeds in verskeie regsgedinge gewikkel. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Die politieke party GOOD het Donderdag gesê die DA het “stilletjies” sowat R970 000 in regskoste betaal oor beweerde onwaarhede wat dié party oor sy voormalige partylid, Patricia de Lille, versprei het.

De Lille en die DA is die afgelope jare reeds in verskeie regsgedinge gewikkel.

Maroela Media het berig dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in April 2019 beslis het dat die DA die verkiesingsgedragskode oortree het toe die party werwingsagente opdrag gegee het om as deel van sy verkiesingsveldtog vir kiesers te sê De Lille is afgedank weens korrupsie in die Kaapstadse stadsraad. Dít nadat sy eintlik in 2018 as burgemeester van Kaapstad en DA-lid bedank het.

De Lille, wat sedertdien die GOOD-party gestig het, het destyds ’n klag by die OVK teen die DA oor dié bewerings teen haar ingedien. Hoewel die DA reeds voor haar bedanking vir De Lille van korrupsie beskuldig het, kon die party nog nooit dié bewerings staaf nie. Die DA het op sy beurt geappelleer.

“Die voormalige Kaapstadse burgemeester is herhaaldelik gedwing om die howe te nader om haar integriteit teen die leuens van die DA te verdedig,” sê Brett Herron, GOOD se sekretaris-generaal.

Volgens Herron was daar destyds geskille oor De Lille se aandrang dat bekostigbare behuising vir “swart en bruin mense” in die middestad en voormalige “slegs-wit-woonbuurte” gebou moet word om dit as ’n post-apartheid-stad te integreer.

“De Lille het eindelik op haar eie voorwaardes bedank.”

Herron sê voorts dat die Stad Kaapstad kort ná haar bedanking alle behuisingsprojekte wat De Lille beplan het, gestaak het.

“Daar is vyf ander naamskendingsake wat deur De Lille en ander kollegas aanhangig gemaak is waarin die howe nog uitspraak moet lewer. Dit hou verband met dieselfde tydperk en leuens.

“Leuens het kort bene, maar kan mense baie duur te staan kom.”

Die DA het nog nie op Maroela Media se navraag reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Althes ·

Brett Herron – ek wonder of dit ñ wyse besluit was om oor te loop Good toe.
Met Patricia de Lille wat nou ñ belangrike portefeulje het wat sy gekry het by ANC regering, twyfel ek of sy nog passievol gaan wees met n redelike klein party.
Jul moes maar jul probleme intern uitsorteer het in die DA.

SomeOne ·

van die eerste dag wat sy haar verskyning gemaak het as ‘n politikus was my gevoel ook so, of soos springhaas, van gat tot gat

Mariana ·

Dis hoe politieke partye te werk gaan. Maar ek het meer van die DA verwag, blykbaar was ek verkeerd.

Karen ·

En nou wil julle hê ons moet vir die DA stem? Al hoe meer korrupsie kom uit.

Andrew ·

Niks nuus van die DA. Hulle het die swart kaart in Musi gespeel wat toe nie werk nie. Toe hardloop hulle terug na die boere, ook gebackfire. Nou sit hulle is as met geen duidelike doel of idiologie nie, draadsitters. Musi en Juliaas ook nou hand om die blaas, almal op die Engelse marxiste se payroll.

Tokkel ·

Vrek mense, almal maak foute indie politiek, maar kan ons asb vir eenkeer in ons lewe vir dieselfde party stem?? kan ons saamstaan? ANC, EFF,BLF etc. almal staan saam, maar ons worry oor nonsens…Kom ons staan vir ‘n slag saam en maak SA weer die beste! Laat weet asb watter party is perfek en as jy nie stem nie, moenie saam praat nie..

Cherokee ·

Wel, as jy voorspreek maak vir die DA, dan sal konserwatiewes wat vir hulle stem, bereid moet wees om vir dìt wat ‘regstellende aksie’ genoem word, te stem. Moet stem dat blanke jongelinge oorsee moet gaan werk soek. Tussen die blankes is daar ook liberales en konserwatiewes, onthou. En mens stem soos jou gewete jou lei.

Antjiepat ·

net jammer ek vertrou nie vir De Lilla of DA nie… kyk maar mooi ou De Lilla se hart klop baie hard ANC

Johanna ·

Rerig…… ek gaan beslis nie weer vir die DA stem nie. Daar is al meer en meer geraamtes in hulle kassies.
Politiek is vreeslik. Elke ou wil net n vet salaris vir homself he. As die DA, rerig serious was oor die behoud van die Afrikaner sal hulle vir die WesKaap as Onafhanklike Staat veg met ALLES wat hulle het. Maar nee, dis weer n geval van elke party will sy brood aan alle kante gebotter he. Ons blanke mense is besig om ALLES te verloor net omdat politieke party leiers hulle eie ek persoonlik belanger eerste sit.. Geen DA meer vir ons nie.

Tewis ·

Vir almal wat die DA nou wil kruisig en nie vir hulle stem nie, nou vir Good of dalk vir die anc of eff stem vra maar net???

Jack ·

Sies DA. Net die anc kan wegkom met leuens. Speel asb die eerbare spel. Julle gaan stemme verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.