DA hof toe om SAUK te dwing om kongres uit te saai

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDie DA voer aan dat hy suksesvol was in sy hofaansoek om die SAUK te dwing om regstreekse dekking te verskaf aan die party se verkiesingskongres in Port Elizabeth die naweek.

“Die SAUK het voor regter Carelse toegegee dat hy nie ʼn saak het nie deur in te stem tot die DA se versoek,” het James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, gesê. Selfe het die uitkoms as ʼn “oorwinning vir demokrasie” bestempel.

Die party het die hooggeregshof in Johannesburg op die vooraand van sy kongres genader nadat hy glo meegedeel is dat die SAUK sy besluit teruggetrek het om regstreekse dekking van die kongres te verskaf.

Volgens Selfe het die DA die hof genader aangesien hy van mening is dat die geleentheid in openbare belang is. Selfe het gesê SAUK-hoofde het op 20 Maart onderneem dat SABC2 twee uur lange regstreekse dekking van die kongres sal verskaf.

Die DA se nuwe leier sal intussen Sondagmiddag bekend gemaak word. Sowat 1 425 afgevaardigdes van die party sal die naweek ʼn nuwe partyleier en federale voorsitter kies. Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, is die gunsteling om as nuwe leier van die DA oor te neem terwyl Athol Trollip, DA-leier in die Oos-Kaap, na verwagting as die nuwe federale voorsitter aangewys sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

J.Z ·

As dit nie wet was vir n SABC lesensie nie sou hulle lankal bangkrot gewees het,Behalwe Danksy die ANC wat ons belasting geld gebruik om hulle staande te hou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.