DA hof toe oor advertensiebord

Die advertensiebord. Foto: DA/Twitter

Die advertensiebord. Foto: DA/Twitter

Die DA gaan aansoek doen om ʼn dringende interdik nadat ʼn advertensiebord, wat die party in Port Elizabeth opgerig het, verwyder is.

Die DA het Donderdag ʼn advertensiebord met die woorde “Danny Jordaan met trots aan jou gebring deur Jacob Zuma” opgerig. Dit is kort daarna, glo in opdrag van Jordaan, verwyder. Jordaan is die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metropool.

“Jordaan het teen 17:00 Vrydag nog nie op die DA se aanmaning gereageer om die verbod op die advertensiebord te lig nie,” het Athol Tollip, die DA se burgemeesterskandidaat vir Nelson Mandelabaai, gesê.

“Die DA het geen ander keuse as om aansoek te doen vir ʼn dringende interdik teen Jordaan in die Oos-Kaap hooggeregshof nie.” Volgens Trollip het Jordaan onwettig opgetree deur die advertensiebord te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anny ·

Óf hy weet dis die waarheid en bang vir vervolging óf hy is so “needrig” hy wil nie sy naam aan die groot klok hang nie, hy glo het dit verdien. Eina!

Cherokee ·

Probleem is wanneer iemand soos Jordaan skuldig bevind word betaal die stad vir die skade en dit sluit DA’s in.

johann cb ·

Die burgemeester het dalk net ‘n skuldige gewete! Wat probeer hy verbloem?

Eliza-beth ·

Ek dink almal het in elk geval die boodskap gekry – of dit nou verwyder is of nie!

Maria van Dieweeck ·

Danny dit sou beter gewees het as jy die bord net gelos het. Sien nou gaan mense begin ondersoek hoe n swak sportafrigter in n burgermeester van so n belangrike stad verander!

TM ·

Nou baklei grootmense oor ‘n bord. Dit is so pateties. Hierdie ding waar iets opgesit word en dan net weer afgehaal word raak nou afgesaag. Ons almal weet wat aangaan en het nie borde nodig om dit vir ons te sê nie. Ons land sit met groot probleme maar ons leiers verkies eerder om modderkoekies te maak en mekaar daarmee te gooi. Mag ons leiers eendag groot word.

Cherokee ·

Dit is duidelik dat jy nie die mag van die pen ken nie. Borde soos daardie is deur FW & kie gebruik om die land weg te gee tydens die referendum. Borde soos daardie is deur die KP gebruik om die regsgesinde stem te verraai deur die HNP te opponeer. Borde soos daardie laat mense wat voorgee konsewatief te wees, vir regstellende aksie en grondhervorming stem by Zille se tafel.

Pendoring ·

Soos Cherokee sê; die mag van die pen. Al sit hulle nooit weer die bord terug nie, het die bord ‘n impak regoor die aarde gehad. Sosiale media gons daaroor, elke koerant skryf daarvan. Dis publisiteit wat beswaarlik nagedoen kon word met ‘n brief van ‘n leser in ‘n koerant. Al wat nodig was is een foto voor hulle dit afgehaal het. Mooi so DA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.