DA hof toe oor Trollip

Maimane en Trollip. Ayanda Ndamane. Foto: ANA

Die DA gaan vandag by die Oos-Kaapse hooggeregshof in Port Elizabeth ’n aansoek bring om die verwydering van Athol Trollip ongeldig te laat verklaar.

Trollip is Maandag as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verwyder en die UDM se Mongameli Bobani het hom vervang.

Mmusi Maimane, DA-leier, het Dinsdag in Kaapstad aangekondig die party gaan hof toe aangesien hulle van mening is die verwydering van Trollip is strydig met die Munisipale Strukturewet gedoen.

Volgens Maimane bepaal die wet dat die verkiesing van ’n speaker hanteer moet word deur die tersaaklike stadsbestuurder, mits hy teenwoordig en in staat daartoe is. In hierdie geval was die stadsbestuurder, Johann Mettler, wel teenwoordig en in staat om dit te doen, maar die Oos-Kaapse LUR vir plaaslike regering, Fikile Xasa, het ’n ander persoon afgevaardig om dit te doen, en volgens die DA se regsadvies dus onwettig opgetree.

Maimane het ’n sterk bewoorde aanval op die EFF en die UDM gedoen omdat hulle met die ANC saamgespan het teen Trollip. Hy meen die EFF was eintlik maar net teen oudpres. Jacob Zuma gekant, en dat teenkanting teen korrupsie vir sommige partye (hier klaarblyklik verwysend na die EFF) maar net so ver gaan as teenkanting van die korrupsie waarin hulle nie deel nie.

Volgens Maimane is hy en die DA steeds ten gunste van koalisieregerings oor ideologiese grense heen, maar kan die DA dit nie ten koste van basiese politieke beginsels doen nie.

Hieronder tel dat die EFF se redes waarom hulle teen Trollip stem is omdat hy wit is en omdat die DA nie ten gunste van onteiening sonder vergoeding is nie.

Volgens Maimane kan die DA nie politiek op grond van ras bedryf nie en sal die party teen onteiening sonder vergoeding bly, wat nie ’n munisipale kwessie is nie.

Maimane meen dit is die EFF wat die opposisie in die steek laat, nie anders om nie, maar het geen aanduiding gegee van skakeling op leiersvlak om die val van ander munisipaliteite in die hande van die ANC te keer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Haha ·

Ha ha DA. Die mat word stadig maar seker onder julle uitgeruk. Julle gaan dieselfde paadjie in Pta en Jhb loop wag maar. Soos jul leier tereg opmerk, Malema het maar net ‘n appeltjie te skil gehad met Zuma en noudat die weg is, is dit EFF teen wittes eerstens en DA tweedens. Dis hkm hulle by Trollip begin het. Hulle sal nou ander wit burgermeesters teiken (as daar is) en dan op Pta en Jhb fokus

zoom zoom ·

DA gaan dalk die hofsaak wen. Maar dan gaan daar weer mosie van wantroue gedoen word en dan gaan Trpllip weer verloor.

J ·

Tata DA. Julle het vir juself n groot gat gegrawe waarin julle nou besig om tydsaam in te val. Hello Vryheids front.

Vraagteken ·

@J, verduidelik gou asb vir die mense wat is die gat in PE wat hulle gegrawe het???

Die basis vir jou argument is nie baie goed nie.

Rynhardt ·

Kyk n mens na foto van Trollip en Maimane,dan spel dit n boodskap uit:Ek kyk so graag diep in jou oe!????????????????????

J van Rustenburg ·

Verloor het julle verloor Spaar ons maar die hofsaak en gebruik die geld en energie om ‘n paar stemme by te kry En as dit nie moontlik is nie maak maar vrede daarmee

Boiledfrog ·

Gaan hof toe DA. Om burgemeester te wees is ‘n betaalde werk met ‘n tydperk daaraan verbonde. Julle het goeie rede om kwaad te wees. As ‘n mens in ‘n koalisie is, dan bly jy lojaal aan daai koalisie. Selfs Trompie en sy Boksombende het dit geweet. Sterkte! Ek weet julle gaan die stryd wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.