DA-hoofsweep, nog 4 bedank oor De Lille

Patricia de Lille. Foto: Armand Hough/ANA

Shaun August, hoofsweep van die DA-koukus in die Kaapse stadsraad, het Donderdag tydens ʼn chaotiese raadsvergadering bedank ter ondersteuning van Patricia de Lille.

August het ook as raadslid en DA-lid bedank. Nog vier DA-raadslede, Siyabulela Mamkeli, Suzette Little, Greg Bernardo en Thulani Stemele, het ook kort daarna bedank. Die raadslede het aangevoer dat hulle nie langer die DA se behandeling van De Lille kan duld nie.

De Lille, burgemeester van Kaapstad, het vroeër tydens die vergadering harde woorde gehad vir haar kritici en politieke teenstanders.

“Ek het al vir langer as ʼn jaar kwaai aanvalle op my goeie naam verduur en steeds is mense van plan om my te vernietig. Ek het niks behalwe my onwrikbare toewyding aan die mense van Kaapstad gegee nie en die bewyse is in die massiewe steun van die mense reg oor die stad wat die begunstigdes van my verbintenis is. Dit is ʼn minderheid, maar party raadslede is daarop uit om my naam deur die modder te sleep. Maar soos ek voorheen gesê het, ek sal nie afgeskrik word nie,” het De Lille gesê.

“Wat die ondersoek en verslae van Bowmans [ʼn prokureursfirma] betref, het ek van die eerste dag gesê dat ek ʼn ondersoek verwelkom. Ek het my daartoe verbind om my volle samewerking te gee en ek het dit gedoen wanneer dit my beurt was om antwoorde in te dien. Ek het ook my kommer uitgespreek oor feitelike foute in ʼn vorige Bowmans-verslag wat in Januarie vanjaar by hierdie raad ingedien is. Tog het ek voortdurend met Bowmans saamgewerk.

Die DA-raadslede wat ter ondersteuning aan De Lille bedank het. Foto: ANA

“Laat ek dit nog een keer sê: Ek het jare lank korrupsie bestry en ek sal nie toelaat dat my goeie naam deur die modder gesleep word nie. My naam het in die land sinoniem geword met die bestryding van korrupsie en enige poging om die teendeel voor te stel sal tot gevolg hê dat ek veg vir my regte en ek sal voortgaan om dit te doen en om my naam in ere te herstel.”

De Lille het ook woedend gereageer oor ʼn vertroulike verslag wat uitgelek is en eers later deur die raad gedebatteer moes word.

“Dit is uiters onaanvaarbaar dat raadslede inligting met kwaadwillige voorneme uitlek om my naam te beswadder. Maar dit is niks nuuts nie. Ek sal nie breek nie en ek sal nie aan hierdie heftige en rassistiese boelie-taktiek deelneem nie. Ek behou my regte voor ten opsigte van enige bevindings, aanbevelings of gevolgtrekkings in die Bowmans-verslae,” het De Lille gesê.

Sy het bygevoeg dat sekere openbare verteenwoordigers selfs so ver gegaan het as om vals verslae oor haar van die ouditeur-generaal te versprei en dat dit dui op hul minagting van die ouditeur-generaal se kantoor.

“Ek sal binnekort strafregtelike aanklagte teen dié partylede aanhangig maak wat hierdie valse nuus op sosiale media gedeel het.”

Die DA het vroeër die week gesê ʼn forensiese verslag wat uitgelek het, skets ʼn donker prentjie oor De Lille se termyn as burgemeester van Kaapstad en dat dit op wangedrag aan haar kant dui.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hennie ·

Nee wat die DA is besig om ten gronde te gaan asgevolg van cowboy en mr right himself. Patricia goeie raad daar is goeie mense in die ander partye begin n nierasege party wat almal akkomedeer en julle vat die land vorentoe

Gareth ·

Ek se lankal die DA is besig om hom te vervreem van sy magsbasis en vergeet dat hulle in beheer is deur Patricia wat die “Kleurling” stem oorgebring het!Oral misluk hul samewerkings ooreenkomste so Tannie Patricia ons wag vir jou skuif,voorspoed

Reti ·

WAT GAAN AAN IN DA DAT HUL TOT SULKE LENGTES GAAN OM PATRICIA ONDER VERDENKING TE STEL. EK VERTROU HAAR EN EK GLO GLAD EN GEHEEL GLAD NIE SY SAL IETS DOEN OM HAAR GOEIE NAAM TE BESWADDER NIE.

Lukas van Zyl ·

Mmusi jy moet luister, jy gaan jou dinges sien sonder n spieël volgende jaar.

Al ·

Ek glo nie die DA sal so onnosel wees om de Lille aan te vat indien die beweringe teen haar vals is nie.
De Lille staan onversetlik vir haar onskuld.
Nou wie is reg en wie is verkeerd?
DA gaan groot skade optel, want die situasie ruk handuit – en op hierdie stadium is de Lille se stem harder as die DA s’n in die media.
Die regsfirma gee 2 botsende verslae uit – is hul onbevoeg?

MARTHIE ·

STEUN AAN DIE DA ONTTREK IN GUNS VAN ME. PATRICIA DE LILLE

Dries ·

Meningsopnames tot hede ten spyt – daar wag n Reuse ontnugtering op di DA na die 2019 se verkiesing…

Johann cb ·

Iewers móét daar tog meriete wees hoekom lede “blindelings” bedank! Wanneer gaan Jan Publiek weet wat gaande is?

JCskapie ·

Met alle respek gesê, ek verkies sy moet gaan, want sy is die een wat gesê het ons moet gewoond raak aan die PERMANENTE droogte en waterbeperkings. Is sy God om te weet dit sou permanent wees? Nee!
Ek sien swaarkry onder haar met ons water in die Kaap! Ja kry jou naam skoon as hulle jou belaster het en dankie vir jou diens Patricia, maar niemand regeer vir ewig nie, behalwe Jesus. Alles van die beste?

PJC ·

Miskien het die DA hieruit geleer dat ń mens meer kieskeurig moet wees oor wie jy in jou geledere verwelkom. Hulle gaan nog baie meer probleme van “Auntie Pat” kry voordat hulle van haar ontslae is en sal nog uitvind dat hierdie ń baie duur fout was.

Eddie Hulscher ·

Kyk hoe baie geld spaar die Kaap nou met hulle groot salarise.

Anoniem ·

Net gou vir Shaun Augustus se moenie ons witmense afskryf nie. Ek glo nie jy besef hoeveel witmense Patricia ondersteun nie. Ek self sal nooit weer vir n party stem wat n swart leier het want dit wys jou net hulle kan nie vertrou word nie. Jammer my swart vriende maar dit is hoe dit is uit die oog en jy word met n mes in die rug gesteek.

Speedguard ·

Die DA gaan die Weskaap verloor, dit is soos die voortrekkers, almal wil baas wees !

Jan Publiek ·

Eina. DA gaan hierdie een voel. Die skeidslyn tussen die ANC en DA raak al hoe dunner.

Alida ·

En wat as daar konkrete bewyse is? Die wst bedank is seker bang vir iets. Kom ons kyk wat gebeur.

Johanb ·

Die Da weet eenvoudig nie wanneer om die strydbyle te begrawe en die minste te wees nie. Dit lyk baie soos rassisme deur sommige raadslede.

Veters ·

Bowman prokureurs is vernaam vir onetiese werkswyse en omstrede verslae. Maatskappye huur hulle as hulle van ongewilde werkgewers onslae wil raak en moet ‘gaan soek’ vir oortredings. Glo my ek het eerste-rangse ervaring hiervan. Die feit dat die DA vir Bowman aangestel het hieroor sê baie. Hulle het dus verseker nie konkrete bewyse teen haar gehad nie en moes toe die onetiese roete volg. Dis net ‘sad’

Adam ·

Die DA is ‘n grap en indien enigiemand dink Maimane, De Lille ens ens is engele maak hulle ‘n groot denkfout. Dit geld ook vir die ander politieke partye se ampsdraers. Politiek is ‘n vuil spel en dit sal so bly. Ek het ‘n jaar gelede Maimane beskryf as die DA se Marthinus van Schalkwyk en daar het nog niks gebeur om my te oortuig ek was verkeerd nie.

Pieta ·

Miskien kom die DA nou agter waar hul werklike steun is en hou hul op om minderhede ter wille van die swart stem te vervreem.

Ore ·

Vraag is :indien DA werklike bewyse te DE lILLE het,waarom openbaar hulle dit nie? Gogga maak vir baba bang. Besef die mense nie dat hulle besig is met selfvernietiging nie? En natuurlik spring die ras kwessie uit die bos,as my anders kleurige vriende nie meer weet wat om te doen nie,spring hulle op die rasse waentjie.Maak ‘n verskil mense,julle bly deel van die probleem en nie van die oplossing nie.Is JP Smit onaantasbaar?Hy is immers die ou wat die kwessie begin het.Vir die DA stem? Wonder beslis

ursula ·

Patricia sterkte
die DA dink hulle is slim maar slim vang sy eie baas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.