DA-hoofsweep sterf op kantoor

Lorraine Botha (Foto: Twitter)

Die Wes-Kaapse regering en die DA het hul skok uitgespreek oor die skielike heengaan van Lorraine Botha (57), hoofsweep van die DA in die Wes-Kaapse wetgewer. Sy is Woensdagoggend skielik en onverwags op kantoor oorlede.

Botha word onthou as ʼn vriendelik en liefdevolle kollega, wat nie net deur haar eie party se mense hoog geag was nie, maar ook deur dié van ander partye.

Botha is in 2014 tot die Wes-Kaapse provinsiale parlement verkies en het gedurende haar tyd as die voorsitter van die staande komitees oor onderwys, maatskaplike ontwikkeling asook die premier en grondwetlike aangeleenthede gedien.

Sy het ook as koukusvoorsitter gedien totdat sy in Mei vanjaar as hoofsweep van die DA se Wes-Kaapse koukus aangestel is. Lorraine het ook as die DA-kiesafdelingshoof vir Bergrivier gedien.

“Sy het die mense van die Wes-Kaap met sorg en toewyding gedien tydens haar loopbaan, wat haar verkies het as komiteevoorsitter van verskeie portefeuljes, en meer onlangs as ons hoofsweep,” sê Alan Winde, premier van die Wes-Kaap.

“Dit is ’n rol wat sy aangeneem het met haar handelsmerktoewyding en elegante waardigheid.”

Volgens Winde was dit egter nie die eerste rolle wat Botha vir die party beklee het nie. Sy was saam met haar man, Johan, jare lank deel van die DA-span aan die Weskus, en het hard op grondvlak gewerk om die party te laat groei.

“Haar bydrae tot die DA, en tot Suid-Afrika en sy mense, sal altyd waardeer en onthou word.”

Botha se man, Johan, is Januarie verlede jaar oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Buks ·

Gaan niemand begin vrae vra oor al die onverwagse sterftes nie? Hoeveel mense is nou al dood wat jonger is as 30 jaar. Net omtrent n maand gelede is daar 2 vroue in ons dorp oorlede aan “hartaanvalle” albei binne dae van mekaar albei onder 40 jaar oud. Watvan die wat hartaanvalle kry onder 20. Daar gaan waarskynlik geen vrae gevra word nie want dis mos nie polities korrek om die entstowwe te kritiseer nie.

VaalDonkie ·

Hou aan met vrae vra en geraas maak totdat hulle MOET begin luister.

DJ ·

Ja dit is tyd dat ons oë oopgaan. Maar Maroela het onder andere my vrae wat ek vanoggend gevra het gesensuur.

Delia ·

Dalk moet die gebruik van Red Bull en al daardie energie drankies ook ondersoek word. Die pas an die lewe is vinnig, mense sukkel om by te hou en drink die goed om hulle aan die gang te hou.
Is daar niemand wat n studie oor dit kan doen nie

Christine ·

Ek het gelees die energiedrankies tas die niere aan wat jou gelydelik siekmaak tot jy op dialise moet gaan. Dis nie ‘n skielike ‘gister nog gesond en vandag op die grond’ dood nie.

piet ·

Twee fikse manne soos oud-Springbokke Chester Williams en James Small is op 50 oorlede aan hartaanvalle in 2019 (voor Covid). Niks gewoons nie, jonger mense sterf aan hartaanvalle al vir jare niks met entstowwe te doen nie.

VaalDonkie ·

Dis nie dat mense sterf aan hartaanvalle nie, dis HOEVEEL. Maar piet wil nie hoor nie. Waarom wil jy nie hoor nie, piet?

KatjieDeKat ·

Sometimes even 15 or 20 year old people just die, right out of the blue, these days. Well, for about the past Two Years.
They even have a name for this now, Sudden Adult Death Syndrome. Doctors are baffled.

André ·

Buks, die “media” gaan beslis geen vrae vra nie. Die waarheid is egter besig om ontbloot te word, of hulle nou daarvan hou of nie. Dis skynbaar vir hulle “normaal” dat gesonde mense eweskielik doodgaan. Ons kan maar net bid dat die families gaan aandring op lykskouings wat deur eerlike medici gedoen word… dan sal die poppe begin dans, en daar moet ‘n goeie poging aangewend word om die media by enige klagstaat te voeg. Hulle moet hul koppe in skaamte laat sak dat hulle nie die vrae vra wat gevra moet word nie.

piet ·

Gesonde mense gaan al vir jare “net dood”. Kry sommer ‘n hartaanval uit die bloute uit, dit het gebeur, gebeur nou en sal na 500 jaar nog gebeur.

VaalDonkie ·

Mense sterf al vir jare lank aan gewone griep ook. Maar COVID is erger want MEER MENSE sterf daaraan as griep. Netso met die aantal hartaanvalle wat toegeneem het die afgeloper 2 jaar.

Dana ·

Ek lees die kommentare en moet glimlag. Mense, die Here het ons geskape met ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf. Dus of jy Covid entstof ontvang het of nie, wanneer dit jou tyd is gaan jy sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.