DA hoop wetgewing kan verbruikers teen petrolprys beskerm

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Die Demokratiese Alliansie is van voornemens om wetgewing in te dien wat Suid-Afrikaanse verbruikers teen stygende brandstofpryse kan beskerm.

“Met finansiesminister Enoch Gondongwana se tydelike belastingverligting van R1,50 wat aan die einde van die maand verstryk, sal Suid-Afrikaners moontlik gereed moet maak vir ʼn verhoging van meer as R3,” sê Kevin Mileham, die DA se skaduminister oor minerale hulpbronne en energie. “Petrol kan tot soveel as R25 per liter kos teen die begin van Junie.”

Mileham sê alhoewel die DA dankbaar is vir Gondongwana se tydelike verligting, beteken dit dat wanneer die belastingverligting opgehef word, die verhoging ʼn groot impak sal hê op lewenskoste.

“Die armstes van die armes sal die ergste hierdeur getref word – vervoerkoste gaan styg en kospryse en ander basiese benodighede gaan weer styg. Hierdie pryse gaan ook nie op en af soos die brandstofprys nie. Suid-Afrikaners sukkel reeds om kop bo water te hou en werkloosheid is op die hoogste vlakke ooit.”

Die DA doen ʼn beroep op die minister van finansies om met sy belastingverligting voort te gaan en om seker te maak dat die hersiening van die brandstofprys geprioritiseer en so vinnig as moontlik afgehandel word.

“Die DA beplan intussen om ʼn Wetsontwerp vir Privaat Lede in te stel om deur wetgewing die deregulering van die brandstofprys te verseker. Dit sal mededinging aanmoedig tussen groothandelaars en kleinhandelaars. Die wetsontwerp sal ten doel hê om die verbruiker teen buitensporige prysverhogings te beskerm deur die basiese brandstofprys te ontkoppel van regeringsbelasting en heffings en bykomende marge wat deur handelaars gebruik word.”

Mileham sê die DA waardeer die tesourie se ondersteuning vir ʼn gedereguleerde brandstofprys en maan minister Gondongwana om met die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, te vergader wat in die pad staan om die publiek op só manier te beskerm. “Die ANC kan nie voortgaan om ideologie bo die welstand van Suid-Afrikaners te plaas nie. Voortgesette verhogings in die brandstofprys sal ekonomiese herstel kelder en verbruikers se rûe breek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Waarnemer ·

Waar gaan dit eindig?Diesel is n paar dae gelede op met 98c.Ons kan nie meer nie.GENOEG IS GENOEG!!!Dit raak nou regtig tyd dat hierdue huidige regerings amptenare in die bek geruk word.

Staal ·

Ja, en dit is ironies dat ‘n liter petrol in Rusland maar 50 Roebel( ongeveer R10) kos!!!

Blom ·

En wat van die diesel prys, ons betaal deur ons ore vir diesel. Al die vragmotors in SA gebruik diesel en nie petrol nie. Daar moet daarna ook gekyk word.

Sakkie ·

Ek het net een simpel vraag: “Waarom aanvaar die Taxi bestuurders so stil-stil die verhogings???? Vergoed die ANC hulle op ander manier????”

Grassie ·

Die onnoselikhede wat die ANC-regering met die land se geld aanvang is onbegryplik. Dink maar aan die R50 miljoen vir Kuba en R22miljoen vir ‘n vlagpaal waaroor MM onlangs berig het. En dit is maar net die kleingeld. ‘n Mens hoor omtrent daagliks van grootskaalse misbruk van die tenderstelsel en uitspattige partytjies wat vir “hooggeplaasdes” gehou word. Wie van ons gewone landsburgers se werkgewers betaal vir hul werknemers se etes? Mijoene, miskien miljarde rande? Dit gebeur net as niet iet geword het. Rampe soos onbetaalbare brandstofpryse sal net verhoed kan word wanneer hierdie komp selfverrykende en korrupte regeerders uit die kussings gelig word.

Skaduwee ·

Solank hulle staatsubsidie en verniet vervoer kry sal die prys van brandstof styg. Betaal hulle ‘n gewone man op straat se salaris en eie vervoer dan praat ons weer.

Mike Pretoria ·

Jare gelede was daar ‘n heffing by die branstof prys gesit om Sasol te finansier. Sasol sou uiteindelik vir Suid Afrika van brandstof voorsien. Huidiglik maak Sasol fenominale winste en die brandstof wat hulle baie goedkoop produseer is ‘n byproduk. Hoekom betaal ons dieselfde prys vir Sasol brandstof (lokaal vervaardig) as ingevoerde brandstof ?? Ons word deur die regering uitgebuit en word soos skape na die slagplaas gelei !!

Jack ·

Natuurlik stuur taxi eienaars hul brandstofstrokies in en eis subsidies daarop. Die geldstroom moet net gevolg word. Die taxibedryf is soos n melkery elke liter word getap rotdat die koei droog is

Leon ·

SA koop gewoonlik sy olie by Saudi Arabia, Kongo en Nigerie, hulle olie is nogsteeds onder $110 n vat en as Indie onder $100 n vat Betaal vir Russiese olie kan ons seker dieselfde doen. Die DA gaan niks regkry nie. Hulle is net so nutteloos soos die ander. Die DA is meer gepla met Kiev as ons land. Why doesn’t J. Steenhuysen spend a week in one of South Africa’s townships for a photo shoot? The SASSA grant for April has not been paid to ten million people due to o regulation changes en met die ZEP is daar meer Zimbabweers in ons land as wit mense. ESKOM sukkel nou al meer as tien jaar en die krediet kaart is leeg. The damage is done! The late Winnie Mandela said years ago we will bring this Country to it’s knees and so they have chopped the legs off permanently above the knees. Let us not forget about the dams in Nelson Mandela bay that are empty.
All our politicians are absolutely delusional about reality with their standby generators working over time at home!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.