DA hou nagwaak in protes teen plaasaanvalle

Argieffoto: Reint Dykema

Die DA in Noordwes sal Woensdag ʼn nagwaak by die polisie se provinsiale hoofkantoor in Potchefstroom hou as oproep dat die landelike veiligheidseenhede heringestel moet word.

Joe McGluwa, die DA se provinsiale leier, sê die nagwaak is in solidariteit met boere en plaaswerkers wat aangeval of vermoor is. “Ons herhaal ons oproep dat die landelike veiligheidseenhede weer op die been gebring moet word,” het hy gesê.

Hy het verwys na die aanval op ʼn vrou Dinsdag op ʼn plaas in die Makwassie-gebied net ʼn dag nadat die party versoek het dat die veiligheidseenhede weer ingestel moet word. “Dit is die tweede plaasaanval net sedert die naweek in die provinsie,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is helder oordag in haar plaashuis oorval. Sy is erg aangerand, met haar eie motor ontvoer en vermoedelik verkrag. Die aanvallers het met selfone, kontant, juweliersware en vuurwapens op die vlug geslaan. ʼn Verbyganger het die vrou later vasgebind in haar motor langs die pad aangetref.

McGluwa sê afgesien van die vlaag plaasaanvalle, is die getal veediefstalvoorvalle net nog ʼn wekroep dat landelike veiligheidseenhede noodsaaklik is. “Dit is skokkend dat die meeste plaasmoorde by die slagoffers se huise plaasvind en dit is dan geen wonder dat die mense van Noordwes nie meer in hul eie huise veilig voel nie,” sê hy.

“Ons gebede en gedagtes is by die familie, vriende en landelike gemeenskappe wat deur hierdie brutale misdade geraak word.”

Hy het gesê DA-strukture oor die hele provinsie sal die nagwaak ondersteun deur gebedsbyeenkomste en kersligseremonies voor hul plaaslike polisiestasies te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Vonkprop ·

Waar was die DA die afgelope paar jaar met al die ander boere se moorde. Het die verkiesing dalk iets te doen met julle skielike besorgdheid?

ertjie ·

Presies dit. En nou dat plaasaanvalle al hoe meer internasionale aandag geniet. Nou wil hulle die kwessie kaap vir hulle eie patetiese politiese gewin. Die DA het letterlik nul versiendheid nie. Hulle spring net elke keer, na die feit, op die wa van dit wat die huidige tendens en gewild is. Geen waardes, geen visie, geen ruggraat.

Antionette ·

Presies wat ek wou se. Hoop SA mense is slim genoeg en kyk deur hulle planne. Sowaar mag die Here julle lei met hierdie verkiesing want die verkiesing gaan baie belangrik wees vir die behoud van die wit Suidafrikaner. Ons wat nie meer in SA woon hou julle in ons gebede…

Daan ·

Die Sowetan is nie die regte plek om van die VF++ te lees nie. Netso as jy net Maroela Media lees gaan jy min van die DA lees. Net omdat jy nie van dit lees nie beteken nie dit het nie gebeur nie.
Die DA spreek hom uit oor plaas moorde en oor baie ander dinge.
Dit lyk net of die meeste kommentators klaar besluit het wat die DA sê en nie sê nie.
Wat is die kleur van die 2018 Rugby reël boek. As jy dit nie weet nie moet ook nie oor rugby kommentaar gee nie.

RG ·

Ja, DA is in vir ‘n verrassing by die stembus en nie ‘n goeie een nie.

Skote Petoors ·

Duidelik ANC tipe mentaliteit – dis verkiesingstyd en nou smeer ons jam.

KrokodilBotha ·

Sparkplug jys reg. Die DA se alie op koue toast. Kersies voor die Polisie stasie help bokkerol. Dis n siek reklame poging

kobus ·

Net voor die verkiesing.moet nie val daarvoor nie ons almal gaan weer terug vf+ toe.asb

Jj... ·

Kobus ek HOOR jou
…. maar FF+ is 2.2% van die stemme?
Hoe gaan hulle iets doen?…

Geen sarkasme… ek vra net…

Carel ·

Jj, jy kan die VF Plus groot maak. Jy en ons almal wat soos ons dink en voel maar tot op hede die DA sterk gemaak het en hulle het ons stemme gebruik om te gunste van regstellende aksie en BEE te stem. Hulle gebruik ons stemme teen ons. Die VF Plus is tans kleiner maar verrig meer. Kyk maar na die toesprake, optredes in komitees suksesse wat hul behaal met die bonusse aan Transnet pensioenarisse. Tans regeer die VF saam met ander partye in Pretoria, Johannesburg, Stilbaai ens. Dus kan jy die party van jou keuse sterk maak

ZAR ·

Meer stemme beteken meer setels in die parlement waar hulle veg vir die afrikaners wat so verstoot word. Meer stemme beteken groter persentasies by munisipale verkiesing wat koalisies kan bevoordeel om seker te maak dat ANC minder dorpe en stede regeer, koalisies beteken dat die afrikaners ook ‘n sê het en kan teen iets stem as hulle nie saam stem nie. Die DA gaan nie wen nie, miskien nooit nie, hulle begin ieg meer soos die ANC lyk by die dag, maar as al die afrikaners saam staan onder een politieke party, dan kan ons ook gehoor word. Dis hoe ons ‘n verskil kan maak.

GRIET ·

?? JAAAA….JJ…VRA ÉK ÓÓK MET TRANE IN MY OË❗❗❗

Magda ·

Hulle sal net 2.2 bly as ons nie stem nie – almal begin onder en ek dink dat die VF hulle self bewys het en verdien ons almal se stemme. Stem asb VF – Die DA is nie sleg nie maar staan nie vir ons Wit mense nie, al wil hulle dit voorgee. of ek sit die pot heeltemal mis.

ZAR ·

Jy is heeltemal korrek Magda. Die DA speel die vuil politieke spel van identiteitspolitiek. Hulle speel by die reëls van die ANC en EFF om swart stemme te werf, dan het hulle alreeds aanvaar dat hulle wit stemme gaan verloor, en dink dis goed so. Ek stel nie belang in kleur nie, maar in waardes. As jou leier op die podium staan en praat van “white privilege” dan weet jy hy kyk na jou velkleur en nie na jou as individu nie. Ek het geen belangstelling om te stem vir ‘n party wat teen my vel is nie net met die hoop dat hulle sal verander as hulle sal wen nie. Ek stem vir dit wat hulle sê en doen, in die verlede sowel as in die hede en aanvaar dis hoe dit sal wees in die toekoms.

bolla ·

Watse 2,2% praat julle van? VF+ het in 2014 slegs 0,9% stemme gekry.

Petertjie ·

JJ, die DA hou aan om die leuen te verkondig dat slegs die groter partye iets gaan regkry. Ek wil jou aandag daarop vestig dat ons in ‘n proporsionele demokrasie staan. Wat beteken my stem vir die VF+ word nie gemors nie. Die proporsie mag miskien klein wees, maar dit beteken daar is steeds iemand om die regering the herinner dat ons as blankes ook daar is. As ons daardie stem op die DA mors omdat ons tog net saam met die groter party wil wees gaan ons soos sittende eende wag vir die doodskoot. My stem maak wel die VF+ sterker. Onthou ons “opposisie” bestaan ook tog maar uit ‘n veelparty alliansie.

Werner ·

G@tkruip uit die boonste rakke gelukkig stem ons nie almal DA nie ons kan vir ons self dink

Johann ·

Wat n KLAP in die gesig van die wat vermoor en verniel en verkrag is oor JARE!!!! En nou kom n VERKIESING FOEFIE deur die DA???????? SHAME ON YOU!!!!!

Gert ·

Mooi DA! Julle verstaan hoe werk dinge! Kort voor die verkiesing moet ons maak of ons omgee vir Afrikaners! Doen so voort, hulle sal weer in miljoene vir ons stem!

At ·

Vals poging net om stemme te melk. Asseblief, moenie hiervoor val nie.

BlinkStephaans ·

Nee jammer DA… julle gebruik nou dit wat die siel van ons mense aanval om stemme te werf/behou… dis eintlik siek hoor… im nou hier kort voor die verkiessing dit te doen… waar is julle al die ander dae wanneer ons mense vermoor en verkrag word. Vlieg in julle kas in… julle bedryf goedkoop politiek nes die anc en eff. Ons is nie breindood en blind soos die deursnee kieser. Jammer maar julle sal bietjie meer as dit moet doen om denkende mense se stem re kry.

Cherokee ·

…om denkende mense se stemme vir die DA te kry? Duidelik denk jy nie mooi nie.

Keuses ·

Ek weet ek kry nou seker weer vals hoop…maar elke bietjie bewusmaking help. Glo dit sal ander media platforms bereik?

Pat ·

DA kruip nou vir stemme geen werklike simpatie met wat gebeur nie. Net so skelm en agterbaks as Anc. Boere en Afrikaners sal n ander strategie moet volg vir oorlewing kan nie deur politici kom nie hulle is almal te lekker op die sagte kussings en salarisse. Wat doen DA in munisipaliteite – niks die pay is te ok. Ons is op ons eie en sal daarvolgens eerlike mense moet kry

Cherokee ·

Enige een? Enige VF+ of enige optog? …bolla soos jy sê.

Petertjie ·

Bolla, die VF+ verander nie hulle kultuur na die van ‘n 3de wêreldse land van optogte en protesaksies nie, maar doen daadwerklik iets deur met partye wat wel iets kan doen, ingesprek te tree. Hulle DOEN en praat nie net nie.

bolla ·

Die DA het hulle al hoeveel keer in die verlede uitgespreek oor die afskaffing van die veiligheidsstelsels op plase en plaasmoorde. Die probleem met julle kommentators hier is dat julle oningelig is en net Maroela lees.

Cherokee ·

So dit is oningelig om te sê as jy DA stem, stem jy daarvoor dat bevoegde blankes oorsee moet gaan werk en dat velkleur die hooffaktor moet wees by aanstelling van mense in leiersposisies. Oningelig om te sê as jy DA stem, stem jy vir grondhervorming. – ‘bolla ‘ is baie beskrywend.

bolla ·

Die DA ondersteuners weet waarvoor hulle stem. Ons weet dat die ongeregtighede van Apartheid aangespreek moet word en daarom ondersteun ons die beginsel van regstellende aksie en BEE (maar is ontevrede hoe dit toegepas word). Die VF+ ontken enige benadeling as gevolg van Apartheid en daarom is hulle die enigste party in SA wat nie hierdie beginsels ondersteun nie (want niks het mos gebeur nie, Apartheid was oukei volgens hulle). Wat betref die grondkwessie is die VF+ en DA se beleide dieselfde. Albei gekant teen grondonteiening sonder vergoeding maar nie teen grondonteiening as sulks nie.

Cherokee ·

My vrou en ek stap nou (20 minute gelede) terug vanaf uShaka waar ons die aand in ‘n restaurant gekuier het. Mense in blou klere stap heen en weer op die strand en by uShaka. Hulle praat nie met mense (so ver ek opgelet het nie) maar maak hulself sigbaar. Dit is die DA wat skielik meer sigbaar as ooit is maar steeds sprakeloos. — Ons het nat gereën in ‘n onverwagste donderstorm met die terugstap.

Veronica ·

Die DA het hom verskeie male teen plaasmoorde uitgespreek. Daar word nie altyd ‘n ophef van gemaak, want die media is selektief in hul plasing. Gebruik egter jou Google applikasie. Gaan ook na die DA webwerf. http://www.da.org.za

Alida ·

Ek verstaan julle nie as die DA niks doen of se nie doen hulle iets kka julle! Wat de hel wil julle he? Stem DA dis ons enigste kand.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

EK SAL OOK NOOIT NOOIT ONSE OU VOLKIE VERSTAAN NIE ALIDA…??DWARSTREK SAL HULLE DWARSTREK…
KERM SAL HULLE KERM…
KRITISEER SAL HULLE KRITISEER …
EN MET 2% STEMME WIL HULLE Ñ VERSKIL GAAN MAAK BYDI STEMBUS…OMW!!!!????

Sê maar net 1 ·

Jy bedoel seker enigste kans Alida. Soos om ja te stem in 94 ons enigste kans was.
Ek weet Wie is my enigste kans. Danie tig dis nie die DA nie. Môre voel die DA weer anders

Johan H ·

Solank daar een ou oorbly wat omgee vir Afrikaans sal ek vir hom stem. Die VF+ is tans die enigste party wat vir Afrikaans intree. As almal wat VF+ en DA stem, hul stem uitbring. kan hierdie partye in koalisie regeer en die uitwasse van eenpartyregering stuit. Die VF+ sal nooit regeer nie maar hulle is daar en neem deel en beinvloed. Ek sal nooit DA stem wat Afrikaans en die Afrikaner telkens in die steek laat nie. Trouens ek ervaar hul hatig teen Afrikaans en die Afrikaner. Ons is hier en moet gehoor en gesien word. Ons durf nie, nie gaan stem nie. Die twak rondom een sterk opposisie party moet end kry. Koalisies werk regoor die wêreld. Dit is al manier hoe minderhede ‘n sê het en sake kan beinvloed.

Nel ·

Jammer DA maar soos die spreekwoord lui is dit ‘n geval van ‘too little too late’, maar nice try, gehoor.

Johannes F ·

Belaglike verkiesingsfoefie van die da.
En nagwaak beslis nie deel van my opvoeding/kultuur nie.

Luca ·

DA julle onderskat die boere se intelligensie.
Ek stem eerder AND Dan weet ek presies waar ek staan.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

EK SAL OOK NOOIT NOOIT ONSE OU VOLKIE VERSTAAN NIE ALIDA…??DWARSTREK SAL HULLE DWARSTREK…
KERM SAL HULLE KERM…
KRITISEER SAL HULLE KRITISEER …
EN MET 2% STEMME WIL HULLE Ñ VERSKIL GAAN MAAK BYDI STEMBUS…OMW!!!!????

Carel ·

Liewe genade tog, ek wonder of jy weet wie Pretoria regeer? Weet jy wie Hessequa regeer? Dit is koalisieregerings waarvan VF deel is. Weet jy dat in Hessequa die DA en ANC gelykop het en die VF bepaal wie regeer. 2% kan ‘n massiewe verskil maak. Die EFF het 6% en hulle het geslaag met mosie oor onteiening sonder vergoeding en om Zuma te verwyder

Sanet ·

Haaahaaaa…dis die BOEREwysheid wat wil koningkraai,op eie mishoop…ou BOLLA!!!
Geen salf te smeer aan hulle nie!
JAAG TERUG OP Ñ OSSEWA,DIE VERLEDE IN MET 2% stemme !!!!!

bolla ·

VF+ het in 2014 0,9% van die stemme gekry. Ek weet nie waar die 2% storie vandaan kom nie maar dit lyk vir my erg oordrewe en boereverneukery.

Frik Lotz ·

Nou skielik voor die verkiesing het die DA baie te se oor plaasmoorde. Nee wat DA, die mense glo jul nie meer nie en val.nie meer vir jul truuks nie. Enigste party wat nog altyd aandag gegee het aan plaasmoorde is die VF Plus. Dis tyd dat almal VF Plus stem en die party groter en sterker maak.

bolla ·

Gee vir ons voorbeelde hoe die VF+ aandag gee aan plaasmoorde (benewens dit noem so nou en dan in die parlement). Noem sommer die optogte ook wat hulle al gereel het.

ANA ·

Jaaa…siestog…en so is dit met elke verkiesing
Gaan staan vir ure lank ini ry om tog net bydi stembus uit te kom
Dan word ons minderheid skoon weggevee deur die mega massas
Na 20 jaar het ek nog geen verbetering of vooruitgang gesien nie
Wat my laat besef,geen mens, geen politieke party kan ons geliefde land en ons blanke basvelle meer red nie en ook nie die vf+ met hulle geweldige sterk 2% nie,allermins
Dalk moet ons ophou stry en baklei ophou politiek in almal se kele afdruk en net weer terugkeer na ons Vader,wat in Beheer van áls is en nie ‘mense’ nie

Judge Dredd ·

Ons Vader het die mens verstand gegee en gebruik ook mense om verandering te bring – so om net daar in ‘n hoekie te sit en te verwag dat die Here alles vir jou moet doen gaan ook nie werk nie.

Waarheid1 ·

Die DA is in koalisie met die eff.
Die wat vir hulle stem stem teen hulself en moet hulle koppe laat lees.

Piet kokewiet ·

Ek stem ons kan Vf+ groei net soos ander partye groei kan Vf ook. Ek was DA mar val ook nie mee vir hulle trieks nie.

Louwboepens ·

Ek verneem Pieter Marais is die VF+ se Premierskandidaat in die Weskaap.Kan `n kenner dit asseblief bevestig en sommer ook hoeveelste hy op die Nasionale en Provinsiale lyste van die VF+ is,Van watter Marais stam hy af?

Annette Steyn ·

Die kommentaar bly dieselfde, elke keer as die DA iets oor plaasmoorde sê of doen. Ons het aan swart Vrydag deelgeem. Mmusi het op Nampo gepraat en krans gelê. Ons het saam met Afriforum aan optog deelgeneem, by hofsake betoog oor landelike veiligheid, Elke keer dieselfde storie, nou eers doen die DA iets. Doen jouself ‘n guns google DA oor plaasmoorde en sien self. Ons het nog altyd probeer om dit nie polities te maak omdat slagoffers dit gevra het. Blykbaar is dit nie die regte strategie.

Riaan ·

Gaan aan en leef in fools paradise as dit jou gelukkig maak!

Jakkals ·

Nou ewe skielik wil almal VF+ stem, waar was julle die afgelope paar jaar? As julle toe al VF+ gestem het kon ons dalk al n verskil gemaak het… skande!

TDW ·

Ek was een van die oningeligtes wat geglo het ek moet vir die party stem wat kan wen anders gooi ek my stem weg. Ek is nou wyser en besef dat die DA nie kan wen nie, want die ANC sal nooit sy tuig neerlê nie en dat ek moet stem vir die party wat my waardes weerspieël sodat ek ook ‘n stem in die parlement het. Die DA is nie lief vir my vel nie en het my heeltemal vervreem. Dis nou die VF+ vir my. Liewer laat as nooit.

Andrea ·

Ek het op n stadium ons DA raadslid per epos gevra waarom is dit dat die DA hom nie uitspreek teen plaasmoorde nie. Sy antw was om n gesant oodrag te gee om my te antwoord. Met die volgende sin: ‘ Antw tog die vrou, asb. Ek weet nie waarvan sy praat nie’. En ekt nogsteeds nie n antw vanaf die gesant gekry nie. Miskien is hul huidige reaksie nou die antw op my vraag! Vyf jaar later…

Callie ·

My hart is rou, stukkend. Die boere nasie het sy rug gekeer op mekaar, op hul volk en grootste van alles op hul GOD. Hulle laat ramaphosa lag, soos hy dit gestel het, wittes sal niks doen nie want hulle is te bang om te verloor wat hulle het. Die witte se skatte op aarde keer dat hulle saamstaan. Ons gaan vernietig word en die laaste twee sal nog stry oor wat om te doen. Is daar n wonderwerk wat kan red. NEE want ons sal nie saamstaan nie

ANNA ·

Yipppp….ou Callie…?
n Nasie wat al uit voortrekkerdae uit sal verskil van mekaar,in 100 klein groepies sal VERDEEL en elke haan kraai koning op sy eie mishoop en word UITGEMOOR!
Ennn dan Nat en Sap hulle weer, dan HNP+KP hulle weer…dan DA en VF+ hulle weer…NOG STEEDS 100 jaar later maar SAAMSTAAN AS EEN…AÍKÔNA! ?

TDW ·

Dis frustrerend ek weet, ek is al jare besig om te probeer om almal bymekaar te kry, ons mense is (verstaanbaar) negatief oor alles. Maar ek doen darem my deel om die volk bymekaar te hou, wat doen julle? Julle praat van mense wat op hul eie mishoop koning kraai, maar hier kom julle en sit op die ashoop en kla, “hoekom probeer as jy klaar verloor het” sindroom. Dit help net so min. Word deel van jou gemeenskap. Ondersteun mekaar. Mense is negatief in ‘n land wat hulle vervloek, en het positiwiteit nodig. Jy kan ‘n verskil maak.

ZAR ·

Ek stem saam tdw ons het meer positiwiteit nodig, ons moet mekaar help om tot by die wenpaal te kom.

Chrisjan ·

Bolla, wat vir my die grootste bolla is van die DA en waarom ek al jare nie vir hulle stem nie (en ook nie vir VF+ nie) is dat die DA bolla voel vir iets wat vir my ononderhandelbaar is. Die DA ondersteun aborsiewette en sorry my ou, daarmee kan ek myself nie verteenselwig nie. Maar dit weet jy seker – jy klink vir my na een van die min mense wat vreeslik goed ingelig is.
ACDP enigste party (dit sluit V F+ in) wat Israel openlik en sonder skroom ondersteun.

Carel ·

Die VF is ook gekant teen aborsie en ondersteun Isreal openlik. Kyk na hul mediaverklarings en toesprake. Hul het verlede jaar in vele toesprake aktief in die parlement teen die ANC se beleid rakende Israel baklei. VF is enigste party (Acdp ingesl) wat teen nuwe strenger BEE en regstellende aksie wette baklei en gestem het

Marietjie Blignaut ·

Chrisjan…ACDP stel ongelukkig alle godsdienste en gelowe gelyk. Moslem, Boedha, en Voorvadergees aanbidding. Vir my is daar slegs een (1) God naamlik God Drie Enig.

Pop ·

Dankie DA. ongelukkig is die meerderheid mense op hierdie forum nog steeds in die verlede en dink hulle net wit lewens tel. Wat van die 60 plus ander mense wat DAAGLIKS vermoor word. Ons leef in n oorlogsone en julle mense worry oor wie vir wie stem. Kom asb by. Hordes anded qord ook vermoor, maar niemand gee om nie. Ten minste het die DA probeer!!!.ek skaam my soms so vir ander wit mense !!!

Riaan ·

Wees eerder skaam dat jy jou rug op “wit mense” gedraai het deur da te ondersteun!

grotman ·

Nee wat ek gee die jaar eerder my stem vir n party wat my belange op sy hart gaan dra en raai wat dis die jaar glad nie die DA nie .

Vra net ·

Die DA se onderrok hang uit. Het voor gedans toe die juffrou van Schweizer-Reneke verguis moes word. Na hulle op hulle fout gewys is van vals beskuldiging het nie een DA lid nog ooit om verskoning gevra nie. Of het een? Nou is hulle weer besig met die volgende reklame foefie, DA, go away!

Skrikwakker ·

Bly om te sien mense begin besef die DA is net n vrot smoke screen . VF+ is n beter opsie .

Devill ·

Hou verby DA! Julle virtue signaling maak my siek!
Julle het die Afrikaner verraai!
VF+ gaan 4% hierdie jaar kry!!!!!

Db ·

Mense gaan sit en dink vir watter party julle wil stem. Laat jou gewete jou lei want aborsie is moord en hoe gaan ons verantwoording doen met die Groot Oordeel as ons daaraan deel het? Gaan daar gehakkel word en verskonings aangebied word. NEE – geen christen kan stem vir iemand wat onskuldige babas vermoor nie want jy sal ook voor die Regterstoel verskyn om te antwoord hoekom het jy deel daaraan gehad. Die partye wat teen dit is maak nie ‘n duik in hierdie korrupte wesens nie maar kan jou stem miskien van daardie onskuldige mensies red. Gaan sit en dink mense en dan gaan stem julle. Vergeet van BEE ens. ens. en kyk waarvoor hierdie wesens staan. Die party wat my beginsels en gewete verteenwoordig sal my stem kry en weet ek dat God gaan ingryp om hierdie wrede optrede van die regering een of ander tyd te stop. Miskien nie in my leeftyd nie maar onthou die Bybel sê dat tyd by God nie bestaan nie – slegs die eindtyd waar almal sal moet antwoord oor die bloed op hulle hande. Dink mense dink

Net Ekke ·

Nee wat, beslis net n skielike poging om stemme te werf. Ek het nog altyd D.A gestem, maar beslis nie die jaar nie., en V.F+ sal nooit die paal haal nie.
Dus, vir wie gaan ek stem? …… Niemand, dan kan ek nie kla oor ons land wat so gemors is nie.

Stem DA ·

Stem DA. Dit is die enigste rasionele en nie-ekstreme party wat vir ALLE mense omgee en iets doen.

Die DA sal baie goed doen ·

Die DA staan vir ALLE mense. Ook Afrikaners. Hulle is vir alle mense nie en net vir sekere groepe nie en hulle sluit alle mense in en is nie”judgemental” nie. Hulle is baie goed om diversiteit te verstaan en skram nie weg van diversiteit nie omdat hulle dit nie verstaan nie. Dit is immers 2019!! Dit is die ook enigste politieke party wat goeie dienslewering nastreef.

ZAR ·

Die DA is vir almal? Solank ek net my “white privilege” verstaan dan is hulle vir my ook.

bolla ·

Ek reken partye en kiesers wat steeds apartheid-lite teoriee aanhang behoort verban te word om aan verkiesings in SA deel te neem.

Die DA is enigste opposisie ·

Die DA is die enigste party wat ‘n waardige opposisie sal wees soos tans die geval. Sterkte aan die DA tydens die verkiesing mag julle groot hoogtes bereik.

Mense glo verskillend ·

Db nie almal glo wat jy glo nie. Kry hulp vir jou hakkel problem, dit kan oorkom word.

Mense sal stem vir die party van hul vrye keuse.

Db ·

@mense glo verskillend. Lyk my die waarheid maak jou seer dit is hoekom jou antwoord snedig is. Daar is beslis nie arm gedraai om vir mense te sê vir wie hulle wil stem nie maar jou antwoord is duidelik vir wie jy gaan stem. Mag jy nooit spyt wees oor jou keuse nie

Annie Webb ·

Ek sit lekker veilig in die Kaap waar die DA die stad en provinsie PUIK bestuur. Maar ek is en bly ‘n Afrikaner, dus is ek lid van AfriForum en ek sorg dat ek ingelig bly oor wat “my mense” doer op die “voorposte” doen. Maar die vete teen die DA is belaglik. Geen “wit” party gaan ooit weer enige politieke mag in SA hê nie. Die DA is verreweg die beste keuse vir ‘n party wat wel ‘n verskil kan maak. Die vete teen die DA word gevoer deur die ANC/EFF, want dis hulle enigste ware kompetisie. Wees dus wys en stem DA, anders mors jy net jou kans om die ANC/EFF te wen.

ZAR ·

OU leuen dáárdie! Ons is in die mindere en moet minderheidsregte kry soos aanvaar word in internasionale wet. Ons kry dit nie op die oomblik nie en moet stem vir die party wat ons minderheid beskerm. Dis verseker nie die DA nie.
Ons taal, kultuur, Godsdiens en waardes word vertrap. Ons mag stem vir ons eie voorbehoud en ons mag ook aandring om gehoor te word. Klein partye soos die EFF het al bewys hoeveel mag hulle het. Ons wil net die mag in die hande sit van dié wat ons waardes weerspieël. Die DA vervreem die Afrikaners. Bollie hierbo dink mense wat vir die voorbehoud van hul eie volk is is rassiste. Met sulke denkwyses kan ek verstaan hoekom hulle agter die DA staan, maar ek is nie skaam om vir my mense te veg nie.
Die DA kan nie sy broodjie aan albei kante gebotter hê nie.. hulle is vir álmal solank jy net glo een velkleur verdien meer regte.

ZAR ·

In elk geval is die DA net in beheer daar as gevolg van koalisies met onder andere die VF+.

Gert ·

Annie, ek is altyd sprakeloos beïndruk met jou uitstekende kommentaar oor die VSA se politiek, maar hier moet ek van jou verskil. As jy in die VSA gekant is teen onwettige immigrasie en sosialisme, gaan jy mos nie vir die Demokrate stem nie? Net so, as jy hier gekant is teen AA en BEE, gaan jy mos nie DA stem nie.
In elk geval, die argument oor hoe goed die DA in die Weskaap regeer, maak nie sin nie want die VF+ regeer nêrens, dus het ons nie die geleentheid om te sien hoe goed hulle regeer nie. Dit maak wel sin om die DA bo die ANC te kies op daardie argument, want die ANC regeer uiters vrot, maar die argument hier is nie tussen die DA en ANC nie.

Dienkie ·

@bolla, jy haal apartheid op, net een vragie aan jou. Watter POSITIEWE bydra het die kommunistiese ANC tot die ONTWIKKELING van Suid-Afrika gemaak. Kan jy EEN instansie noem wat tans onder die ANC 100% funksioneer maar wat wel voor 1994 in volle funksionerende toestand was?

Stem saam ·

Ek stem saam dat die enigste party om voor te stem die DA is. Maar dit is elkeen se vrye keuse om te stem vir die party wat hulle wil. Ons bly in ‘n vry land.

wonder ·

Wel mense julle moet kies of DA of ANC?????? almal moet stick waar dit n inpak gaan he moet nou nie afweik nie asb>>>>>>>>

ZAR ·

Dit gaan nog baie lank die ANC wees.
Maar in elk geval is die DA nou nes ANC, moet nie vir my sê ek moet stem tussen 2 partye wat my velkleur verag nie.
Ek kies liewer die party wat my minderheidsregte beskerm.

Verkiesingstyd ·

Annie Webb ek stem saam met jou dat die DA die Kaap PUIK bestuur. Vir hierdie rede en ander redes stem ek DA. Ek wil nie teruggevat word in die verlede in nie. Ek vrees ook nie diversiteit in ‘n moderne 21 ste eeuse samelewing nie.

ZAR ·

Soort soek soort. En dit het niks met velkleur uit te waai nie. Dis ‘n natuurlike verskynsel.
Mense vind meer aanklank by ander met dieselfde geaardheid en daar is niks fout daarmee nie.

Judge Dredd ·

Die naam Afrikaner was uitgedink na die Anglo-Boere oorlog om daardie mense tevrede te stel wat skaam was om hulself Boere te noem – dieselfde mense wat nie wou veg vir die boere state en eerder voer en proviant aan engelse verskaf terwyl hulle hulself geposisioneer het om baat te vind uit die oorname van goudmyne/boerestate.

Die Afrikaner is polities liberaal.
Die Boer is polities konserwatief.

Die DA is liberaal en het homself nog nooit bemoei met die boer – sal jou gebruik vir sy eie doeleindes en dan uitspoeg wanneer hy klaar is.

Die DA het baie mense geflous, maar ek is bly om te sien dat mense wakker skrik.

Tye het tog verander ·

Ons is lankal verby die 1980’s toe dit ‘n aanvaarbare praktyk was, en ouers hulle kinders geleer het om ander mense se velkleur te verag. Sommige van ons is lankal verby daardie tyd.

Judge Dredd ·

Dit is goed so, maar wees verseker:
Nie Ramaphosa of Moesie kyk verby JOU velkleur.

Riaan ·

Julle bedoel seker nagslaap want da gee niks om vir boere of hulle werkers! Hulle soek net stemme!
Pateties!

Johan ·

Neewat DA nie vir ny nie . Of dit nou 2% of 9% is ek stem VF

Kerneels ·

Siestog toe hulle aangevat word oor hulle net posters oor Marikana en Isidemeng het nou sommer so ‘n nagedagte om plaasmoorde nagwaak te hou. Weet Mmusi daarvan want hy het nog nooit iets gese of gesimpatiseer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.