DA: Hulp aan SA Express ‘bespotlik’

Die DA sê as SA Express nie kan geld maak nie, moet die staatslugredery gelikwideer word. Foto: Facebook

Mediaberigte wat die “wanfunksionaliteit en geldelike gemors by die staatsbeheerde lugdiens SA Express” blootlê, maak ʼn totale bespotting van die reddingsboei van R1,7 miljard belastingbetalersgeld, sê die DA.

Alf Lees, DA-woordvoerder, sê dié party sal wysigings aan die betrokke wetgewing voorstel om die betaling van dié geld aan SA Express te keer.

“Berigte dat SA Express R40 miljoen per maand betaal vir vliegtuie wat eintlik skrootmetaal is omdat dit van nuttige onderdele gestroop is, gaan die verstand te bowe,” sê hy, “en laat ʼn mens wonder oor die raadsaamheid van die nasionale tesourie se besluit om die Suid-Afrikaanse belastingbetaler met nóg hulp aan die lugredery op te saal.”

Lees sê terwyl SA Express nie die geld kon kry om sy vliegtuie in die lug te hou en inkomste te genereer nie, is daar geen aanduiding dat die maatskappy se hoogs betaalde raadslede en uitvoerende beamptes sonder enige van hul “winsgewende betaalpakkette en bonusse” sal klaarkom nie.

Tito Mboweni, die minister van finansies, het aangekondig dat die belasting wat in die volgende drie jaar ingevorder sal word, R85 miljard minder as die Februarie-begroting sal wees, en tog het hy dit raadsaam geag om R1,7 miljard se uitgawes vir SA Express by te voeg bo en behalwe die uitgawes wat in die Februarie-begroting verklaar is, sê Lees.

“Dis ondenkbaar dat SA Express ‘lewend’ gehou word met belastingreddingsboeie bloot om werk en salarisse aan hoogs betaalde beamptes en personeellede te verskaf. Die DA glo die enigste logiese en etiese opsie is om SA Express dadelik in sakeredding te plaas, en as dit nie werk nie, te likwideer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann cb ·

Sjoe mense, dit is nou té erg! Waarvan moet die belastingbetaler uiteindelik leef? Die fonteintjie droog op! Ons kán nie meer bybly nie, Mnr die President!

Hoe nou....... ·

Jis die syfers word lekker rondgegooi – 1,7 miljard hier en nog 2 miljard daar vir VBS – lekker boys!

Cherokee ·

Jy het tjoepstil geword oor AfriForum se oorsese reise. Jou klagtes blyk op te gedroog het.

Judge Dredd ·

Die res van die wereld se pilots word ook ge-“pamper” – daar is ‘n hoe aanvraag na vlieeniers.
So raai wat gaan daai gesogte vlieeniers doen as jy hul voordele wegvat ?

Andre C ·

Die “pampered pilots ” is meer belangrik vir SA Express as die hoogs betaalde raadslede en uitvoerende beamptes.

Hein ·

Asof belasting geld aan bome groei of uit die lug val! Dis hardverdiende getroue belasting betalers se geld wat so keer op keer op keer gemors en geplunder word en niemand word verantwoordelik gehou of vervolg vir die wanbesteding nie. Wat se verskil kon al hierdie vermorsde fondse nie gemaak het nie waar dit absoluut noodsaaklik is nie. Wonder wat sal gebeur as belasting betalers ook begin staak en sê “nie meer nie”!! Wat SA nodig het is kundige verantwoordelike leiers met ruggraat wat kan sê NEE!!

Michael ·

dit is meskien al uitweg belasting betalers staak. iemand moet dit begin dryf dit is mos SA jy het dan die reg om te staak. waar gaan hulle geld dan vandaan kom.

Betaal ·

Dis nie moontlik om belastiggeld te weerhou nie. Belastigng word deur werkgewers aan die ontvanger oorbetaal. Werkers betaal dit nie self oor nie.

Francois Joubert ·

Likwideer beide SAA en SA Express. Die diens is in elkgeval pateties.

vissie ·

Net nog n manier om wettig n hemel hoe salaris en bonusse te verdien. Werk vir n bankrot staat entiteit!

Jerry ·

Cherokee, terwyl jy die onderwerp aanroer, dit was baie insiggewend om te sien dat AfriForum versoenend opgetree het deur vennootskappe te sluit met ander minderheidsgroepe. Dit was egter meer insiggewend om te sien dat nie een verteenwoordiger van enige van die vennootskappe saam met AfriForum in Australie was nie. AfriForum se intensies om vennote uit te sluit tydens buitelandse besoeke en net in te sluit wanneer dit AfriForum pas, laat dus n wrang smaak in die mond by Afrikaners wat amper begin dink het dat AfriForum werklik ernstig was met versoenende vennootskappe. Dit blyk nou dat fopspel en fopnuus steeds aan die orde van die dag is op die AfriForum agenda ten einde net meer Afrikaners te mislei en as lede te werf. Gelukkig sien die meerderheid Afrikaners regdeur die AfriForum agenda.

Willem ·

You wish! Soos gewoonlik. Dan vra ek waar kom jy aan jou statistiek en inligting, gee ook asseblief jou bronne wat daardie meerderheid Afrikaners wys.

H Groenewald ·

Sommige mense is met die maan gepla jy met Afriforum, daar is baie wat ernstig verkeerd
is in die land, Afriforum is die minste daarvan, lyk my jy het `n bloutjie geloop met hulle en nou het jy jou mes in vir Afriforum .

Afrikaanse Knaap ·

Ons kan nou maar emmigreer. Ek moet klaar my huis met ander deel omdat ek net nie meer alleen bly kan bekostog nie. Ek moes dit in London doen en het terug verlang na my eie kar en huis in SA. Nou dat dit nie meer moontlik is nie, is ek besig om die land te verlaat sodat ek nie meer aan hierdie “top heavy” regering my hard verdiende geld gee nie.

Mors ·

Ek verstaan nou nie, as jy ‘n maatskappy besit, gaan jy alles wat nie geld maak nie, stop. Dit luit die aflegging van oortollige personeel in. Waarom moet dit enigsins anders wees met die “bestuur” van ‘n land se geldsake? Die tyd het aangebreek dat ons belastingbetalers die regering hof toe sleep, omdat ons geld so gemors word. Ek wonder of so iets moontlik is.

Susan ·

En wie dink jy gaan (soos gewoonlik) vir die hofkostes en amptenare betaal…..?? En dan word dit uitgerek sodat meer mense vir langer ‘n geldjie van ons armsaliges kry!

TLC ·

Ag liewe genugtig gaan daar nog pension geld oor wees as ek oor 2 jaar aftree

Heather ·

Belaglik! Ons moet net uithaal en wys, en die fatcats doen net wat hul wil met ons geld wat ons flippen hard voor werk! Ek stem vir n hofsaak teen die regering! Ek is seker dat daa nog n paar eerbare prokureurs is wat ons kan help? Sonder vegoeding? Of droom ek nou net drome?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.