DA ignoreer bewerings van diefstal, sê Good

Tertius Simmers, LUR van menslike nedersettings in die Wes-Kaap (Foto: Courtney Africa/African News Agency/ANA)

Brett Herron, sekretaris-generaal van die Good-party, het Dinsdag die Demokratiese Alliansie daarvan beskuldig dat die party se leierskap bewyse ignoreer dat die Wes-Kaapse LUR van menslike nedersettings, Tertius Simmers, beskuldig is van elektrisiteitsdiefstal voor hy in die amp aangestel is.

“DA-leiers het geweet die LUR is beskuldig van elektrisiteitsdiefstal, maar het hom nietemin bevorder. Die party het dissiplinêre prosesse opgeskort hangende die polisieondersoek, terwyl die munisipaliteit verhoed word om strafregtelike klagte vir elektrisiteitsdiefstal te ondersoek,” het Herron in ʼn verklaring gesê.

“Good wag op die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se reaksie op fluitjieblasers se bewyse dat Simmers skuldig is aan elektrisiteitsdiefstal toe hy as ʼn DA-raadslid in George gedien het. Verdoemende getuienis as bewyse dat dit onder die mat ingevee is, het aan die lig gekom.”

Simmers verwerp die beskuldiging en wys daarop dat die saak ten volle ondersoek is in 2016 en dat hy onskuldig is. “Ek het nie aan die elektrisiteitsmeter gepeuter nie. Ek het die peutery by George-munisipaliteit aangemeld. Ons weet vandag nog nie wie die boete betaal het nie. Dit is nie ʼn verrassing nie dat dié saak aan die lig kom, net ʼn paar weke ná die Good-party ʼn tussenverkiesing in George verloor het,” het Simmers gesê.

“Patricia de Lille, leier van die Good-party, het ook in die verlede na dié bewerings verwys, toe sy nog ʼn lid was van die Demokratiese Alliansie, en nou wil Brett Herron dit weer oopmaak. Dit is duidelik kwaadwillig van mnr. Herron en ek sal regsadvies bekom,” het Simmers aan die African News Agency gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos ·

En in elke plakkerskamp en township is kragdiefstal standaard praktyk. Ek kom geensins op vir die DA nie, maar die waarheid is die waarheid.

Rubber ·

Jip mense in plakkerskampe het mos ‘n R50 duisend ‘n maand joppie om vir korrupte Eskom se krag te betaal.

Alida ·

Hoekom skaam wees om vir die DA op te kom? Vergelyk hulle met die ANC se skandale dan is die DA vlekkeloos.

Maljan ·

Klink na antie Patty se nuk om “inside unfi” teen die DA te gebruik. Geen wonder sy en Malema is song and op die blaas by byeenkomste nie. Doen hy dit nie teen die anc nie?

Rubber ·

Hoekom dit nie ondersoek en die gerug ter ruste lê nie DA.

George in Bloem ·

Die No Good Party moet eerder hulle leier goed dophou………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.