DA in hof oor haarkappers

(Foto: Joshua Rodriguez/Unsplash)

Die DA het Maandag dringende hofstukke by die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad ingedien oor die voortgesette verbod op persoonlike versorgingsdienste soos haarkappers en skoonheidsalonne tydens vlak 3 van afsondering. Met dié hofstukke wil die DA die verbod op persoonlike versorgingsdienste ongeldig en ongrondwetlik laat verklaar.

Dié regsaksie volg nadat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, versuim het om Woensdag teen 14:00 op die brief wat die DA aan haar gerig het te reageer. In die brief is sy versoek om geldige redes te verskaf waarom dié bedryf nie tydens vlak 3 van afsondering hervat kan word nie.

Dean Macpherson, DA-LP en skaduminister van handel en nywerheid, sê die DA voel dit is onregverdigbaar dat byna elke ander bedryf al kan heropen, behalwe die sektor vir persoonlike sorg.

Macpherson sê dié verbod is in stryd met artikel 22 van die Grondwet wat alle burgers die reg gee om handel of ʼn beroep wat deur die wet gereguleer word vrylik uit te oefen. Die DA beskou die verbod as onaanvaarbaar, irrasioneel en wederregtelik.

Macpherson sê die verbod veroorsaak dat honderde duisende mense sonder ’n inkomste sit.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Sy is mos die nuwe president dink sy kan maak net soos sy wil. Sy hoort by haar huis sy moet op pesion wees sy mors ons belasting geld. Ons moet op 65 op pension gaan wat maak haar so spesiaal.

JohanR ·

koos10…..as sy ‘n vraag begin antwoord middel Mei sal sy eers klaar kry einde Augustus!

AH ·

Net so belaglik soos meeste van die afsonderingsreëls. Ek het nog nooit geglo dat dit gaan oor mense se gesondheid nie. Dit is meer ‘n geval van die onsinnige beperkings afdwing omdat hulle KAN nie vir geen ander rede nie. Niks gepla oor mense se inkomste nie, hulle sit mos dik in die geld…

Jakes ·

Doen die agbare minister dan haar eie hare en naels al kry sy n afgryslike groot salaris?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.