DA-jeug wil BLF verkla ná skooltragedie

Luyulo Mphiti. Foto: Facebook

“Terwyl die land rou oor die dood van drie leerders by die Hoërskool Driehoek, het die BLF van die mees veragtelike sentimente versprei.”

Só het Luyolo Mphiti, DA-jeugleier, gesê in reaksie op uitlatings wat Lindsay Maasdorp, omstrede nasionale woordvoerder van die BLF, en Zwelakhe Dubasi, adjunksekretaris-generaal van die BLF, gemaak het na die tragedie by Hoërskool Driehoek.

Maasdorp het ook op die tragedie reageer deur te sê: “God is on our side.” Dubasi het op sy beurt gesê: “Ancestors are with BLF, as we fight they fight too. They shake the land and white buildings built on stolen land collapse. Keep fighting Zinyanya, you are fighting a good fight. Camagu! [sic]”

Mphiti het die uitlatings as veragtelik bestempel en gesê die enigste rede hoekom die BLF so sal reageer is omdat hulle die land op grond van ras wil verdeel. “Hulle sal ʼn tragiese voorval wat die lewens van kinders geëis het, gebruik om rassehaat te versprei wat vir te lank al ongehinderd voortgaan.”

Die DA-jeug sal die Menseregtekommissie nou versoek om die saak te ondersoek. “Ons sal vra dat die ondersoek bespoedig word sodat ons die MRK se verslag oor die aangeleentheid kan gebruik vir ons saak voor die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om die BLF te keer om aan die verkiesing deel te neem.”

‘n Skermskoot van die uitlatings.

Mphiti het gesê daar kan nie toegelaat word dat Andile Mngxitama, BLF-leier, en sy “luitenante” rasseverdeeldheid saai en geweld aanhits nie.

“Die DA se visie om een Suid-Afrika vir almal te bou verg dat ons optree teen alle vorme van ekstremisme aan beide kante van die politieke spektrum. Ons sal nie net stilsit terwyl rassiste hul spasie in die openbare diskoers gryp nie. Dit is giftig en gevaarlik. Die MRK en die OVK moet vinnig teen die BLF optree.”

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het vroeër gesê die party dring daarop aan dat die MRK dié uitlatings rakende die tragedie by Hoërskool Driehoek met dieselfde dringendheid ondersoek as in vorige gevalle waar wit mense van rassisme beskuldig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Nel ·

As daar nie ‘n verkiesing om die draai was nie, sou ek ‘njannies’ geglo het die ou bedoel wat hy kwytraak…

Rita ·

Ja Nel ek stem saam met jou daar was nog net opgetree teen witmense wat rassisme aanbetref maar anderkleuriges kom weg daarmee hulle word nie eers aangevat nie… ja jy hoor en lees hulle gaan vasgevat word maar dit is ook maar al geen haan kraai daarna….jy hoor nooit weer enigiets van dit nie…maar my mense gaan tronk toe vir so iets…en nou moet ons hier voor die stemmery weer net op beloftes staat maak….ek vra met trane in my oe is dit die moeite werd dat ek en my familie nog gaan stem ons word tog nie gehoor nie….

Lizelda ·

Die DA jeugliga het seker vanoggend se kommentaar gelees en gesien baie witmense is opgeklits EN dat dalk waarheid steek dat hulle stemme gaan verloor. Dis maar al rede.

Msie ·

Dis reg, vat hulle vas. Ek het ook aaklige boodskappe gesien wat aaklig rassisties was. As die bordjies verha lng was, het al wat koerant was vandag die rassisme uirbassuin en gegil vir boetes en hofsake

Wdp ·

Te laat DA. VF+ julle een voor. Help nie nou om gat te kruip na die Sweize fiasko nie.

Lizelda ·

Ja nee ek stem. Ek dink een vd arme DA lede het vanoggend per ongeluk d kommentaar gelees wat ons gegee het rakende d BLF se uitlatings en hulle het gesien hulle gaan stemme verloor. Nee wat DA n bietjie te laat…

ekke ·

Sorry ek se ook dit is net mooi praatjies om die DA se skade wat aangerig was oor die skool wat onder rasisme deurgeloop het se beeld nou weer mooi inikooi te kry. Sorry DA, jul het klaar gewys wie en wat jul is. Koebaai

Riaan ·

Dieselfde rasis wat die SR gemors begin het wil nou skielik maak of hy rasisme afkeur??
Hy en Musi maimani het tot nou toe nog nie omverskoning gevra vir SR nie so hoekom hulle nou skielik glo?
Het nie die da nodig om ons fight te fight nie. Ons sal dit self doen mnr rasis!

jaco ·

Lindsay Maasdorp moet ook wakker word. Hy is ‘n Kleurling, wat deur die swart ANC owerhede beskou word as “not black enough”. Dieselfde sal maar gebeur indien die swart BLF ooit regeer. Dan word die Maasdorp en ander kleurlinge wat saam met hulle ge-struggle het, maar weer net gedrop en gewone kleurlinge wat werk soek kry niks, want hulle velkleur is nie swart genoeg nie. Ek het bewyse vir wat ek hier kwytraak.

Duppie ·

blf moet onthou God slaap nie glo maar in julle gode wag en kyk maar self

Karlien ·

Mense, wat wil julle hê.
Gister was dit: “Waar is die DA jeug” en “waar is Lesufi oor die Driehoek hoërskool tragedie”
Hier is hulle, maar dit pas nie die ewige arme-afrikaner tragiek narratief nie nê.

Anne ·

Die DA probeer nou die regte kaart speel om stemme te wen, ons is nie almal so dom en naief om te val daarvoor nie. Die DA is nie n party vir blanke afrikaners nie. O ja en Lesufi is niks anders as ‘n rassis wat afrikaans wil vernietig nie. Net my opinie

Onvergeetlik ·

Anne, Dis nie ń party vir die Afrikaner nie, dis ń party vir almal. Hulle het tenminste ons as Afrikaners se belange ook in ag, want glo dit of nie, die DA is baie wit. Maar ń regverdige Suid Afrikaanse party bied hulp en bystand nie net alleen aan een kultuur nie. Gaan sluit dan aan by die KKK as jy so erg in jou eie belang gestel is.

Anne ·

Onvergeetlik , omdat ek nie vir die DA is nie moet ek by die KKK gaan aansluit? (Dalk n beter opsie as jou DA?)Miskien moet jy bietjie meer begin nuus lees die DA is baie stil wat betref plaasmoorde/ rassisme teenoor blankes /bee/grondonteiening sonder vergoeding ens.. En as hulle nou wel iets kwytraak is dit agv die verkiesings . Regtig jy leef in ‘n droomwereld skrik wakker !

ZAR ·

Kom ek vertel julle so, Karlien en Onvergeetlik, die DA gaan op persentasie punte. As die meerderheid se reaksie positief op ‘n gebeurtenis is dan reageer die DA ook positief. As dit negatief is dan reageer DA ook negatief. Dit als hang af van die hoeveelheid mense wat agter iets staan. Die DA het gesien dat die meerderheid negatief reageer het teenoor blf se uitlatings, dus het hul ook so reageer. As daar geen reaksie van die meerderheid van die populasie was nie, sou DA ook geen reaksie gehad het nie. Dis ‘n uitgewerkte formule. En iets waarmee ek niks te doen wil hê nie, want reg en verkeerd speel geen rol hierin.

wet ·

Hoe naief kan sommige mense nie wees nie ????? Die DA spring op elke ‘bandwagon’ wat daar is aangesien dit vrye publisiteit is en nou dink sommige mense hulle is opreg? Nie eers te praat van lesufi nie. Van wanneer af dra hy wit afrikaanse mense se belange op die hart???? Mensig..

Stoffel ·

@wet, jy is reg, maar hulle probeer net al die diverse kulture se geite terwille wees.

Cherokee ·

Anne, hierdie aanval op jou moet jou nie bekommer nie want dit is nie onvergeetlik nie. Dit is kommentators wat daardie tipe dinge skryf, wat van kommentaar tot kommentaar van naam verander. Jy is Anne en bly Anne by elk van jou kommentare. Ek en jy kan saam lag en saam stry en selfs verskillende opinies opper, maar vir jou sal ek elke keer antwoord en respekteer want jy is nie skaam vir wie jy is nie. Jy hoef nie verkleurmannetjies te antwoord nie.

Afrikaner ·

Cherokee, ek lees nou die kommentare van die persone hier bo nav Anna se kommentaar, iets maak nie sin nie, jy trap hulle uit, waaroor?

In effek stem hulle dan almal saam met Anne. O ja en dalk het jy informasie wat jy kan deel oor die trapsoetjies waarvan jy praat.

Werner ·

Mostert na die maal bietjie laat hoor DA het nie meer n til te speel vir blanke Suid Afrikaners nie gaan kruip maar elders julle dae is getel

Roger ·

Wil of gaan?? Wag seker vir rassiste uit hul eie geledere om besluit te neem. DA se selektiewe reaksies en galbraak-sessies raak n verleentheid.

Bossie ·

Ons God teen jou “ancestors”? Gaan lees bietjie die geskiedenis…

Tertia ·

Hierdie is vir my die beste kommentaar. Kort, kragtig en absolute die waarheid.

LOUIS ·

KAN IEMAND NIE VIR ONS MAASDORP SE WOONADRES VERSKAF NIE ASB.
DAN KAN EK OOK BID EN VRA DAT GOD HAAR PERSOONLIK SAL BESOEK EN HOMSELF EN SY REËLS AAN HAAR OPENBAAR.
ALLES IN VREDE NATUURLIK , REGTIG , NEE REGTIG HOOR.

Piet kokewiet ·

Ja ne die is nou net om stemme te werf ek gan ook nie eweskielik my mind change nie. Die EFF se elke dag iets rasisties en hits dit an mar niemand vat hulle vas nie

Irma ·

Dit is baie verontrustend om die speletjies te sien wat verskillende mense en politieke partye speel, en die reaksie of gebrek aan reaksie van die sulkes wat gewoonlik geen tyd verspil om blankes te kruisig vir dade of optrede wat in sekere gevalle nie naastenby so erg is as die mense wat moord verkondig se optrede en uitsprake is nie. Intimidasie, is dit wat ons hier mee te make het en sien???

Petro ·

Ek gee nie om wie doen wat na wie of wie was eerste nie solank hierdie walglike rassiste ordentlik vasgevat word!

theo ·

onlangs was die DA jeugleier vinnig, om die onderwyserres by zwase- reneke van rasisme te beskuldig, hy moet eers omverskoning vra voor ek sy bedoelings as eerlik aanvaar.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

MENSIG…!!
Verstommend om weereens,blaffende negatiewe opmerkings te lees!
Wees éérder blý…nóg ÍEMAND of NÓG ñ politieke party probeer IETS dóén… spreek hulle uit,teen BLF!!!
BETER as om ñ spul doemprofete, te wees, slim sleutelbord vegters, wat bôkkerol doen en als te kritiseer…
KOM ONS PROBEER EERDER LEWE SPREEK EN SAAMSTAAN TOE??

Jerry ·

Mphiti, jy het wit kiesers en die DA gefaal toe jy met die Schweiser voorval toegelaat het dat jou mond oorgeloop het waarvan jou hart van vol is. Die DA het n fout gemaak om jou nie te fire nie, want soos ek die wit kiesers ken, gaan hulle nou vir jou en die DA by die stembus, faal.

Ilze ·

Jah neh!! Ek wonder of hul enigstens bewus is dat ‘n kind Sifiso Tshabalala ook erenstig beseer is by Driehoek! So jul wens jul eie jeug ook ongeluk toe? Blaai jou bladjies ordentlik deur voor jy gif spoeg!!

Br ·

Ag siestog hoe rein van die DA, en hulle jeugleier, met die vekiesing om die draai wil hulle nou die edel gebaar doen. Maar toe hulle haatspraak teen die onderwyseres aangeblaas het was fit reg. Tot hede nog geen verskoning. Raak rustig DA gaan kuier maar by julle bure ANC & EFF. Die Vryheidsfront sal dit opreg sonder veins hanteer

Jan pierewiet ·

Onder die mat ja. Ovk het klaar gese hulle het niks oortree nie hoor!

dolla ·

Die DA het reeds ‘n bestaande saak vir haatspraak teen die leier van BLF in die Gelykheidshof. Julle moet bietjie wakker word.

Marietjie ·

Wil hy nou sy gewete sus na die SR debakel wat hy veroorsaak het? Maar ja, vat vas jou maatjies, dalk kan jy hulle tot hulle sinne bring!

Oujongvrou ·

Hoe skaa. Hierdie ouvrou haar nou vir my mede witmense. Sies vir julle. Hier probeer daai jeugleier die haat wat opgestook word keer en julle blaas dit wragies aan. Nee kyk ek Siena sowaar al meer dat wittes erg rassiste is. En mens sal sweer hulle word persoonlik betaal om verkiesing partye te steun.

Avra ·

Gaan groot of gaan huistoe. Pas net op vir die voetspore wat jy agterlaat.

Waarheid1 ·

Stemdag foefie.Wanneer rep julle n woord oor die plaasmoorde? Nou skielik gee julle om? Nee hou maar verby ….julle beteken niks.

Msp ·

Ek het mooi daaroor gedink. As ons vir kleiner partye stem gaan dit veroorsaak dat die eff die volgende opesiesie party gaan wees. Ek stem ook nie altyd met die DA saam nie maar as hulle derde plek in die regering moet inneem gaan ons baie erger afwees.

LHS ·

Sê vir daardie karakter sy voorvaders is baie kwaad omdat hy hulle nie eers geraadpleeg het nie en dat die tokkelossie hom eersdags sal besoek.

ZAR ·

Die DA gaan op persentasie punte. As die meerderheid se reaksie positief op ‘n gebeurtenis is dan reageer die DA ook positief. As dit negatief is dan reageer DA ook negatief. Dit als hang af van die hoeveelheid mense wat agter iets staan. Die DA het gesien dat die meerderheid negatief reageer het teenoor blf se uitlatings, dus het hul ook so reageer. As daar geen reaksie van die meerderheid van die populasie was nie, sou DA ook geen reaksie gehad het nie. Dis ‘n uitgewerkte formule. En iets waarmee ek niks te doen wil hê nie, want reg en verkeerd speel geen rol hierin.

wet ·

probeer hy rasse spanning keer dit of probeer hy stemme werf met gratis publisiteit

Lerato ·

Twee broers baklei oor wie die inbreker moet vasvat. Die DA, is nie die vyand nie. Die VF+ Is ook nie die vyand nie. Die sterkste broer moet die inbreker pak

Stoffel ·

Ek het nou die dag gesien hoe twee groterige honde mekaar aanvat oor ‘n spierwit been wat reeds kaal gevreet is, die been blink so, maar nie een van die twee wou besgee nie.

Jerry ·

Die probleem wat die DA tans ervaar is dat daar lede is wat sonder skroom hulle stemme begin dik maak teen witmense soos onder andere Steenhuisen. Hierdie lede dring aan op regstellende aksie om swartlede bo witlede te bevoordeel. Hierdie swartlede strewe ANC beleid na, nie DA beleid nie. Dit begin meer en meer lyk of daar mense binne die DA daar geplant is deur die ANC. Die DA jeugleier het homself onmiddellik geskaar by die ANC en EFF se uitsprake in die Schweiser voorval. Dit moet mense twee keer laat dink oor wat sy ware motiewe is en as jy my vra is hy een van die wat geplant is en dui sy uitspraak in die Schweiser voorval op die van n bevooroordeelde rassis! Hierdie tipe mense gaan al hoe meer op die voorgrond begin tree en eise stel wat die DA in twee gaan skeur! Die DA het tweede plek as die hoofopposisie verdien. Na dese en met die vrotappels wat begin uitpop, verdien die DA nie eers die laaste plek nie! Die DA moet van die vrotappels ontslae raak voor die verkiesing anders wag daar defnitief n onaangename verrassing

Lerato ·

Jerry
Met minder as 1% van steun, sal die VF+ nie hond haaraf maak nie.

Adam ·

Jerry, jy is korrek in jou siening dat die DA ‘n klomp gewese ANC lede in hulle geledere het. Hulle is egter nie deur die ANC daar geplant nie maar het vrywillig oorgeloop omrede die meeste van hulle nie die ANC se lyste kon haal nie. Die DA was dus hulle beste opsie om ook die politieke Lazarus krummels in die hande te kry. Die groot probleem is dat min mense wil erken dat die DA nie ‘n blanke party is nie. Dit maak in elk geval nie veel verskil nie aangesien die VF+ se steun so klein is dat hulle bloot ‘geraaswaarde” het.

Staan ·

Almal het iets te se, maar hoekom kan ons nie soos hulle voor n hof gaan en opstaan vir ons mense nie. Nee eerder kommertaar lewer oor alles. Maar die dag as dit jou raak, dan wil jy he iemand moet saam met jou staan. As die skoen pas dra hom.

JC ·

Snaaks dat die DA nou so op en wakker is oor sulke kwessies… O wag, daar is ‘n verkiesing om die draai…

Linda ·

Ek waardeer dit dat die DA Jeugleier simpatiseer met die hartseer voorval by Driehoek Hoërskool, maar sluk swaar aan die opregtheid. Nie te lank gelede was daar onnodig pandemonium gesaai by ‘n ander skool??????
Hoe dan nou? Nee wat, ek twyfel aan die opregtheid.
DA julle het my stem verloor…jammer! Julle is mantelswaaiers.

Johan ·

Vryheidsfront + bo! Hulle veg ‘n verbete stryd vir die regte van minderhede. Vergeet ‘n slag van “stem vir die sterkste opposisie”. Stem hierdie keer vir die “regte opposisie”. Mense wat jy kan vertrou

Anti-Negatief ·

Ek woon in die Kaap waar DA in bewind is. Alhoewel ek nie noodwendig saamstem of beïndruk is met alles omtrent die DA nie hoop en bid ek dat hulle weer die Kaap “vat” in die verkiesing. Die alternatief (ANC) is ondenkbaar……Daar is wel kleiner partye vir wie ek sou wou stem, maar helaas is hulle te klein om ‘n groot verskil te maak en die amptelike opposisie party te word hier plaaslik. Met die DA hier in bewind gaan dit stukke beter as al die munisipaliteite waar die ANC in bewind is. So as jy werklik ‘n verskil wil maak, gebruik jou verstand en nie jou hart as dit by stemdag kom nie!

dolla ·

Stem saam en die Kapenaars weet dit ook. As jy nie vir DA stem nie gaan jy heel waarskynlik met ANC regering sit. Dis ook hoekom ek dink die bruin stem sal nie sommer anders stem nie ongeag die onlangse dramas in die DA kamp. Die alternatief is net te afgryslik.

Tanya ·

Ek wil net vir jou se hoe dink jy .God het niw kleur gesien toe hy ons almal feskape her nie.Maak nie saak wat se kleur kinders dit is nie.Elke ouer het die selfde pyn.Hierdie man moet oor sy vinger f3tik word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.