‘DA kan nie besluit wie SAUK aanstel’

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Die SAUK se regspan het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer dat die DA nie die openbare uitsaaier kan voorsê wie om aan te stel nie.

Adv. Stephan du Toit het namens die SAUK opgetree op die tweede dag van die aanhoor van die aansoek wat deur die DA ingedien is om Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, uit sy pos te verwyder. Die DA versoek ook dat die bevindinge van die dissiplinêre ondersoek na Motsoeneng se bevoegdheid om sy vorige pos as bedryfshoof van die openbare uitsaaier te beklee, tersyde gestel word.

Volgens die DA moet Motsoeneng nie toegelaat word om enige senior posisie by die SAUK te beklee nie. Hulle beskryf hom as ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se demokrasie.

Du Toit het Donderdag aangevoer dat die SAUK ʼn dilemma in die gesig staar omdat die openbare beskermer (OB) se bevindinge in haar ondersoek na Motsoeneng “onveranderlik is”, maar Motsoeneng steeds geregtig is op ʼn regverdige dissiplinêre verhoor. Hy het aangevoer dat ʼn dissiplinêre verhoor nie kan begin met ʼn skuldigbevinding nie omdat dit onregverdig sal wees.

Thuli Madonsela, die voormalige OB, het in 2014 bevind dat Motsoeneng oneerlik was en ʼn wanvoorstelling van sy matriekkwalifikasies gegee het, onregmatig sy eie salaris verhoog het, onregmatig senior personeellede by die SAUK afgedank het en sy magte misbruik het. Die regstellende stappe wat sy in haar verslag aanbeveel het, was dat die SAUK ʼn dissiplinêre verhoor teen Motsoeneng hou.

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, en sy ondersteuners Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, en sy ondersteuners Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Adv. Anton Katz, die DA se regsverteenwoordiger, het Woensdag gesê die dissiplinêre verhoor wat teen Motsoeneng gehou was, was slegs ʼn “skynvertoning”. “Dit is ʼn stryd vir geregtigheid dié, nie om stemme in die volgende verkiesing te wen nie. Wanneer dit kom by sake van geregtigheid, is die howe verplig om in te tree,” het Katz gesê.

Motsoeneng is in September oorgeplaas van sy pos as bedryfshoof van die SAUK na hoof van korporatiewe sake by die uitsaaier nadat die appèlhof ʼn hooggeregshofbevinding bevestig het dat sy aanstelling as bedryfshoof “irrasioneel” was en tersyde gestel moet word. Hy het ʼn vyfjaarkontrak gekry in sy aanstelling as hoof van korporatiewe sake.

Katz het gesê dit is bloot ʼn nuwe kontrak met Motsoeneng se ou salaris en dus dieselfde kwessie wat nou al twee en ʼn half jaar lank voor die hof is.

Du Toit het egter Donderdag bevraagteken op watter gronde die DA kan besluit wie by die SAUK aangestel kan word. Regter Owen Rogers wat saam met regter Andre le Grange die aansoek aanhoor, het aan Du Toit gevra: “So, die hof is magteloos om hieroor te besluit?” Du Toit het geantwoord met ʼn besliste “ja”.

Du Toit het gesê Motsoeneng se aanstelling was ʼn sakebesluit en die hof kan nie ʼn werknemer afdank nie. Hy het ook gesê die openbare uitsaaier beskou Motsoeneng as ʼn aanwins en die SAUK moet toegelaat word om sy eie sake te bestuur soos hy goeddink. “Die feit dat sy aandeelhouer die staat is, beteken nie dit is nie ʼn onafhanklike entiteit nie.”

Hy het verder gesê die SAUK het ingestem daar is gronde vir ʼn hersiening van die dissiplinêre verhoor en daarom is die DA se hofaansoek “wraaksugtig”.

Motsoeneng se ondersteuners het buite die hof saamgedrom en “hands off Hlaudi” gedreunsing. Motsoeneng het nie die skare toegespreek toe hy die hof verlaat het nie, maar is vergesel van ʼn ondersteuner wat aan die betogers gesê het hy waardeer hul ondersteuning.

Die hof het Donderdag sy uitspraak voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alida ·

Ek is bly regter le Grange het windgat du Toit op sy plek gesit.

Jan ·

Hierdie Glaudi hoort nie in enige bestuurpos nie, hy is gif, hy sal enige instansie met sy arrogansie en ingesteldheid ten gronde laat gaan. Hy het geen begrip van waaroor ‘n besigheid in die kapatalistiese bestel gaan nie.

Melt Olckers ·

Hy is nie eers geskik om ‘n skoonmaker te wees nie.

Johann ·

Word hierdie mense ooit aan psigometriese toetse onderwerp, wat in aggeneem word met hul aanstelling?

Nie as ek so na Faith, sy minister kyk nie, Dit lyk my sy dink die ou is daardie groot swart diamant waarvan elkeen net van kan droom. Dan dink hy ook so.

Melt Olckers ·

Psigometriese toetse sou kon uitwys dat hy ‘n psigopaat is. Ongelukkig is hierdie toetse volgens die arbeidswette onwettig.

Johann ·

Melt, dis hoekom ons ook in die land sit waar ons sit. As die werkgerwers die toetse nog vandag kon doen, verseker ek jou, was daar hordes meer as net die studente wat ongelukkig sou wees. Ek sou graag Zuma, die kabinet en Julius, ook die res van die EFF se metings wou sien. Dit sou die land nogal insig in ons probleem gegee het. maar nou ja, dit was ook mos maar destyds vertroulik, maar dit was ten minste met jou bespreek, van tyd tot tyd is die toetse herhaal en in ag geneem as jy vir bevordering, of ‘n pos in aanmerking geneem is.

mona ·

Hierdie skepsel met die leep-oe voorspel net een ding!! Moeilikheid. Verwyder hom voor my aangesig asb!!

Theo B ·

Hlaudi Motsoeneng, lyk soos ‘n bandiet – in ‘n pak klere.

Ondersteuners? ·

Whahaha “en sy ondersteuners” .. hoeveel tel julle daar? Vreemd dat hy geregtig is op ‘n ‘regverdige’ verhoor tog was diegene wat hy summier ontslaan het nooit daarop geregtig gewees nie. Hoe werk die regte in SA deesdae? Some are more equal than others? Jis Du Toit glo jy werklik in dit was jy sê of is jy besig om vir jouself ‘n naam te maak?

Leendert ·

Dis die sikkels silver wat klingel, wat hom so laat praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.