DA-kandidaat glo deur ANC-lede aangerand

Argieffoto

Argieffoto

Die DA het strafregtelike klagte aanhangig gemaak teen ANC-lede wat na bewering ʼn DA-wykskandidaat in Uniondale in die Wes-Kaap aangerand het.

Marchell Kleynhans, die DA se kandidaat vir wyk 25, is glo Vrydag deur ANC-lede aangerand, het Tertius Simmers, die party se veldtogbestuurder in wyk 25, gesê.

“Die aanranding het gebeur toe hy die Uniondale-polisiestasie binnegegaan het om ʼn klag teen die ANC te lê aangesien hulle die verkeerde inligting aan gemeenskapslede versprei. ʼn DA-aktivis is ook op dieselfde dag gedreig en aangerand deur ANC-lede.”

Die DA het strafregtelike klagte vir albei gevalle aanhangig gemaak. “Dit is onaanvaarbaar dat mense gedreig of geïntimideer word wanneer hulle hul reg om te stem of stemme te werf uitoefen of aan verkiesingsaktiwiteite deelneem.”

Die DA het al verskeie kere by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gekla oor die ANC se beweerde nienakoming van die verkiesingsgedragskode. “Ons het ook al ons kommer uitgespreek oor die polisie wat blykbaar nie bereid is om op te tree rakende voorvalle van intimidasie nie.”

Simmers het gesê die DA sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die tussenverkiesings in wyk 25 vry en regverdig geskied. “Ons doen dus ʼn beroep op die ANC om verdraagsaamheid en respek te toon vir die demokratiese proses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lance ·

Dis hoe die anc al baie keer gemaak het …veral as hulle nie hulle korrupte planne tot uitvoering kan bring nie. Die memse het maar min tot geen waardes nie.

Pietser ·

DA vat nie twak van kabouters nie. Hier in die Wes-Kaap maak jy soos die DA se pappa, dis blou, alles is blou.

AL ·

Die ANC is vuil bakleiers en beskik oor geen morele waardes nie. Hul integriteit is zero behalwe vir die enkeles wat nie vd wa afgeval het nie. Dis die wat korrupsie en geweldsmisdade soos kanker onder hul leierskap groei.

dom ·

rasisme op sy beste .. wat gaan nou hiervan kom ???????????????? waar is daar vrou wat rasistiese aanmerkings op facebook soek en dit in die openbaar bring. (sy is wit en raporteer net wit mense) gaan sy dit ook publiseer ????? wat my ook terug bring na die ou wat wit mense wil opkook vir sy honde , waar is jy nou mev….. !!!

jaco ·

waarom vat die ANC nie net met die hulp van die weermag oor en maak SA finaal n eenparty kommunistiese staat nie? dit is tog wat hulle eintlik wil hê.

Wilma ·

Rasisme op ‘n hogere noot. Dis wie en wat die ANC is en dat sal nie verander nie. Daar is mos ‘n verkose skurk wat hierdie organisasie lei. Dit sal nooit verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.