DA-kandidaat vir Jhb-burgemeester bekend

Funzela Ngobeni is die DA se nuwe kandidaat as Johannesburgse burgemeester. (Foto: DA)

Funzele Ngobeni is die DA se nuwe kandidaat vir die pos van Johannesburgse burgemeester.

Ngobeni is sedert verlede jaar die stad se burgemeesterskomiteelid vir finansies, asook die leier van uitvoerende sake in die raad, het die party Dinsdag in ʼn verklaring gesê. Hy word beskryf as ʼn ervare raadslid.

“Die DA het ʼn deeglike keuringsproses gevolg voordat Ngobeni aangewys is. Die party is vol vertroue dat hy die goeie werk van uittredende burgemeester Herman Mashaba gaan voortsit deur dienste meer vaartbelyn en ter verbetering van alle inwoners te maak, sou hy op 28 November as uitvoerende burgemeester van die DA-geleide Johannesburgse metroraad aangewys word,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Die party het Ngobeni met sy benoeming gelukgewens. “Ons gee ons onvoorwaardelike samewerking aan hom in die strewe na ʼn verenigde Suid-Afrika vir almal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Feite ·

Funzela verdien n kans om te wys dat hy wit en swart gelyke behandeling sal gee, anders sal dit net erger nag raak vir die DA!

Magda ·

Stem 100% saam – Feite – geen die man n regverdige kans.

KrokodilBotha ·

Dis van kans gee dat ons sit met waar die land vandag is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.