DA kap De Lille oor nuwe party

Demokratiese Alliansie

Die DA het gesê die toets vir Patricia de Lille, voormalige DA-lid en burgemeester van Kaapstad, se nuwe politieke party sal op verkiesingsdag by die stembus wees.

Solly Malatsi, nasionale woordvoerder van die DA, het gesê De Lille se jongste politieke beweging is in ooreenstemming met wat sy die afgelope paar jaar gedoen het, naamlik dat sy van een politieke beweging na ʼn ander skuif wanneer dit polities raadsaam is.

“Daar is meer as 500 politieke partye in Suid-Afrika en De Lille se party sal deel uitmaak van dié groep. De Lille was in stryd met die DA omdat sy geweier het om aanspreeklik gehou te word toe onthullings dat sy korrupsie toegesmeer het aan die lig gekom het. Sy moet nou antwoord op die strafregtelike en korrupsieklagte wat haar in die gesig staar.”

Volgens Malatsi is die DA die enigste party wat daarin kon slaag om alle Suid-Afrikaners te verenig agter sy visie om een Suid-Afrika vir almal te bou. “Ons is die enigste organisasie wat nie die ideaal laat vaar het van ʼn diverse Suid-Afrika wat ras, geslag, ouderdom en godsdienstige agtergrond betref nie.”

Malatsi het ook gesê die DA is die enigste party wat die ANC doeltreffend aangevat en verantwoordbaar gehou het. “Ons regeer nou meer as 15 miljoen Suid-Afrikaners, ʼn verantwoordelikheid wat ons nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Ons het deurlopend in elke verkiesing gegroei aangesien ons gewys het hoe goed ons oor die hele land regeer. Ons sal met die volgende verkiesing weer groei.”

Volgens Malatsi is die DA se enigste prioriteit die mense wat hy dien. “Ons fokus in die Wes-Kaap is op die stryd teen misdaad, bendegeweld en dwelmmisbruik. Ons het onderneem om dienslewering te bespoedig waaronder geïntegreerde maatskaplike behuising en die skep van werksgeleenthede vir mense in die provinsie.”

De Lille het Sondag tydens die aankondiging van haar nuwe politieke party gesê die party sal aan die 2019-verkiesing in al nege provinsies deelneem.

“Ek het regtig nog genoeg energie oor. Ek is fiks, ek neem geen chroniese medikasie nie, ek is gereed om hierdie ding te doen. Dit is tyd vir ʼn nuwe politieke orde in Suid-Afrika,” het sy gesê. “Ek begin ʼn nuwe party van goeie mense wat veg vir goeie mense. Ons almal verdien ʼn beter Suid-Afrika.”

Sy sal die naam van die nuwe party oor twee weke bekendmaak wanneer die party amptelik bekendgestel word.

De Lille het einde Oktober as Kaapstadse burgemeester en lid van die DA bedank ná ʼn stormagtige tydperk tussen haar en die party se leierskap. Verskeie Kaapstadse raadslede het ook uit die DA bedank ter ondersteuning van De Lille.

De Lille het Sondag gesê nadat sy uit die DA bedank het, het verskeie politieke partye haar genader om by hulle aan te sluit. “Die ANC het my genader, die EFF het my genader, almal het my genader,” het sy beweer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

DS ·

Lekker in julle lieg droomland lewe DA. Julle is net so rassisties en feministies soos al julle ander bondgenoot politieke partye. Hoop regtig die witmense besef dat VF + is die enigste politieke party wat ‘n verskil vir die witmense kan beteken en vir hulle regte sal baklei. Maar sonder ondersteuning het hulle geen se nie. En daarmee is ek nie rassisties nie dis feite. Die DA voel vere vir witmense.

Corné ·

VF gaan oor Afrikaner selfbeskikking.
Hul sê – As Afrikaners ‘n Afrikanerraad wil hê en as Afrikaanse gemeenskappe groter selfstandigheid in ‘n tiende provinsie wil hê, moet hulle vir die VF Plus stem.”
Ek sê ons moet almal saam werk in SA met alle rasse en kulture. Daarom stem ek DA.

PIPPIE LANGKOUS ·

DS, as ek eerste kommentaar kon lewer, het ek presies dieslefde as jy beaam. VF+

Mrs H ·

VF+! Het nog nooit telleurgestel nie. Geen skandes.
Corné, het jy na 25 jaar nie agter gekom dat almal nie saam wil bou nie?

Vraagteken ·

Corne, ek stem 100% saam met jou. Die hoofmikpunt vir almal moet wees om die ANC te ontsetel. Ek hou baie van die VF+, maar ongelukkig beteken so ‘n stem nie baie nie (hulle sal in elkgeval in ‘n koalisie met die DA gaan). Sodra die DA oorgeneem het, dan kan jy begin kyk om vir die VF+ te stem.

Adam ·

Mrs H, gelukkig vir die VF+ is hulle so klein dat daar niemand is om skandes te maak nie. Die DA is treurig onder Maimane se leiding, maar die VF+ is totaal irrelevant en dit noem ek met alle respek en met die wete dat daar ‘n paar uiters bekwame politici in hul geledere is terwyl hulle boonop waarskynlik voortreflike individue is. Die somme klop egter nie en die VF+ kon na al die jare nog nie naby daaraan kom om Afrikaners te verenig nie en dit sal ook nie in die toekoms gebeur nie.

Pieterv ·

Sy sal genoeg stemme trek om wel in die parlement te bly. Koalisies sal aan die orde van die dag wees en dieselfde DA wat haar nou so afkraak sal dalk nog erg na haar moet vry.
Sy het haar foute maar, watter polletikus in SA vandag is vlekloos en sonder geraamtes?
Al wat my bekommer is dat haar besluit die opposissie partye nou nóg meer fragmenteer en dít maak die “kings of crime” gelukkig.

adriana ·

Lyk my die D A is bekommerd.
Dankie tog ek is nie deel van hulle nie.

Andre Stander ·

Wel, as die anc, of die eff jou nader om aan te sluit dan moet jy maar weet….. -_-

(wat van die blf’s…?)

ZAR ·

Kyk de Lille het haar mond nou al verskeie kere verby gepraat. Sy verander haar stories soos dit haar pas of liewer soos dit die mense pas by wie sy stemme wil kry. Haar gevoel dat witmense Suid-Afrika moet verlaat is nog net so sterk soos in die ou dae, sy steek dit net beter weg.
Die DA gaan ‘n helse verrassing kry, want ek glo nie hulle gaan meer stemme kry nie. Eerstens het Mmusi witmense vervreem met sy “white privilege” kommentaar en toe vervreem hulle die kleurlingmense met hul openbare bakleiery met de Lille. Witmense gaan VF+ stem en kleurlinge gaan CP toe. Ek kan nie dink hoe enige witte de Lille se nuwe party gaan ondersteun nie, nie as hulle weet wat de Lille regtig dink van witmense in Suid-Afrika nie, maar sy mag dalk nog stemme kry van die kleurling gemeenskap, sy sal nie in enige koalisie gaan met DA nie, liewer met die EFF. Ek voorspel dat DA stemme gaan verloor en meer koalisies sal moet vorm, dus hoop ek VF+ groei baie meer sodat hulle goeie koalisies sal vorm en dat die 2de klas burgers, die witmense, ook ‘n sê sal kry in meer stede.

Stefan ·

Jy is reg ZAR. Die DA verloor ook my stem en voortaan stem ek VF+.

Geheueverlies ·

Die DA lyk my ly aan geheueverlies. Vergeet hulle v hulle leier Maimane se openlike rassistiese uitsprake oor witmense? Alles word mos mooi ge-sugarcoat hoe nader ‘n verkiesing kom. Witmense moet onthou om eerder VF+ te stem as DA wat inherent rassisties is maar dit hard probeer wegsteek

Daan Erasmus ·

Dit gaan nie oor beginsels nie.
Dit gaan nie oor die belang van die kiesers nie.
Dit gaan nie oor reg en verkeerd nie.
Dit gaan oor geld.
Dit gaan oor Patricia se ego.

Neels ·

Nog een wat ook n sny van die parlementere koek wil he. Daar is nou al soveel politieke partye dat as hulke saamstaan kan hulle die regering vand die dag oorheers , maar o wee elkeen het sy eie ego en dit sal nooit maar nooit realiseer nie

Karolis ·

My ongevraagde raat aan die da is om eerder nou stil te bly as om later te hoor:
sien ek het julle gewaarsku.

Anel ·

Eers jag hulle haar weg en nou wil hulle kap na haar omdat sy haar eie party begin? Ek dink die DA is bang, hulle dae is getel. Sterkte tannie Pat, ek hoop julle en die VF+ kan saam smelt want die DA gaan erg kom vlerk sleep by julle.

DA BO ·

Ek is n DA volgeling. En sal dit bly. Hier in die kaap gaan dit beter as elders.

Frik Lotz ·

Die DA probeer iets vir almal wees, maar beteken eintlik niks vir niemand nie. Hul beleid verskil nie veel van die ANC nie en is hul in wese maar n ANC-lite. Die mees logiese keuse sal wees om VF Plus te stem.

Gatvol ·

Sal graag wil weet waar kom die befondsing vir die nuwe Party vandaan?

jack Daniel ·

Arme Dille sy is nes die ANC! Praat, stook op, stig partye ens ens. Maar!… Eintlik praat n lieg sy so baie dat ook maar nerens kom nie. Haar eerste party was a flop! Dink sy nou regtig die mense van SA soek nog a Mickey Mouse circus met nog Meer leuens n empty promises!!! Kom by!!! Jys oud n uit gewas soos a boontjie. VF plus vir my n my familie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.