Die DA doen ʼn beroep op die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, om die chaos wat die afgelope ses maande by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) met die betaling van die spesiale Covid-19-toelae van R350 voortduur, dringend uit te sorteer.
Die DA eis ook Zulu se kop as sy nie die probleem vinnig uit die weg ruim nie.
Bridget Masango, die DA se woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, sê die party is onlangs weer oorval met klagtes van begunstigdes wat nog nie hul toelae vir verlede maand ontvang het nie.
“Baie begunstigdes is al drie tot vyf jaar lank werkloos. Volgens Sassa het hulle egter almal werk gevind te midde van die ekonomiese krisis wat die land in die gesig staar ná die langdurige afsonderingstydperk,” sê Masango.
Sy sê Sassa se aanlynplatform wat onlangs van stapel gestuur is, is nog ʼn groot bron van voortdurende frustrasie vir begunstigdes omdat dit soms dae of weke aaneen nie behoorlik werk nie. Masango sê Sassa-amptenare is ook ongeskik wanneer begunstigdes konsultante ná kantoorure in die hande kry.
“Sedert die aanvang van die Covid-19-afsonderingstydperk het die DA hom uitgespreek oor die ernstige impak wat die probleme by Sassa en die departement van maatskaplike ontwikkeling op die begunstigdes, wat vir die spesiale toelae kwalifiseer, se lewe het. En tog kry begunstigdes steeds nie antwoorde by hulle oor die onbetaalde toelaes nie.”
Masango meen Zulu se optrede tot dusver is ʼn bewys daarvan dat sy nie die departement kan bestuur nie.
“Sy het bewys dat sy nie omgee vir arm en kwesbare mense nie. Sy het bewys dat sy net omgee vir die mag en status wat haar posisie as minister meebring. Dit is tyd om haar met ʼn bekwame minister te vervang.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Alles waaraan hulle vat is ‘n gemors om nie eers te praat van ongeletterd en onbekwaam nie!
Die keiser is kaal en hy weet dit nie. Verskil is ANC is TOTAAL onbevoeg om land te stuur en hy weet dit maar sy absolute arrogansie,gierigheid emn magsbeheptheid laat hom voortstorm
Hierdie klomp tannies wat in die kabinet dien as ministers, moet liewers huis toe gaan en kinders groot maak. Dink net ons raak betrokke in ‘n oorlog met so ‘n minster van verdediging aan die stuur van sake. Hule is onbekwaam en het ‘n totale gebrek aan oordeelsvermoë. Wat nog te sê insig.
Wat is dit tog met die “geleerde mense” van ons regering se liefde vir hoedens.
ai tog….die hoed en bril te groot , kan nie mooi sien of hoor nie !!!