DA kap Lesufi oor ‘rasseverdeling’

‘n Skermskoot van Lesufi se twiet.

Die DA het uitgevaar teen Panyaza Lesufi oor sy kritiek teen die Sol-Tech-kampus wat tans gebou word.

Lesufi, LUR vir onderwys en jeugontwikkeling in Gauteng, het op Twitter reageer op ʼn foto van Vrydag se sooispitseremonie van die nuwe Sol-Tech-kampus wat in Monumentpark gebou word.

“Ek haat rassisme wanneer ek dit sien. ʼn Rasgegronde instelling in ʼn nierassige samelewing sal nie slaag nie. Moet ons asseblief nie aan apartheid herinner nie,” het Lesufi getwiet.

Die DA het Lesufi se jongste uitlatings oor Afrikaans ten sterkste veroordeel.

“Die DA verwerp die veralgemening dat Afrikaans aan wit mense behoort. Ons glo ook nie in die etikettering van Afrikaans as die ‘taal van apartheid’ nie. Dit moet end kry,” het Refiloe Nt’sekhe, die DA se nasionale woordvoerder, gesê.

Nt’sekhe het gesê die waarheid is dat Afrikaans die huistaal is van die meerderheid bruin Suid-Afrikaners, met meer as 77% van bruin Suid-Afrikaners wie se eerste taal Afrikaans is.

“Die DA is sterk van mening dat moedertaalonderrig, hetsy in Afrikaans of een van ons tien ander inheemse tale, ʼn sleutel is tot ontwikkeling en dat leerders hul volle potensiaal bereik. Daar is geen plek vir ʼn rassetwis in ons onderwysstelsel nie. Gehalte-onderrig en moedertaalonderrig ly.”

Lesufi moet sy pogings daarop fokus om die Gautengse onderwysstelsel te verbeter en die skep van broodnodige geleenthede vir almal om in hul moedertaal opgelei te word, en nie rasseverdeling aanhits nie.

“Die LUR het voorheen sy vingers verbrand toe die Konstitusionele Hof in Julie 2018 teen hom bevind het in die Overvaal-saak. Die publiek is keelvol vir Lesufi se rassisme. Moedertaalonderrig gaan nie oor ras of kultuur nie, dit gaan oor gehalte-onderrig.

“Lesufi, as staatsamptenaar, is verplig om dit te bevorder en ons doen ʼn beroep op hom om by alle taalgroepe betrokke te raak en moedertaalonderrig te bevorder, eerder as om dit te verag,” het Nt’sekhe gesê.

Die Solidariteit Netwerk het Vrydag aangekondig dat die eerste studente in Januarie 2021 by die nuwe Sol-Tech-kampus verwelkom sal word. Die oprigting van die kampus is die eerste groot projek van opleidings- en werkprojekte van R4,5 miljard wat die Solidariteit Netwerk in die volgende vyf jaar gaan aanpak.

Die volgende groot projek is die bou van die Akademia-kampus waar universiteitsopleiding van wêreldgehalte met Afrikaans as onderrigmedium aangebied gaan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Johan ·

Kan ons nie deur “crowd funding”, genoeg geld bymekaar maak om Lesufi 7 jaar lank in terapie sessies te hou nie? Hy is enige enige sielkundige se nagmerrie-droom

B ·

Maar staats-universiteite het werklike ras gebaseerde toelatingsvereistes, en vereis hoër TPT punte vir sekere rigtings wat wittes wil studeer.
Selfs wit dosente word aktief uitgewerk.

Johan Maritz ·

Lesufi haat n sukses verhaal alles moet n mislukking wees Ek is so bly ek was nooit sy onderwyser nie want ek dink hy was n iriterende opstokker.

Heinrich ·

Ek stem Johan, hy probeer so hard om Afrikaans te onderdruk, smaak my hy het ook maar baie issues…

Derick ·

Hy moan en groan want hy weet die universiteit gaan DIE unversiteit in SA wees. Op akademiese en sport gebied.
Hoekom is die mense bang vir n taal en n vlag?
Ons Afrikaners wil net in vrede lewe in n land sonder misdaad en korrupsie.

Frik ·

Teen wie gaan die universiteit speel. Ten minste 80% van die spanne moet binnekort swart wees.

wiehan ·

Wie de hel dink Lefusi is hy. Ek as Solidariteit lid betaal vir daardie instelling. Ons vra nie ‘n sent van die regering nie en alles wat ons belasting betalers oor die jare op gebou het het hul in ‘n paar jaar af gebreek.
Ons sal ons eie Afrikaanse instellings bou. Moet nie daaraan probeer raak nie.

Mike_O ·

Van wanneer af klim die DA nou op die Arfikaner se politieke “bandwagon”.
…….Seker vanaf die liederlike pak slae wat hulle van die Afrikaner stem in die algemene verkiesing gekry het .

netso ·

Ek het dieselfde gedagte gehad. Maar verwelkom hul uitspraak. Tog sal hul my nie weer aan hul kant kry nie. Eenkeer gekul, wees baie versigtig.

koos ·

Mike, het ek ook mos gedink.
Maar kom ons hoop dat hulle vorige rasgebaseerde uitsprake net toegeskryf kan word as breinfloutes.
Dankie DA, dis ‘n goeie begin, maar julle het nog baie werk wat voorlê voordat julle kiesers sal terugkeer.
VF+, nou moet julle ook iets hieroor sê asb. Dink aan wie julle jul grootste steun te danke het.

Cherokee ·

‘…..voordat hul kiesers sal terugkeer’ sê jy koos. Eenmaal ‘n liberalis, altyd ‘n liberalis.

Wielspore ·

Dit is die oplossing vir SA, waar die staat faal in sy verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap. Bou en onderhou jou eie instansie.

aj ·

Afrikaanses moet een van die vyf kampusse by UP opeis vir eksklusiewe onderrig in Afrikaans. Bv Onderstepoort of Groenkloof.

Afrikaanse tannies het help geld bymekaarmaak met koesister en pannekoek verkope om UP fasiliteite te bou. Nou kan die Afrikaanse tannies se kleinkinders nie in hul moedertaal daar studeer nie. SKANDE!

Deon ·

Vergeet van Pretoria. Dink eerder aan Orania, die Weskus of Suid Kaap. Daar kan iets groots ontwikkel met verloop van tyd. Pretoria is geskiedenis. Aanvaar dit.

DD ·

Net omdat sy Departement of regering nog geen instelling in enige van die 10 ander landstale kon oprig en suksesvol bedryf nie.

J ·

Mooi so! Laat iemand van sy eie nasie hom so lekker op sy herrie gee. Mag meer swartmense bevry kom van hul voorgeslagte se interpretasies.

As een taal in SA ‘n bestaansreg het is dit juis Afr – Afr is die enigste taal in SA wat in SA gebore is. Al die ander tale het van elders oor Afrika hierheen gekom, en Eng is die enigste taal in SA wat ‘oor die water’ hierheen gekom en in ons kele afgedruk is ten koste van al 10 ander Afrika-/SA-tale.

Net jammer Afr is nie ook ‘n besigheidstaal in korporatiewe instellings nie, want kliënte oorsee verstaan nie Afr nie. En tog, Portugees of Frans, bv, deins glad nie terug en buig voor Eng nie. Hulle vertaal net eenvoudig Eng dokumente na hulle enigste landstaal toe en weier om Eng te praat. Maar in SA buig ons nog steeds voor die Koningin van Engeland. Dus is ons eintlik nog maar steeds die Unie en nie die Republiek van SA nie.

JR ·

J nou praat jy so n bek moet jam kry soos die spreek woord sê

Hans ·

Die LUR moet liewers onmiddelik begin om die begroting optimaal te om genoeg nuwe skole te bou-i p v om ander te kririseer.

piper ·

dit is baie komies dat lesufi afrikaanse instellings aanval. hy is bang vir hulle omdat hulle hom in n slegte lig stel met hulle suksesse wat hulle behaal en nie hy dit kan nadoen nie. met al die staatshulp wat van belasingbetalers kom en sy vet salaris kry hy dit nie reg wat afriforum en solariteit regkry sonder staatshulp.

Fanie ·

Terloops, intussen het UNISA sy internasionale status verloor, vir grade verwerf by die instansie. Maar dit, kritiseer ‘n die vooruitgang van ‘n privaat onderwys stelsel uit die boonste rakke.
NS: ek gebruik die woord dit, om my minagting uit te druk aan die een wat dit in die artiekel verdien

McG ·

Ja nee, sal hy sy skok en afgryse uitspreek en ‘n kommitee aanstel om ‘n in-diepte ondersoek te doen en al die rolspelers en partye bymekaar….. nie die keer nie. Vryh3id van keuse, so ‘ons’ kies dan om te swot in vrede.

Dries ·

Mnr Lesufi. Soos ek dit verstaan sal jy ook welkom wees om hier te studeer. Weet net di onderrig medium is slegs Afrikaans, soos bv. Deutshe Shule se leeders, hoofsaaklik op Duits onderrig word…

Duits ·

@Dries, my kind is in die Duitse skool en hulle bied Duits, Engels, Afrikaans en Frans aan. Meeste mense by die Duitse skool praat Afrikaans as jy nie Duits kan praat nie.

Antoinette ·

Hoekom het Lesufi nie ‘n probleem met die Duitse skool in Pretoria nie, of die Chinese skool in Johannesburg nie?
Hulle is bang vir ons suksesse

JR ·

Dit is waar hy het net n probleem met ons stuur hom Richtersveld toe ek was in Junie daar ek het met die bruin mense gepraat oor hulle taal van hulle het gesê hulle ken net Afrikaans as taal en hulle het sulke mooi maniere wat n plesier om deur Richtersveld te toer ek verlang elke dag na die wonderlike plekke met net die rus en stilte

Piet ·

I would like to make a comment in English with the vaque hope that Lesufie will read/understand what is written.
Never have I seen such all consuming hatred by one person. In the proceess he has completely lost sight of his job description. And result that his own people are losing out – big time.
By propagating theft of infrastructure in the future he is showing his inability to plan, to build and expand. “If I cannot do it I can always steal it”
One word – pathetic. Mr Premier, if you condone the you are complicit.
Take away his mobile and get him to do some work.

HPV ·

Wat die groot seun en ander soos hy nie besef nie, sodra witmense emigreer neem hulle werk geleenthede met hulle saam. Ek weet van ‘n hele paar wat hul besighede hier gesluit het en dieselfde besigheid oorsee geopen het. Die geweldige werkloosheid probleem is deels emigrasie, van Suid Afrikaners, verwant. Dan jaag mense soos hy en malema al meer mense landuit.

toy ·

Bou asb die afrikaanse universiteit, glo my julle sal suksesvol wees, ons mense glo nie aan om heeldag te staak nie. Deur te leer en hard te werk sal mens iewers kom nie om alles tot stilstand te bring en dink dinge gaan gebeur nie.

Zelly ·

Die pukke gaan leeg loop in potch….almal gaan na die nuwe afrikaanse universiteit gaan. Viva Afriforum!!!!!!!

JCS ·

Kan iemand asb vir eens en vir altyd vir die mense leer dat AFRIKAANS is nie ‘n kleur nie. BLACK soos in BFL is ‘n kleur! Dis no ook nie asof SolTech en Akademia nie alreeds bestaan nie! Dis net ‘n nuwe kampus. Wat met R10 e betaal word en studies is ook nie gratis nie, want daar is nie iets soos “verniet” nie, iemand betaal daarvoor!

Philip J ·

My seun swot gereedskapmaker by die huidige SolTech kampus in Pretoria Wes en dit is ‘n uitstekende kampus wat uitstekende opleiding bied. Niks van apartheid en ander politiekery nie – net harde werk in sy moedertaal! Sterkte vir die nuwe uitbreidings – mag julle van krag tot krag gaan.

Theoman ·

Net ter inligting Lesufi, die Afrikaner het na die Anglo Boere Oorlog uit die as op gestaan en begin bou aan Suid Afrika wat julle geerf het en na 25 jaar van jou mees korupte anc party in die ganse wereld het jy en jou trawante hierdie land letterlik deur julle gatte getrek en daar voor behoort jy en jou kaders julle te skaam, iets wat julle nie kan doen nie wat dis mos altyd apartheid se skuld. Lesufie, ons Afrikaners Handhaaf en Bou, julle spul breek af en brou. Skaam jou.

Erika ·

Waar het die ANC regering en Lesufi nuwe universiteite of skole gebou die afgelope jare?
Waar het hulle skoolgeboue herstel wat afgebrand is of vernietig is?? Nee hy sal die kinders liewers 50 in ‘n klas plaas wat nie een die selfde taal kan praat nie…Lesufi kan seker nie Afrikaans praat nie! Hy vergeet dat nie alle blankes Afrikaans ook praat nie en dat alle ander kleur mense wel Afrikaans praat.. VIVA Afrikaans!!

Ronel ·

Wonder hoekom het ons slim LUR vir Onderwys niks te sê oor die japanese skool in Emmerentia waar onderrig in japanees is? dalk is die rede dat die Japanese regering en al die Japanese mpy’e in SA nie sy nonsens sal duld nie?

HC ·

Solidariteit het self reggekry met sonder staatshulp.
baie dankie DA, julle het opgestaan en teen Lusefi..
Hoekom is VF+ so stil?

Lana ·

Die feit dat Lesufi en sy regering die land afgebreek het, wys hoe sleg hulle is. Die feit dat hulle mense wie dit weer wil opbou probeer verneder en teenstaan wys hoe min hulle vir Suid-Afrika voel!!

Eben ·

Daag mnr Lesufi uit om Sol-Tech na te doen. In enige taal. Met die hele regering se “hulpbronne” agter hom.

Andre ·

Lesufi ruk jouself reg man ! Jy sal die Afrikaner nie onder kry nie ! Doen ‘n bietjie navorsing en kyk hoe die Afrikaners opgestaan het. My ouma het die konsentrasiekamp in Bethulie oorleef en alhoewel daar ook maat haat was vir die Engelse het haar nageslag daar oor gekom en almal is ten volle tweetalig en koester geen wrok nie.
Ons het nie nodig om op te staan nie want het nog nooit gaan le nie.

Dries Moolman ·

Gaan kyk bietjie na Lesufi se twitter aktiwiteite. Waar hy tyd kry om sy werk te doen, weet nugter, want hy le heeldag op sosiale media. As ander mense gevang word by die werk dat hulle op Facebook is, word hulle sommer dissipliner aangetree of afgedank.

Lana ·

Die feit dat Lesufi en sy regering die land afgebreek het, wys hoe sleg hulle is.
Die feit dat hulle iemand wat dit weer wil opbou probeer keer en verneder, wys hoe min hulle vir Suid-afrika voel.

AV ·

Bitter mens dié. Gegrief tot in sy siel as Afrikaners bou en suksesvol is. Hy weet hy gaan nie sy ANC kapperjolle kan gebruik om hierdie instansie te ‘transformeer’ nie, en dit vreet hom op.
Kry maar ietsie vir daai gal wat jy so braak Lesufi. Jou haat gaan jou nog opvreet van binne.

Morne ·

Oor 5 jaar gaan die Afrikaanse universiteit groter as Tukkies wees want hulle gaan die wat in afrikaans wil leer help om n graad te kry.

A ·

Dit sal ‘n sukses wees want die studente sal nie die plek afbreek of afbrand nie as hulle nie hul sin kry nie. Opgevoede mense sal soontoe gaan en nie die fout vir swak prestasies soek op ander plekke nie

Liewe Heksie ·

Shame ons moet hulle eintlik so jammer kry, want hulle is tog so bang vir die “woord” Afrikaans en wit, want hulle weet waar daar Wit Afrikaners is, is daar sukses. Ons wit Afrikaners het nog al die jare gestreef na opbouing en sukses, ons hoef nie af te brand en te vernietig nie. “Trots Wit Suid-Afrikaner”, maak nie saak wat wie sê nie. Bou so voort Witman!!!!

Frik ·

Gaan lees Merlyn van de Rheede se artikel oor die mense van Danville dan sal jy dalk anders voel.

Ore ·

Ai,arme mnr Lesufi.Ek stel voor jy lees eers op oor ‘n instansie en dan braak jy gal.As ek reg is,bestaan die instelling amper 10 jaar.Al wat nou gebeur is is dat daar ‘n nuwe kampus gebou gaan word en daarom was die sooi spit seremonieel.En toe sien hy sy kans om weer die nuus te haal.Solidariteit doen meer as bv Cosatu.Een bou,die ander brand en breek.
Chill mnr,Afrikaans is nie die vyand nie,jy is jou eie vyand.

Frik ·

Bou SolTech en Akademia in die Suid Kaap, Weskus of Orania en niemand sal ‘n eier lê nie. Maar waarom in Pretoria? So in die aangesig van die ANC regeerdes. Dis mos moeilikheid soek.

Kallie ·

Dink net, Riversdal, Bredasdorp, Robertson, Montagu, Ashton. Pragtige wêreld. Die mense van die Namakwaland en die Richtersveld praat ‘n mooi Afrikaans.

Deon ·

Stem saam, daar is’n beheptheid met Pretoria. Daar is ook lewe buite Pretoria. Grond is waarskynlik ook goedkoper buite Pretoria en munisipaliteite verskaf nog dienste.

Ditsem ·

In 25 Jaar kon jy en jou regering nie n enkele universiteit bou nie , julle het wel top gehalte gekry en is in die proses om dit ook af te brand.Dis bewyse dat alles waaraan julle vat, vernietig word. Jy het n minderwaardigheids kompleks en ek verstaan dit. Jy hou nie van iemand as hulle beter as jy is nie. Jy verteenwoordig jou regering baie goed Paloeffie. Gaan voort met julle goeie werk en los ons. Ons sal met ons goeie werk aangaan. Ons hoef nie saam met die res van Suid Afrika onder te gaan nie.

Kobus ·

Regstelling, daar is universiteite gevestig in Kimberly en Mbombela/Nelspruit.

Poot ·

Lesufi jy kon nie eers jou eie taal op papier sit nie. Die Afrikaans sprekende “boere” moes dit vir jou gedoen het.

Willie ·

Hulle is bekommered dat hulle nie van die 300mil kan verdoesel nie… Lesifu kyk en kyk mooi Afrikaners, bou op breek nie af nie… Ons is die givers, julle is die free takers..kan niks self doen nie?

Brendan ·

Julle vaar uit oor sy uitlatings, die DA is tog alweer ontstoke daaroor, maar geen aksie word geneem nie. My 9 jarige dogter is verneder en verniel deur haar skool. n Afrikaanse skool van aansien en kamtige christen waardes, al een want hom ontferm het oor my AFRIKAANSE, BLANKE dogter Lesufi. Binne 24 uur het hy self n ondersoek van stapel gestuur, self terugvoer gegee.

kolla ·

Ek sê al lankal Lesufi is ‘n harde werker. Almal stem nie met hom saam nie maar hy doen sy werk, meer as wat van ander staatsamptenare gesê word. Hy gaan dit nog ver bring.

D B ·

As ek so die man en sy “mense” se stellings elke dag lees, kan ek nie help om te dink aan sprinkane nie…kom aan by ‘n pragtige groen veld, wanneer hulle klaar is bly daar net sand oor…

Riaan ·

Die DA en enige politieke party en mense regte beweging soos Afriforum,(EK doen my bydrae maandeliks aan hulle want ek glo in wat hul doen) en Solidariteitwat wat probeer optree teen die ANC, EFF en BLF (Al het hul geen setel in die regering gekry nie, maar tog oneindig baie media aandag trek) is soos ‘n poedel sonder tande. Die gekef is irreterend maar beteken niks. As hul hard en lank genoeg kef word hul net van kant gemaak. Dit is so ‘n magtelose gevoel dis onbeskrywend.

Jerry ·

Afriforum/solidariteit se doen en late en strewe na selfbeskikking is teenstrydig met die ANC/eff se ideologie van haat teenoor die Afrikaner en die se taal, kultuur en geloof en daarom is dit dus geen verrassing dat foefie lesufi en julius en cyril en jacob en jesse en nomvula en ace en goliat en ANC kerk en tuinier ens. hewig ontsteld en boos sal wees. Dat hulle boosheid van jaloersheid en afgunstigheid goter kollektiewe en gewetenlose lafhartige onheil teweeg gaan bring oor die kwesbares en weerloses uit die Afrikaanssprekende gemeenskap en wie dit gaan moet ontgeld net soos die boere dit steeds ontgeld oor grond, dit is Virseker! Afrikaanssprekendes moet maar hoop en bid dat Afriforum/solidariteit nie net gerat is om hulle eie belange te beskerm nie, maar ook gebeurlikheidsplanne in plek het om Afrikaanssprekendes se belange en veiligheid te Virseker, wie inderdaad hierby ingesleep kan word en wie onskuldig in die kruisvuur mag beland! Soos wat eksklusiewe selfbeskikking vorder so gaan dit nog n taai toffie raak en soos ek altyd se, dat as jy soos Dawid teen Goliat wil taai wees, dan moet jy bereid wees om heeltyd en enduit taai te wees. Soos Steve altyd gese het, dis hoe dit is!

Frik ·

Solidariteit en sy dogters stel nie werklik belang in geografiese selfbeskikking nie.

James ·

Wat het hy al opgebou?
Niks!
Wat het hy al afgebreek en probeer afbreek?
Te veel om op te noem.
What a big time looser!!

johan van der mescht ·

julle bly tops …almal moet by hulle aansluit …al mense wat veg vir ons taal

sweis ·

lezufi het net n mond waarmee hy sy rasistiese haat teenoor wit mense verklaar ,hy het nie die insig of wysheid om n funksionele kleuterskool te begin nie wat nog van n Soltek.

Stefan Kruger ·

Laat Sol-Tech slegs blanke studente toe? Of is dit oop vir alle rasse wat in Afrikaans opgelei wil word?

Anoniem ·

Daar is ook enkele nie-wit studente (wat hul klasgeld betaal en bereid is om in Afrikaans opgelei te word).

Wim ·

Geen regdenkende Afrikaans sprekende ouer kan sy kinders tans na enige vd Staatsbeerde Univeriteite stuur nie. Ek het nou weer hoop dat my kleinkinders onderrig sal kan kry waar orde gehandhaaf sal word. Lesufi se haat teenoor Afrikaans en Afrikaanse skole is niks anders as xenophobia nie en hy veafsku die suksesverhaal van Afrkaanse skole. Lesufi verpolitiseer alles agv van sy haat wat hom verteer en dit maak hom ongeskik en onbevoeg vir die posisie wat hy beklee. Lesufi se uitsprake is openlik rassisties en hy verdien die veragting wat hy tans van alle rassegroepe kry. Hy is nie wat hy voorgee om te weeks nie as gevolg van sy deursigtigte agenda. Alle sukses met die bou van die Universiteit en ander Kampusse Do so Voort !!!

humor ·

Kobus wat n massiewe prestasie, met belastingbetalers se geld, waarvan n sekere persentasie sekerlik nie vir die regte doel gebruik is nie. Gaan kyk gerus of die geboue nie alweer verf nodig het nie.

Kobus ·

Korrek, met belasting geld. Hoe dit daar lyk weet ek nie. Ek stel ook nie belang nie. Ek verkies korrekte feite, en nie stellings soos deur Ditsem gemaak. Daar is genoeg fopstories in die rondte

Michelle ·

Hierdie tiepe goed laat my so dink aan klein kindertjies wat met speelgoed speel.
Almal sal met karretjie’s speel maar daar is altyd enetjie wat die ander se karretjie wil he. Nooit tevrede met sy eie karretjie nie.

Jimmy ·

Indien klasse in ou tydelike strukture aangebied word stel die staat nie belang nie. Maar daai nuwe geboue lyk al te mooi. Baie mense kan in die koshuise gaan plak.

Karl ·

So bly die afrikaner bou aan sy toekoms, terwyl ander die skole en universiteite afbrand. Dan wil julle vir my sê, die Afrikaner het nié SA opgebou tot en met ’94 nie?

Anoniem ·

Michelle, die ander kinders het ‘n mooier en ‘n karretjie wat beter werk, en dit maak die ander kinders kinderlik ongelukkig en jaloers.

adk ·

Ek weet nie van n ander vakbond wat dieselde sal doen vir hul lede….maar weet van n paar wat enige belaglike rede sal kry om te staak, soos SASBO
en kie

Pieter ·

Wonder ek ook oor die DA se skielike besorgdheid oor Afrikaans!

aj ·

Swak (3de taal engels) studente word tans onderrig deur swak (3de taal engels dosente) in die medium van (rotten)English!

Daar kan niks goeds van dié sirkus kom nie! Wie wil met sulke “losers” asosieer word?

Bedekte seën dat skrander Afrikaanse studente en dosente hulle talente elders gaan ontwikkel.

Tinus ·

En so het ek gister gehoor dat n gekikte kandidaat n pos geweier word …. omdat hy wit is, die pos moet nou as BEE her-adverteer word – maak my naar !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.