DA kap na ANC oor R12 miljard-belastingverhoging

skuld-krediet-afbetaling-belasting-sakrekenaar-rekenaar-boekhou

(Foto: FirmBee/Pixabay.com)

ʼn Regering moet besluite neem wat billik is vir die héle land. “Om te regeer is om te kies. Geen regering kan alles hê, of aan alle behoeftes voldoen nie,” het Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies, Dinsdag tydens die debat oor die belastingwet-wysigingswetsontwerp en die koerse, monetêre bedrae en wysiging van die inkomstewette-wetsontwerp gesê.

Die belastingwet-wysigingswetsontwerp en die koerse, monetêre bedrae en wysiging van die inkomstewette-wetsontwerp is ʼn jaarlikse wetswysiging wat die nasionale tesourie se aangepaste begroting en belastingwysigings moet bekragtig.

Volgens hom gaan die wysigingswetsontwerpe lei tot ʼn belastingverhoging van R12 miljard vir werkende gesinne omdat daar versuim is om belastingkerwe vir inflasie aan te pas.

“Die R12 miljard in bykomende belasting kom reguit uit die sakke van elke hardwerkende Suid-Afrikaner. Is dit billik? Nee, dit is nie. En dit is ook nie eties verdedigbaar nie.”

Hill-Lewis het gesê die regering prioritiseer reddingsboeie vir staatsbeheerde ondernemings (SBO) en salarisse vir sogenaamde miljoenêr-staatsamptenare, ten koste van werkende gesinne wat reeds sukkel om liggaam en siel aanmekaar te hou.

“Hierdie goeie hardwerkende mense moet verhogings in kragtariewe, brandstof, BTW, openbare vervoer en skoolgeld trotseer. Hulle is toenemend onseker van hul werk en hul lone hou nie by inflasie by nie.

“Dít is die mense wat vir dié belastingverhoging moet betaal,” het hy gesê.

“Hierdie mense moet elke maand meer van hul swaarverdiende geld gee om die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Eskom uit die moeilikheid te hou.”

Die DA het gesê die ANC, wat beweer hy regeer vir die werkersklas, is in werklikheid ʼn party wat regeer vir die nuwe miljoenêr-elite in die staatsdiens en die multi-miljoenêr-kaders wat by SBO’s ontplooi is.

Hill-Lewis het gesê die inkomste van werkersklasgesinne moet beskerm word, en nie ideologieë van wetgewers wat uit voeling met hulle is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Feite ·

Om te praat met die ANC regering en CR help nie meer nie en niemand hoef meer daaroor te twyfel nie dat CR n president vir die ANC is en nie vir SA nie. Gemeenskaplike en radikale belasting weerstand en weerhouding teenoor hierdie verhoging moet gesamentlik deur alle opposisiepartye geloods word!

Koos Kookwater ·

Ek werk vir n maatskappy wat nie My belasting sal terug hou of in n ander fonds betaal nie

Frans ·

Hoe geldgierig en ongevoelig wil die ANC voortgaan todat ALLE moontlike metodes van “Geld in die sak” misluk? Die belastingbetaler is óórbelas en kán nie méér aan die regering se buitensporige luukse lewensstyl voldoen nie. Binnekort is die geld op en dan regeer die ANC oor ‘n land wat hulle tot bankrotskap “bestuur” en “regeer” het. Die regering is die werknemer, nié die werkgewer nie. Maar ons as belastingbetalers word “regeer” asof ons die regering se werknemers is. Dit is ‘n uitbuit en misbruik van hulle magte. Todat hulle besef dat hulle ‘n bankropte land “regeer”. Maar hulle geld is verséker nie in SA belê nie, dus sal hulle die eerste vliegtuig (beslis nie SAL nie) gebruik om na hulle weelderige aftreeoord te vertrek. Hulle voel dadels vir wat hulle gaan agterlaat. SA moet dan self verder die regering se wanbestuur “oplos”. Tipies kommunisties, solank hulle “vet” in die geld is, gaan hulle nie omgee vir die ondergang van SA se mense nie. Dit is nie leierskap nie, maar selfsugtige en geldgierige “bestuur” om hulle te verryk op ons onkoste. Pateties en beslis teen menseregte. Hulle gaan hulle “our people” ook sonder gewete verlaat. Só ook die res van SA se mense. Wat word van die kindergeslag wat uitsien na werk, terwyl die ANC alle geleendhede misbruik en vernietig het.

Pieter ·

Frans ons blankes het vir ons n lat gepluk vir ons eie gaai deur nie stanpunt in te neem nie ons kon lankal saam gestaan het en die ANC in die bek geruk het maar ons het nie al wat ons doen is kla en dit gaan ons niks help nie ons dink die klomp narre in die ANC is dom hulle is wakker glo my hulle mors met ons blankes

Schalk ·

Bankrotskap begroting n regte manier julle het mooi geleer by Bob van Zimbabwe en gelukkig is die gebrek aan kapasiteit in jul geledere so dat julle nie weet dat julle nie weet nie.Gelukkig sal die IMF nie meer geld leen nie en ook nie China nie want alles is verpand.

Charlotte ·

Die staatsdiensamptenare, is die van ministers ens, glad nie die res nie…. slegs hulle wat in hoë poste aangestel is….

Johann ·

Moenie glo dit is net ministers nie, kyk bv na die polisiediens, daar is ‘n geweldige toename in die range vanaf brigadier tot lt generaals, al hierdie persone kry vanaf R1.2m op tot R2.4m. Waar daar in elke provinsie ‘n luitenant to lt kolonel skakelhoofde was is al die poste tot die van brigadier verhoog, net om meer miljoeners in die diens daar te stel, dit is met een woord skokkend hoe die staatskas getap word.

Andre ·

Mensies julle moet maar lekker addisioneel betaal! Het 67% nie in ’92 vir hierdie bedeling gestem nie? Vat die pyn en hou op kla.

Matt ·

….. en so sê 99.9% van almal wat NIE hul stem uitgebring het nie…… !!!!

Judge Dredd ·

Blykbaar het SA ‘n 70% vs 30% verhouding.

Vandag het die ANC/EFF en nog ander sekere klein partye min of meer 70% van die steun.

Maroela laat my ongelukkig nie toe om ‘n beskrywing te gee van die 70% .

Judge Dredd ·

Matt ek was nie oud genoeg om deel te neem aan 92 of 94 verkiesing.
Daar was vooraf besluit vir my – deur persone wat wou geld maak, exit strategy gehad het, of bloot naief was.
Nou sit die jonger garde met gebakte pere.

Maljan ·

Kolskoot Matt. Was en is mos te bang om tussen die menigtes te gaan staan om n kruisie te trek. Nou moet hulle kerm en kla. Die geld vir vleis en dop by die braai het seker opgedroog.

Judge Dredd ·

Stem saam DA, maar daar is een probleem……..
Daar waar die DA in beheer is word munisipale rekeninge opgestoot.

Pottie ·

Kom ons gaan leer by die mense van hong kong hoe word dit gedoen dit is hoe n nasie saam staan nie deur te kla nie dit gaan ons niks help nie

Judge Dredd ·

Ek stem saam Pottie, ons(Afrikaner) moet saamstaan – vertel gou net vir my met presies wie en wat saamgestaan/saamgewerk moet word?
Kan sekerlik nie DA(ANC lite) wees nie wat die Afrikaner al versaak het?
Miskien moet die liberales maar besef dat die konserwatiewes was toe al die tyd korrek……

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.