DA kap na Myeni oor pensioengeld-bewerings

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad. Foto: ANA

Die DA het Sondag gesê Dudu Myeni, die omstrede raadsvoorsitter van SAL, is blykbaar betrokke by ʼn “beplande strooptog van pensioenarisse se geld” om SAL en ander staatsinstansies uit finansiële moeilikheid te red.

Die DA se Alf Lees het gesê die party het kennis geneem van mediaberigte dat Myeni die Openbare Beleggerskorporasie (PIC) vir R6 miljard gevra het om die beleërde SAL te red – ʼn lugredery wat volgens die DA deur Myeni in die grond in bedryf is.

Lees het gesê volgens mediaberigte het die PIC glo die versoek geweier, maar is dit net nog ʼn rede hoekom Myeni uit haar posisie verwyder moet word. Dan Matjila, uitvoerende hoof van PIC, moes glo antwoorde gee oor bewerings omtrent hom wat op geheimsinnige wyse aan die lig gekom het nadat hy Myeni se versoek geweier het.

Lees het gesê dit is kommerwekkend dat Matjila moontlik nie in staat was om sy werk sonder politieke inmenging te doen nie.

“Malusi Gigaba, minister van finansies, is heeltemal verkeerd. Die teenwoordigheid van me. Dudu Myeni op die raad van SAL, wat nog te sê in die posisie van voorsitter, is nie ʼn wettige vereiste nie en ook nie weloorwoë nie. Dit is gewoon irrasioneel en uiters onverantwoordelik van Gigaba om Myeni om tegniese redes op die SAL-raad te hou,” het Lees gesê.

Gigaba het onlangs Myeni se kontrak as SAL-voorsitter verleng tot en met die lugredery se jaarlikse algemene vergadering wat vroeg in November plaasvind. Myeni se termyn moes einde Augustus verstryk het. Ondanks teenstrydige bewerings het Gigaba volgehou die verlenging van Myeni se kontrak is wettig.

Lees het gesê SAL moet voortdurend ʼn finansiële reddingsboei kry en staar binne ʼn paar dae ʼn R10 miljard befondsingskrisis in die gesig. Volgens Lees het Citibank glo geweier om die lugredery se R1,8 miljard lening vir langer as 30 September 2017 te verleng. Intussen hou die kredietgraderingsagentskappe fyn dop hoe Gigaba die SAL-krisis hanteer.

“Met Matjila wat nou ʼn interne oudit in die gesig staar omdat hy sy werk gedoen het, is dit moeilik om vertroue in die PIC te hê wanneer diegene met politieke bande probeer om hul hande op die R1,9 biljoen pensioengeld te kry wat Matjila bestuur met die doel om hulself te verryk. Dit is oneties om landsburgers se hardverdiende pensioenfondse te gebruik om die sinkende SAL weer eens te red,” het Lees gesê.

“Ondanks al hierdie dinge is Gigaba bereid om die ekonomiese toekoms van Suid-Afrika en die 9,3 miljoen werklose Suid-Afrikaners in gevaar te stel om aan die wense van pres. Jacob Zuma te voldoen deur sy goeie vriend, Dudu Myeni, op die SAL-raad te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alida

ALMAL behoort afgedank te word en nuwe mense moet aangestel word. Een skelm kan nie n ander skelm aanstel nie. Dit ruk handuit. Privatiseer die SAL of maak dit toe. Die DA moet die reg he om insae te he oor nuwe aanstellings. Dit kan nie so aangaan nie.

René Prinsloo

Ja so gaan ons land verder die afgrond in. Sy en haar span moet verantwoordelikheid aanvaar vir hulle onbevoegdheid. Sy en kie sal nooit kan leer as daar elke keer miljarde gegee word. So vinnig as wat die geld inkom verdwyn dit in sakke van hulle. Weier alle uitbetalings aan sinkende maatskappye en sny hulle salarisse wat in elk geval nie verdien word deur eerbare en hardwerkende werk nie. My opininie weet nie wat dink ander lesers nie.

Jacques Venter

Die ANC sit tussen twee vure. Al die staats beheerde maatskappye se skuld beloop miljarde rande. Om hierdie skuld te betaal is die PIC n lekker piggy bank.Die staatsdiens amptenare se pensioen moet nou gemelk word om die swak bestuurde en korrupte instansies te red. Word hierdie fondse stilweg geneem, kom die staats amptenaar dit eers agter as hy/ sy nie sy/ pensioen ontvang n Goeie voorbeeld is die spoorweg pensioen fonds Prokuteurs veg verbete maar te vergeefs. Waar lê die oplossing? By die unies as hulle nie omgekoop word nie. Daarom hoop en vertrou ek dat Solidariteit sterk sal… Lees meer »

Irene

Arem arem SA so vrot ons

Eps

Dit wat met Transnet se Tweede Vaste Fonds Pensioen gebeur het gaan nou ook met die Staatspensioenfonds gebeur.