DA kap na Myeni oor pensioengeld-bewerings

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad. Foto: ANA

Die DA het Sondag gesê Dudu Myeni, die omstrede raadsvoorsitter van SAL, is blykbaar betrokke by ʼn “beplande strooptog van pensioenarisse se geld” om SAL en ander staatsinstansies uit finansiële moeilikheid te red.

Die DA se Alf Lees het gesê die party het kennis geneem van mediaberigte dat Myeni die Openbare Beleggerskorporasie (PIC) vir R6 miljard gevra het om die beleërde SAL te red – ʼn lugredery wat volgens die DA deur Myeni in die grond in bedryf is.

Lees het gesê volgens mediaberigte het die PIC glo die versoek geweier, maar is dit net nog ʼn rede hoekom Myeni uit haar posisie verwyder moet word. Dan Matjila, uitvoerende hoof van PIC, moes glo antwoorde gee oor bewerings omtrent hom wat op geheimsinnige wyse aan die lig gekom het nadat hy Myeni se versoek geweier het.

Lees het gesê dit is kommerwekkend dat Matjila moontlik nie in staat was om sy werk sonder politieke inmenging te doen nie.

“Malusi Gigaba, minister van finansies, is heeltemal verkeerd. Die teenwoordigheid van me. Dudu Myeni op die raad van SAL, wat nog te sê in die posisie van voorsitter, is nie ʼn wettige vereiste nie en ook nie weloorwoë nie. Dit is gewoon irrasioneel en uiters onverantwoordelik van Gigaba om Myeni om tegniese redes op die SAL-raad te hou,” het Lees gesê.

Gigaba het onlangs Myeni se kontrak as SAL-voorsitter verleng tot en met die lugredery se jaarlikse algemene vergadering wat vroeg in November plaasvind. Myeni se termyn moes einde Augustus verstryk het. Ondanks teenstrydige bewerings het Gigaba volgehou die verlenging van Myeni se kontrak is wettig.

Lees het gesê SAL moet voortdurend ʼn finansiële reddingsboei kry en staar binne ʼn paar dae ʼn R10 miljard befondsingskrisis in die gesig. Volgens Lees het Citibank glo geweier om die lugredery se R1,8 miljard lening vir langer as 30 September 2017 te verleng. Intussen hou die kredietgraderingsagentskappe fyn dop hoe Gigaba die SAL-krisis hanteer.

“Met Matjila wat nou ʼn interne oudit in die gesig staar omdat hy sy werk gedoen het, is dit moeilik om vertroue in die PIC te hê wanneer diegene met politieke bande probeer om hul hande op die R1,9 biljoen pensioengeld te kry wat Matjila bestuur met die doel om hulself te verryk. Dit is oneties om landsburgers se hardverdiende pensioenfondse te gebruik om die sinkende SAL weer eens te red,” het Lees gesê.

“Ondanks al hierdie dinge is Gigaba bereid om die ekonomiese toekoms van Suid-Afrika en die 9,3 miljoen werklose Suid-Afrikaners in gevaar te stel om aan die wense van pres. Jacob Zuma te voldoen deur sy goeie vriend, Dudu Myeni, op die SAL-raad te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Alida ·

ALMAL behoort afgedank te word en nuwe mense moet aangestel word. Een skelm kan nie n ander skelm aanstel nie. Dit ruk handuit. Privatiseer die SAL of maak dit toe. Die DA moet die reg he om insae te he oor nuwe aanstellings. Dit kan nie so aangaan nie.

René Prinsloo ·

Ja so gaan ons land verder die afgrond in. Sy en haar span moet verantwoordelikheid aanvaar vir hulle onbevoegdheid. Sy en kie sal nooit kan leer as daar elke keer miljarde gegee word. So vinnig as wat die geld inkom verdwyn dit in sakke van hulle. Weier alle uitbetalings aan sinkende maatskappye en sny hulle salarisse wat in elk geval nie verdien word deur eerbare en hardwerkende werk nie. My opininie weet nie wat dink ander lesers nie.

Jacques Venter ·

Die ANC sit tussen twee vure. Al die staats beheerde maatskappye se skuld beloop miljarde rande.

Om hierdie skuld te betaal is die PIC n lekker piggy bank.Die staatsdiens amptenare se pensioen moet nou gemelk word om die swak bestuurde en korrupte instansies te red.

Word hierdie fondse stilweg geneem, kom die staats amptenaar dit eers agter as hy/ sy nie sy/ pensioen ontvang n Goeie voorbeeld is die spoorweg pensioen fonds
Prokuteurs veg verbete maar te vergeefs.

Waar lê die oplossing? By die unies as hulle nie omgekoop word nie.

Daarom hoop en vertrou ek dat Solidariteit sterk sal staan terwille van ons almal.

Eps ·

Dit wat met Transnet se Tweede Vaste Fonds Pensioen gebeur het gaan nou ook met die Staatspensioenfonds gebeur.

LMF ·

Vlg jaar is ek 30 jaar by staat 4 jaar weg van op pension gaan maar iets sê vir my ek moet my ry kry en nou vat wat ek kan kry om in n werksplek te sit en worry oor more maak my siek want ek sien en hoor wat om my aangaan

andrea van vuren ·

Hulle gaan ons arme pensioenarisse se hard verdiende pensioen geldjies vir 30 sikkels silwer uitverkoop. Judasse!!!!

Chevy ·

Dit is maar net hoe dit gaan , al die miljarde wat al uitgegee en spandeer is kom never nooit meer terug nie, weg is vir ewig weg en daarby kom nog dat ons eens mooi vertroude en trots SAL ook gaan verdwyn en so volg die een maatskapy die ander die afgrond in.
Suid Afrika het niks meer om trots op te wees nie, alles word of gesteel, verkoop of bankrot verklaar danksy hierdie skelm regering.

Marinda ·

As hulle so graag uit die gemors wil kom, hoekom gebruik hulle nie JZ se pensioen nie? Sê maar net.

Jacques Venter ·

Sover ek kon aflei het die vogende instansies kapsie gemaak teen die kaping van staats pensioen fondse

DA
EFF
VAVI SE VAKBOND
COSATU
Help asseblief as daar ander is

Sou graag wil weet wat die onderwysers en verpleegsters se vakbonde sê

andrea van vuren ·

Jacques jy’t net instansies genoem. Wat van al die huidige en afgetrede staatsamptenare? Het ons nie ‘n sê teen die spandabelrige Dudu se eise nie? Hier moet ‘n mini referendum gehou word!

Callie ·

Ai tog Suid Afrikaners. Hou op om tog so liggelowig te wees. Het julle nie gelees hoe cyril ramaphosa die ou wit paddatjies gaan kook nie. Die is deel daarvan. Witmense moet besluit of hulle gaan opstaan of soos almal hier in die wind kwaak. Kom ons maak n besluit en begin, of ons gee nie meer kommentaar

HPV ·

Een van die min dinge wat nog nie gestroop, gesteel, afgebrand of vernietig is nie. Hulle kan nie wag om die proses te begin nie!

Staatsamptenaar ·

Hierdie gerugte doen al lank die rondte. Dit is ‘n ernstige aangeleentheid waarby alle pensionarisse en staatsamptenare betrokke moet raak. Ons het die beskerming van die howe nodig, al moet ons ook elkeen ‘n bydrae lewer om die beste persone te verkry wat ons inkomstr kan beskerm. Ons hoor graag van Solidariteit.

HPV ·

Jy is reg, almal wat van die fonds afhanklik is sal NOU moet saamstaan en dadelik optree.

Cherokee ·

Moet asseblief nie ‘n kommentaar plaas en dan sê dat dit jou opinie is en jy weet nie wat dink ander lesers nie. Almal weet dat dit jou opinie is en dat jy nie weet wat dink ander lesers nie. Jy hoef dit nie te sê nie want dit is algemene kennis. Lesers is nie dom nie.

Johann ·

Ai tog Cherokee? Darm lig geraak en wyd uitgesproke oor ander se kommentare? Bloot net my waarneming. Kan nie namens iemamd anders praat nie. Hahahahhaha. RELAX! Deel eerder jou algemene kennis oor die kwessie, en nie die kommentator nie; soos ek nou doen nie.

willie ·

OUTA doen ook baie goeie werk , maar het julle finansiële ondersteuning nodig net soos Solidariteit, ens!

Swart Piet ·

Dis seker die sekerste manier vir die ANC om hul g… te sien tydens die volgende verkiesing. Die mense gaan hulle dit laat berou.

Christo ·

Staatsamptenare wat naby hul aftree datum staan is erg bekommerd. Daar is basies twee keuses: Ontrek jou fondse wat joune is nou en verloor jou voordele soos medies óf wag en sien wat gaan gebeur. Staatsamptenare van die ou Rhodesië kry sulke karige voordele van hulle pensioenfonds wat nou deur Zim regering administreer word, dat hulle in armoede leef. Ek sou graag wil weet of daar gekeer kan word dat lede aandring dat dit ‘n privaatfonds kan word. Anders sien ek ‘ n massa uitog van staatsamptenare om hule pensioene te kry voor die Zuma en Gupta bend hulle langvingers daarop lê. ( En voor daar rassistiese opmerkings gemaak word – daar is baie blanke lede vd fonds).

Johann ·

Die blatante arrigansie waarmee BILJOENE gevat en gepocket word!!!!!! Al wat die ANC ANARGIE beleid gaan kelder is as die massas gemobiliseer word wanneer hulle vir eens besef hulle geld word gesteel! Hartseer is: gaan gewoonlik gepaars met brand wn breek en verwoes. AC LEGACY: PLUNDER DIE STAATSKASTE

andrea van vuren ·

Daar moet iewers ‘n Einstein in ons geledere wees wat hierdie brandende lont kan stop? Asseblief, strategiese beplanning teen hierdie spul diewe is nou nodig. Nou en nie later nie. Ek wens ek was vermoënd dan het ek my pensioengeld aangebied aan die persoon wat die reddingswerk moet beplan…

Jacques Venter ·

Hallo Andrea van Vuuren

Ek is self n afgetrede staats amptenaar. Ek self kou ook maar my naels oor my pensioentjie

bgj van der westhuizen ·

dit s nou die staats se pensijoen vons en later gaan hulle oor na die res wand die meeste wat in die land voorsiening maak vir as jy af tree is die wit man en hulle wil hom verarm om die selde te wees as hulle die hele land moet in op stand kom dat die staat nooit hulle hande mag le op pensijoen geld nie

MM ·

Zimbabwe hier kom ons – met mense soos Gigaba en die Vrou van die SAL – wat verwag ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.