DA kap na politici ná Bethlehem-plaasmoord

Roy Jankielsohn. Foto: Facebook

Die DA in die Vrystaat het in reaksie op Vrydagaand se plaasmoord buite Bethlehem gesê politici moet ook van die verantwoordelikheid neem vir geweld teen vroue en kinders.

“Die DA wil graag sy medelye met die familie en vriende van Miemie Frost betuig,” het Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat gesê. Maroela Media het vroeër berig Frost se liggaam is Saterdagoggend ná ʼn ure lange soektog in ʼn begraafplaas aan die buitewyke van Bethlehem aangetref.

Jankielsohn het ʼn beroep op die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gedoen om seker te maak dat almal wat betrokke was gevang, vervolg en gestraf word.

“Hierdie wrede misdaad teen ʼn kwesbare vrou word gepleeg in ʼn tyd waarin baie fokus op misdade teen vroue en kinders in Suid-Afrika geplaas word.

“Politici soos Ace Magashule [sekretaris-generaal van die ANC] wat dié week gevra het hoekom wit mense nie ook saam met buitelanders geteiken word tydens xenofobiese aanvalle nie, moet ook van die verantwoordelikheid aanvaar vir sulke dade van geweld.”

Plaasaanvalle gaan dikwels gepaard met moord en dié soort geweld wat tydens plaasaanvalle gepleeg word, is meer oormatig as in die ander gevalle, het Jankielsohn gesê.

“Dit is hartseer dat politici soos Magashule en Julius Malema [EFF-leier] voortdurend opmerkings maak wat as uitlokking tot rassegeweld in Suid-Afrika beskou kan word,” het Jankielsohn gesê.

Opgeleide personeel en voertuie bly ʼn beperking vir die SAPD om effektiewe misdaadvoorkomingstrategieë soos sigbare polisiëring, deur middel van gereelde patrollies, in landelike gebiede te implementeer. Die statistieke dui daarop dat die SAPD nie die nodige steun ontvang om hierdie gewelddadige aanvalle op boere en hul werknemers op plase te voorkom nie.

“Die uitfasering van die kommando’s het landelike gemeenskappe kwesbaar gelaat, en die DA glo dit is om dié rede dat spesiale landelike veiligheidseenhede in die SAPD ingestel moet word om mense in landelike gebiede te beskerm, veral mense wat op plase en kleinhoewes woon. Sulke eenhede moet gespesialiseerde taktiese opleiding en wapens ontvang.”

Volgens Jankielsohn is die veiligheid van mense in die Vrystaat steeds ʼn bekommernis vir die DA en het die party om dié rede ʼn wetsontwerp in die provinsiale wetgewer ingedien om groter samewerking tussen die SAPD en gemeenskap te bewerkstellig. Dit sluit in meer plaaslike pogings om misdaad te voorkom soos buurtwagte, ʼn provinsiale polisie-ombudsman om klagtes te hanteer en groter oorsig oor die SAPD deur die verantwoordelike LUR en wetgewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

sannie ·

Julle die DA het voor die verkiesing NIKS gedoen vir boere nie?

Adam ·

Sannie, vertel my asb wie wat iets vir boere doen, ongeag of dit voor of na die verkiesing is.

Petrus ·

Sannie, die boere is op hul eie. Trouens, ons almal is op ons eie.

M ·

Wonder of julle nog dink Niklaas van Rensburg se voorspelling is n grap … en Adam … Afriforum, Steve Hofmeyer ens doen baie … wat doen jy ?

Izet ·

Die EFF en ANC is net so deel van xenophobic moorde in Suid Afrika en om hulle mense aan te hits om hul haat op witmense te draai in plaas van hul “fellow brothers” is rassisties en moet daarvolgens gestraf word. Malema en Ace moet wakker slaap, talk is cheap but money buys the whiskey. What goes around comes around en dit gaan nie n mooi gesig wees nie. I rest my case.

Dream on ·

Die wiel draai. What goes around….gaap. het jy al retribution gesien? Hou op dink ieysvof iemand anders gaan intree. Die eerste stap moet van JOU kom.

Willem Grobler ·

Die Staat faal op alle vlakke – veiligheid, ekonomies, opvoeding, gesondheid, plaaslike regering. Noem maar op, waar die Staat betrokke is val die wiele af. Die Afrikaner se enigste hoop op langtermyn oorlewing is sesessie. As dit nie tot uitvoer gebring word nie bly sit ons in klein geïsoleerde groepies versprei en word ons stuk vir stuk uitgemoor.

Frik ·

Ek vertrou jy stuur ook jou mening vir die VF+ en Solidariteit.

Jaco ·

Wit mense word nie geteiken saam met buitelanders want wit mense is Suid Afrikaners 1 en sal nie terug staan 2.

Ace sal sulke goed se om die aandag van sy korrupsie en Staats kapery af te lei

Trol ·

Ka ou magashule dink die meerderheidsgroep gaan hom nou oo n voetstuk plaas en aanbid want hy het hulle oë oopgemaak. Die ou nar. Waar is die pierneef en estina miljoene ace?

Johan ·

Jaco, ek dink ons staan meer as net terug. Ons word uitgemoor !

Jannie van Niekerk ·

Die regering sowel as sy voertuig, die ANC, sal NOOIT plaasmoorde veroordeel nie. In hulle harte vereenselwig hulle hulself daarmee. Dit sluit die “wonderlike ” Pres Ramaphosa in. Daarom sal politici soos die witmenshaters, Andile Mngxitama (BLF), Julius Malema (EFF) en Ace Magashule (ANC) nooit aangespreek of vervolg word oor hulle haatspraak teen wit plaasboere nie. Die DA baklei teen ‘n storm in ‘n teekoppie.

Werner ·

Net n ou nksseggende geluitjie maak dat die mense tog nou nie moet dink hulle het verniet gestem nie

Tersia ·

kry al die oud komando lede bymekaar. weerhou die blasting geld en betaal die komando lede daarmee en ontplooi hulle op die plase.

Kerneels ·

Indien die DA nie iets sê nie kla die VF+ ondersteuners, maar sodra die DA iets sê kla julle steeds.

HPV ·

Ongelukkig is praat al wat die DA doen en dit doen hulle goed vir die afgelope 25 jaar. Kom kyk hoe lyk Mangaung (Bloemfontein) wat in bankrotskap bestuur is met die DA teenwoordig, en ja hulle het gepraat en gepraat en gepraat… en praat steeds…

Jimmy ·

Die DA is nie die enigste opposisieparty nie. Ons word almal deur die ANC oordonder.

Sarel ·

En jy HPV het niks gedoen ten spyte daarvan dat jy “weet”

HPV ·

Sarel ek het die Mangaung twee keer tot voor die hof se deur gehad waar hulle geskik het met my. Die DA kon en kan dieselfde doen. Privaat instansies soos skole slaag ook met hofsake teen hulle. Kan die DA vir ons sê hoeveel keer het hulle die Mangaung Metro hof toe gevat? So Sarel ek doen en doen daagliks, wat doen of het jy al gedoen teen die oordonderende ANC.

Neels ·

HPV, die DA, VF+ en ander politieke partye is deel van die politieke sisteem, anders as die burgery. Hulle moet dus ‘n fyn balans handhaaf tussen openbare en private belange. Hulle lei ook nie altyd direk skade soos individue nie.

HPV ·

Neels, ons stem vir die DA en VF+ en verwag dat hulle sal optree, al is dit met regsoptrede in die geval van wanbestuur en verval van dienste waarvoor ons betaal. Dit is nie die burgery wat regsoptrede, as laaste uitweg, moet toepas nie maar die partye waarvoor ons gestem het. Nie net praat nie, maar DOEN!

Koos ·

Hoekom word Ace en malema nie aan gekla vir haatspraak en aanhitsing nie??? Dit lyk my almal is bang vir hulle! Selfde met die ou ( The Hawk) wat vidio’s post en sê i’ll coming for you and you en dis al wat gebeur, hy bly seker baie ver van hier af, want hy is al vir meer as n jaar lank oppad suid afrika toe.

Gert van Wierdapark ·

Die pres is “Missing in Action”! Dis tyd dat hy die Fliek oor Rip van Winkel onder oe kry!!!!6

Muffin ·

Al wat tot in n mate sal werk is om die doodsstraf in te bring. Kan die DA en Afriforum nie met dit help nie.

John ·

.. o toggie, wie sal die eerste die ‘loop’ moet toets… drie raaie. Onthou sekere mense is diep-diep seer… Hulle lyding moeg altoos gewraak word soos destyds nog voor Lot die pad gevat het…

Johanna Botha ·

Botswana byna geen moorde …hulle het die doodstraf ……SA het 57 moorde n dag…maar ons het kamtige menseregte

Pensioenaris ·

Ace grootste probleem sedert sy Vrystaat dae. Hoe raak ons ontslae van al die kwaadstokery teen boere?? Prez ook groot teleurstelling – wat het van al sy beloftes geword?

PJ ·

Mense moet net onthou as die doodstraf terug kom hoeveel wit mense gaan onskuldig gehang word dink maar aan die Coligny manne wat onskuldig is en nogtans tronkstraf moet uitdien

PK ·

Die president skitter in sy afwesigheid. Kyk hoe het hy die afgelope week tekere gegaan toe swart vroue vermoor is. Saam met hom was daar ook ander organisasies wat opgestaan het, maar dit blyk nou dat hulle net belangstel wanneer dit by swart vroue en kinders kom maar nie ‘n duit omgee wanneer ‘n bejaarde wit vrou op die mees walglikste mannier vermoor word nie.

Stella Berning ·

Lees hoeveel moorde per dag. Dis sonder die buitelander haat. Verskriklik.

Jerry ·

Hier is n idee waarvan die werkbaarheid daarvan getoets kan word deur opposisiepartye. Elke plaas waarop n boer vermoor is moet as heilige grond geag en verklaar word deur opposisiepartye plaaslik en internasionaal. Omrede die staat die vermoorde gefaal het mag die staat geen se he oor heilige grond nie. Slegs die vermoorde se nageslagte mag die grond besit en besluit wat met die grond moet gebeur!

Anoniem ·

Ek hou van hierdie voorstel. Die plaas is met die boer se bloed gekoop vir sy nageslag.

Gaitsigubib ·

Jy sien Jerry, selfs ek kan hou van wat jy se. Jy kan self sien in watter benarde posisie die Afrikaner hom bevind. Die probleem wat ek met jou voorstel het is dat dit net so min gaan gebeur as wat Steve die land gaan oorneem of Trump die ANC gàan bom. Mens moet bebaal waar jou hart le en van daar af realisties beplan en die regte besluite neem want dikwels het jy net een kans (soos met die ja stem). Jy is n moeilike peroon om uit te pluis. Weet jy werklik waar jou prioriteite le of besluit jy nog?

Kas ·

PK,Magashule verkondig dat blankes ook tydens aanvalle aangeval meet word.Wat Anders is dit as haatspraak.Ek her nog not gehoor dat ministers hulle skok uitspreek teen plaasmoorde nie.Daar word ou trannies verkrag en wreed vermeer.Hulle voel verse vir blankes.

Sarie Viljoen ·

Verduidelik asb vir my hoe bly ou mense veral ‘n vrou nog alleen op’ n plot/plaas? Dit is mos moeilikheid soek.

Carin ·

Mens moet versigtig wees om die slagoffer te blameer. Sy verdien eerder respek omdat sy verseg het om haar vryheid, haar lewenskwaliteit, beroep en haar eiendom op te gee. Sy het die prys betaal omdat sy in die misdaadparadys van Suid-Afrika bly waar almal wat hier bly dan seker moeilikheid soek omdat dit onmoontlik is om 100 persent van die tyd 100 persent weerbaar te wees.

Sarel ·

As die politiekery en hierdie aksies om sekere geweld uit te sonder nie eendag eenpaarig daaroor beslis nie skep julle ‘n sekere minagting aan die geweld as sulks. Moord is moord. Aanranding is aanranding. Verkragting is verkragting. Ouderdom, geslag, politieke orientasie of sogenaamde weerloosheid het niks met die misdryf te doen nie. Al die boosdoeners opdaag is jy kwesbaar. En wat hulle doen is ‘n misdryf.

Alana Koen ·

Sarie, baie dankie vir jou ongevraagte kommentaar. MY ma is dood waar en waarvoor sy geleef het, boer was in haar bloed. Ek daag jou uit om enige boer met boer in sy bloed van ‘n plaas af te kry. Ek se jou: as my ma dorp toe getrek het sy in elk geval net 2 dae geleef, so, passop om so ‘n hartelose kommentaar te gee oor iets waarvan jy niks weet nie.

Kerneels ·

Ons lewe almal in abnormale tye. Niks is meer soos in die verlede nie. Ouer stedelinge moet ook maar hul huise verruil vir iets kleiner, maar veiliger.

Sê-maar-net ·

Dis net so, Alana! Elke mens op hierdie aarde het die reg om solank as wat hulle kans sien, in hul huise te bly. My ouma is op 97 uit haar eie huis uit gedra om begrawe te word. Sy het nooit bedreig gevoel nie. Haar oudste dogter is op 87 uit haar eie huis uit begrawe. Dit was vóór die huidige regering aan bewind gekom het. Die enigste manier waarop ‘n minderheid die oormag sal word, is om op God te vertrou. Maar waar was die sog. Christene weer eens vanmôre? Beslis nie in die kerk waar God ‘n afspraak met hul gehad het nie. “As God vir ons is, wie kan teen ons wees?” Maar dan moet die hele volk terugdraai na ons christelike waardes. Mag jou liewe moeder in vrede by God rus.

sannie ·

Ek is bly dat haar dogter julle monde snoer. Wanneer boer in jou bloed is kan niemand dit wegneem. Julle moet asb meer sensitief optree xx

Pop ·

Ek dink dis veel veel meer as diè 57 mense n dag. Maar ons wittes is hopeloos te min om enigsins n verskil te kan maak. In ieder geval kan ons nie eers ons bure omarm nie, hoe gaan ons saam kan staan teen so oormag. Probeer om op die weskus te kom woon. Sowat van vreemdes te help en bystaan is nie hier ter sprake nie. Al genade is om pad te gee, voor jy n statistiek word.

anton ·

Wel ek kan verstaan as mense sê dat ”Boerdery” in hulle bloed is maar as jy moet kies tussen lewe en dood en jy kies dan die dood, wel dan gaan die simpatie begin opdroog!!!
Ons almal het n verstand gekry en moet dit ”soms” gebruik ook.

Adriaan ·

Die Land se President het mos met sy be eediging ‘n eed afgele om alle lands burgers te dien en te beskerm. Nou vra ek al die regsgeleerdes is daar dan geen manier waarop hy strafregterlik aangekla kan word vir die versuim om gestand te doen aan sy afgelegde eed nie. Hy is mos verantwoordelik dat alle ministers hulle pligte na behore moet uitvoer. Ek vra maar net.

Johan ·

Laat ons nou maar eerlik wees. Die antwoord is nie die doodstraf nie. Ook al word die misdaad situasie 100 persent beter, dan nog word ons regeer deur mense wat dit nie kan nie. Uiteindelik word ons tot 1 van 2 opsies gedwing. Of ons gee almal pad, of ons moet afskei/sessie en ‘n eie staat stig ! So lank ons uitstel, so lank gaan hulle Afrikaners vermoor – ene hier, dan weer ene daar. En so word ‘n volk langsaam maar seker uitgemoor !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.